Leesvordering:

Promosie – Coronabewusmaking aanlyn kinderpakket vir kleuters en peuters

Mar 25, 2020

Hoe verduidelik jy aan jou kind hoe die coronavirus hulle wêreld soos wat hulle dit ken, asook die omgewing en res van die wêreld beïnvloed? Hoe kan jy jou kind gerusstel? Wat is hierdie “lockdown” en hoekom moet hul liefs by die huis bly? Hoe kan jy die coronavirus op sy of haar vlak vir jou kind verduidelik?

Kinders hoor daagliks van die coronavirus. Dit kan soms ’n uitdaging wees om oor hierdie onderwerp met jou kind te praat, veral met peuters en kleuters. Gegewe al die nuwe regulasies rondom die onderwerp, tesame met die finansiële druk wat dit vir meeste gesinne meebring, verg dit baie van ’n ouer om kalm te wees en sy/haar kind gerus te stel in paniekbevange tye. Kinders het hope vrae! Wanneer jou kleinding vra: “Mamma / Pappa, wat is die coronavirus?”, “Moet ek bang wees?”, “Wat kan ek doen om te keer dat ek siek raak?” of selfs die uitmergelende “Mamma / Pappa, wat kan ek doen?” het ons die perfekte oplossing.

Kindervermaak SA het hande gevat met van Suid-Afrika se gunstelingkinderproduksiespanne om die coronavirus aan jou kinders te verduidelik, in taal wat hulle verstaan! Belangrike inligting word oorgedra op ’n prettige manier!

Lollos, Buster & Bella asook die Klikkerlanders bespreek verskeie onderwerpe rondom die virus om jou kind ’n holistiese idee te gee oor wat corona behels en wat hulle kan doen.

Hierdie aanlyn pakket sluit drie episodes in (een deur elke produksiespan van ongeveer 25-minute elk). Gegewe regulasies asook beperkte tyd tot die spanne se beskikking, is dit belangrik om kennis te neem dat hierdie episodes NIE noodwendig in ’n ateljee opgeneem word en uitermatige redigering bevat nie. Alhoewel hierdie episodes ongelooflik waardevol is, is dit egter nie noodwendig dieselfde gehalte as DVD-opnames wat oor ’n tydperk van ’n paar weke geskiet word nie.

Die pakket sluit ook verder oulike bemoedigende boodskappies in van kinders se gunstelingkarakters in, asook wenke / speletjievoorstelle en/of aktiwiteite. Kinders kan ook uitsien na ’n spesiale boodskappie vanaf Clarice en haar Lieweheersbesie-“mascot”, Rooies.

BELANGRIK: Kaartjiekopers MOET toegang tot ’n aktiewe Facebook-profiel hê om hierdie produk te kan gebruik.

Kaartjiekopers sal binne 24 uur ’n e-pos ontvang met alle inligting rakende die logistieke aspek van hierdie pakket.
Die inhoud van hierdie pakket sal slegs vir ’n beperkte tydsgleuf aan beskikbaargestel word.

VERDELING:

Hooftonele / Episodes deur Lollos, Buster & Bella en Klikkerland
Aanvullend: Clarice & Rooies (Clarice & die Reënboogkids)

WANNEER / WAAR:

Hierdie program word aanlyn aangebied en is dus wêreldwyd beskikbaar! Die enigste vereiste is natuurlik toegang tot die internet en ’n aktiewe Facebook-profiel (en natuurlik ’n kaartjie vir die program). Onderskeie episodes, boodskappies, aktiwiteite en speletjievoorstelle sal oor ’n tydperk van ’n paar dae aan kaartjiekopers beskikbaargestel word. Die eerste episode word Woensdagoggend, 1 April om 08:00 beskikbaargestel.

KAARTJIES:

Die koste vir die volledige program is slegs R150. Jy benodig slegs een kaartjie van R150 vir jou hele gesin om die program te geniet.

Om jou kaartjie te koop, kliek op die volgende skakel, selekteer die hoeveelheid kaartjies wat jy benodig en die betalingsmetode waarvan jy gebruik wil maak, en jy is uitsorteer! GEEN REGISTRASIE, GEEN INTEKEN VOORAF! Dis so maklik soos 1, 2, 3!

https://www.quicket.co.za/events/75888-corona-kinderpakket/

Kindervermaak SA bied nou die volgende betaalopsies via Quicket:

  • Krediet- of debietkaart
  • Snapscan
  • Instant EFT (Secure Instant Deposit)

Indien jy sukkel met die direkte skakel, gaan bloot op www.quicket.co.za en tik dan by “Search events” die volgende “Corona Kinderpakket”.
Kaartjieverkope sluit Dinsdag, 31 Maart om 14:00

KINDERVERMAAK:

Om op hoogte te bly van TOP kindervermaak in jou omgewing, “like” ons nasionale Facebook-blad: www.facebook.com/kindervermaaksa

Volg ons op TWITTER en INSTAGRAM vir oulike plasings, wat waar gebeur en ander prettighede: @KindervermaakSA

Vir enige navrae, kontak ons gerus by admin@kindervermaak.co.za / 065 298 3864 / 082 410 7682.

Dit is vir ons ’n ongelooflike groot voorreg om hierdie program vir ons kinders te kan saamstel, en ons waardeer elke liewe persoon se ondersteuning!

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Soos jy nooit die reuk van ’n stofpad ná die reën sal vergeet nie, so het elke Suid-Afrikaner ervaringe gehad wat ’n mens nie anders kan as om te mis nie. Sê wat jy wil, Suid-Afrika is uniek. Daar is nie veel plekke in die wêreld waar jy oor soveel mooi vlaktes kan...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest