Leesvordering:

Kollig Nuusbrief: 7 Julie 2022

Jul 7, 2022

Hiermee die nuutste AfriForum Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir Suid-Afrikaanse burgers in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken.

Hier is die gewildste artikels:

Daai “nuwe land”-gevoel

Daai “nuwe land”-gevoel Hoekom loop die winkeltrollie so skééf? Wat’s die storie met bokse sneesdoekies letterlik oral uitgestal in mense se huise, kantore, ens? Kan iemand my asseblief verduidelik waarom die vloekwoorde op TV nie uitebliep word nie? En wat bedoel jy julle gaan die splinternuwe selfoon wat ek nou aanlyn bestel net voor die voordeur los …?

Boeliegedrag: tree proaktief op!

Die woord “boelie” het die afgelope dekade ’n gonswoord geword wat nie net in die gange van Suid-Afrika se skole weergalm nie, maar ook in die lewens van volwassenes, soos by werksplekke en selfs by ouetehuise en aftree-oorde. Dit maak boeliegedrag nie net ’n kinderprobleem nie, maar ook ’n deurlopende menslike probleem. Dit is ook ’n wêreldwye probleem wat verdere sosiale implikasies veroorsaak wat na geweld en misdaad lei.

’n Paar algemene wanopvattings oor belasting en buitelandse inkomste

Suid-Afrikaanse belastingbetalers wat in ander lande werk, kan ’n krediet eis vir die belasting wat hulle in die oorsese regsgebied betaal het. Hulle verstaan egter soms nie heeltemal hoeveel hulle mag eis nie.

“Belastingbetalers kan slegs die belasting wat hulle in ’n ander land betaal het eis as ’n krediet op die belasbare inkomste en nie die volle bedrag wat hulle betaal het nie,” waarsku Carmen Westermeyer, wat onlangs ’n virtuele bespreking oor algemene belastingkwessies gefasiliteer het wat deur The Tax Faculty aangebied is.

Dankie tog vir Darren se pasteie!

Dankie tog vir Darren se pasteie! As ek geweet het dat ek vir bykans ’n dekade lank nie ’n vleispasteitjie sou kon eet nie, sou my laaste een verseker nie ’n garage-pie gewees het nie. (Jy weet, die tipe waarvoor jy Rennie vir nagereg moet suig om jou van die hewige hel van sooibrand te verlos.)

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Soos jy nooit die reuk van ’n stofpad ná die reën sal vergeet nie, so het elke Suid-Afrikaner ervaringe gehad wat ’n mens nie anders kan as om te mis nie. Sê wat jy wil, Suid-Afrika is uniek. Daar is nie veel plekke in die wêreld waar jy oor soveel mooi vlaktes kan...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest