Leesvordering:

Kom kuier saam met die kunstenaars

Mei 4, 2017

Wil jy graag die kunstenaars van Afrikaans is Lekker ontmoet? Hier is die goeie nuus: Jy kan die kans wen om ’n aand lank heerlik saam met hulle te kuier. Al wat jy moet doen, is om by Wêreldwyd aan te sluit.

Sowel Wêreldwyd as ShowMax gaan elke maand een finalis elk trek uit mense wat vanuit Australië en Nieu-Seeland aansluit – een van elkeen van dié lande, wat beteken dat daar vier finaliste per maand sal wees. Dié finaliste ontvang ’n $50-koopbewys om by hul naaste Suid-Afrikaanse winkel te gaan spandeer. Die Mei-, Junie-, Julie- en Augustusfinaliste staan dan die kans om die groot prys te wen as SA Events dan twee wenners uit hierdie 16 finaliste trek: een wenner uit Australië en een uit Nieu-Seeland. In Australië kuier ons saam met die sterre op Maandag, 18 September in Adelaide. Die Nieu-Seelandse wenner kuier op Donderdag, 21 September saam in Auckland.

Alle onkostes word betaal, wat vlugte en verblyf insluit (waar van toepassing).

Om te wen, sluit by ShowMax aan en teken op Wêreldwyd in deur ’n e-pos na wereldwyd@afriforum.co.za te stuur. Moenie vergeet om aan te dui waar jy woon nie.

Meer oor die outeur

Sue-Ann de Wet

Sue-Ann de Wet is die Hoof van Diaspora by AfriForum.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

Uit en tuis: ’n e-pos uit Nederland

Uit en tuis: ’n e-pos uit Nederland

Uit en tuis is ’n rubriek waarin ons gesels met mense wat in die buiteland woon, of wat daar gewoon en gewerk het, maar weer terug is in Suid-Afrika. Ons hoor graag van enigeen wat hul belewenisse met ons wil deel. Vandeesweek gesels ons met Natasha Viljoen wat al ses...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest