Leesvordering:

Kondensmelk -melkkos

Jul 2, 2021

deur Marinda Engelbrecht

Vinnige, maklike en lekker Kondensmelk – melkkos.
Bestanddele
1 blikkie kondensmelk
500 ml warmwater
1 liter volroommelk
250 ml koekmeel
125 ml sagte botter
knippie sout
Indien jy van baie soet hou kan jy 125 ml suiker inroer
Metode
  1. Verhit die kondensmelk, warmwater en volroommelk in ‘n pot op die stoof. Dit moet nie begin kook nie.
  2. Gooi die koekmeel en sout in ‘n bak en roer saam.
  3. Vryf die botter met die vingers in totdat dit die tekstuur van sand aanneem.
  4. Gooi die meelmengsel by die warm melk op die plaat en roer gedurig met ‘n ballonklitser of houtlepel.
  5. Indien dit na smaak nie soet genoeg is nie, gooi ‘n bietjie suiker by.
  6. Laat dit prut vir 15 minute terwyl dit deurentyd geroer word.

Meer oor die outeur

Marinda Engelbrecht

My naam is Marinda Engelbrecht en ek het groot geword op ‘n plaas net buite Durbanville. My liefde vir kook, wil ek graag deel. Dit is geen fênsie kookblog nie. Dis sommer net ‘n eenvoudige kookblog sodat my kinders en hulle vriende en hulle vriende se vriende kan leer kook. Sodat hulle my nie so baie hoef te bel om te hoor : hoe maak mens…

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

In ’n wêreld vol onbekendes is daar een bekende: Afrikaans is Groot. Dis ’n saamkomplek omjou taal, jou kultuur en jou menswees te vier. En die jaar is geen uitsondering wanneer diegrootste familie-reünie nóg vanaf 8 to 17 November 2024 in die SunBet Arena in...

AfriForum vier 18 jaar van selfdoen

AfriForum vier 18 jaar van selfdoen

AfriForum, ’n organisasie wat vandag meer as 315 000 lede in elke uithoek van die land verteenwoordig, vier vandag sy agtiende bestaansjaar. Dié burgerregteorganisasie is op 26 Maart 2006 vir die eerste keer aan die publiek bekendgestel in ’n berig oor sy...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest