Leesvordering:

Konstitusionele Hof behou uitspraak voor in AfriForum-saak oor Afrikaans by Unisa

Mei 20, 2021

Uitspraak is vandag deur die regters van die Konstitusionele Hof voorbehou in die saak van AfriForum teen die Universiteit van Suid-Afrika (Unisa) se eentalige Engelse taalbeleid. Die saak is virtueel aangehoor en het gevolg nadat die Hoogste Hof van Appèl op 30 Junie 2020 uitspraak gelewer het ten gunste van AfriForum se standpunt dat dié beleid onregmatig en ongrondwetlik is.

In antwoord op Unisa se argumente teen die Hoogste Hof van Appèl se uitspraak, het AfriForum se regspan dit duidelik gestel dat Unisa se bewerings oor ’n afname aan studente se behoefte vir Afrikaanse onderrig nie met onbetwisbare getalle bewys kon word nie en dat die universiteitsbestuur ook nie kon aandui hoe ander tale bevorder kan word of sedert die implementering van die beleid in 2017 bevorder is danksy die afskaffing van Afrikaanse onderrig nie. Verder is gewys op die onregmatige wyse waarop die aanvaarding van die beleid deurgestoomroller is, asook dat die handhawing van Afrikaanse onderrig nie ’n rassekwessie is nie, aangesien moedertaal- Afrikaanssprekendes aan alle rasse behoort.

Wat Unisa se argumente aanbetref, is die rassekaart maar weer  gespeel. AfriForum is veral dankbaar dat regter Majiedt in reaksie dit baie duidelik aan al die partye gemaak het dat Afrikaans ‘n inheemse taal is wat deur mense van alle rasse gepraat word.

Die Hoogste Hof van Appèl het gelas dat Unisa alle kursusse wat ten tye van die aanvaarding van die nuwe beleid nog in Afrikaans beskikbaar was, weer in Afrikaans moet beskikbaar stel. Unisa het aangedui dat dit onmoontlik is, maar AfriForum se argument was dat die meerderheid van die materiaal nie só vinnig verouder nie en dat Unisa nie kon bewys watter mate van hersiening en koste dan ter sprake sou kom nie.

Volgens Alana Bailey, AfriForum se hoof van Kultuursake, is die omstandighede van Unisa uniek. In die geval van die taalsaak van die Universiteit van die Vrystaat (UV) het die Konstitusionele Hof verklaar dat Afrikaanse klasse segregasie veroorsaak. By Unisa is daar nie van klasse sprake nie. In die saak oor die taalbeleid van die Universiteit van Pretoria (UP) het die universiteitsbestuur geargumenteer dat Afrikaanse studentegetalle te min is om akkommodering te regverdig, maar in Unisa se geval is tussen 20 000 en 30 000 van die studente moedertaal- Afrikaanssprekendes.

AfriForum vertrou dat die Konstitusionele Hof se uitspraak gunstig sal wees, sodat toegang tot tersiêre studie in Afrikaans uitgebrei sal word en ander tale ook mettertyd die geleentheid sal kry om as onderrigtale gebruik te word, eerder as wat moedertaal- Engelssprekendes verder bevoordeel word en die meer as 90% ander Suid-Afrikaners soos tweedeklasburgers behandel word deur hulle van toegang tot moedertaalonderrig te ontsê.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

In ’n wêreld vol onbekendes is daar een bekende: Afrikaans is Groot. Dis ’n saamkomplek omjou taal, jou kultuur en jou menswees te vier. En die jaar is geen uitsondering wanneer diegrootste familie-reünie nóg vanaf 8 to 17 November 2024 in die SunBet Arena in...

AfriForum vier 18 jaar van selfdoen

AfriForum vier 18 jaar van selfdoen

AfriForum, ’n organisasie wat vandag meer as 315 000 lede in elke uithoek van die land verteenwoordig, vier vandag sy agtiende bestaansjaar. Dié burgerregteorganisasie is op 26 Maart 2006 vir die eerste keer aan die publiek bekendgestel in ’n berig oor sy...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest