Kraal Kleinspan – nuwe kinderreeks vir jong lesers bekendgestel

27/08/2021
| Deur Ilze Nieuwoudt
Annie-Spratt.-Unsplash

Deur Ilze Nieuwoudt

Jong lesertjies kan maar naderskuif, want Kraal Uitgewers se nuwe reeks kinderboeke beloof om propvol leespret te wees. Kraal Kleinspan is pas bekendgestel en het die eerste drie boeke (sien kassies) in dié reeks is nou op die rak. In dié reeks bring Kraal Uitgewers Afrikaanse kinderstories deur Suid-Afrikaanse skrywers en illustreerders tot in die hande (én harte) van jong lesers.

Volgens Alana Bailey, uitvoerende hoof van Kraal Uitgewers en self ’n bekroonde kinderboekskrywer, is Kraal Kleinspan bedoel om ’n liefde vir lees by kinders aan te moedig – en dit boonop in Afrikaans! “Dit is baie belangrik dat kinders van jongs af ’n liefde vir lees ontwikkel, want dit is hulle sleutel tot die toekoms. Daarom hoop Kraal Uitgewers om met Kraal Kleinspan daardie liefde vir lees by kinders te kweek.”

Sy voeg by dat lees van storieboeke ook ’n ideale manier is waarop ouers gehalte tyd saam met hulle kinders kan spandeer. Boonop moedig voorlees aan kinders ook ’n gesonde ouer-kind-verhouding aan, meen Bailey.

Prinsessie en Boekeman

Prinsessie en Boekeman begin, soos alle goeie stories, eendag lank, lank gelede en neem klein lesers saam op Prinsessie se reis in haar wonderwêreld van boeke. Hoewel Prinsessie skynbaar alles het wat haar hart begeer, kruip sy dikwels weg tussen die bladsye van haar boeke waar die karakters haar enigste ware maats is. As die storms woed, bou sy ’n boekefort om haar teen die storms én die lewe te beskerm. Eers lees klein Prinsessie oor Wolraad Woltemade, Racheltjie de Beer en rare karakters uit feëverhale.

Later droom sy van prinse op perde uit ver, ver lande. Uiteindelik gaan sy self op reis en vind die een ding waarvan sy nooit kon droom nie – ’n boekeman!

Briewe van die tandemuis

Haasbekkies word genooi om saam met Kardoemsie, die tandemuis, op ’n verbeeldingsvlug gaan in Kraal Uitgewers se eerste kinderboek Briewe van die tandemuis (deur Michelle van der Merwe, met illustrasies deur Carina van Zyl). Met elke tandjie wat die sesjarige Anneke vir Kardoemsie los, ontvang sy ’n briefie oor al sy avonture. Sy vind uit van Kardoemsie se aanstelling as die amptelike tandemuis, leer ken die lagwekkende oomblikke wat Kardoemsie met sy vrou en 23 kinders deel en kry selfs raad oor hoe om haar tandjies pêrelblink te borsel. Ontmoet die skattige én slinkse karakters wat rondskarrel op Anneke-hulle se werf en wandel saam met Lisa die hond, Generaal Streepstert, Kaptein Pokkels en al die ander karakters in ’n wonderwêreld waar fantasie nog saam met Koning Kaspersie kan koning kraai. Die boekie bestaan uit tien prettige stories, elk met kleurvolle waterverfillustrasies.

Die virus in die woud

Daar het ’n siekte uitgebreek aan die vêrste punt van die woud. Die diere is benoud, skarrel rond en raak selfs bang, maar die wyse Dr. Uil het ’n plan! Kom vind uit hoe Pippi Posmeester, Nolsie Naaldekoker, Mou Meerkat en die ander woudbewoners saamwerk en saam gesond bly. Die virus in die woud (deur Wietske Boon, met illustrasies deur Jokie Boshoff) vertel die verhaal van COVID-19 soos ervaar deur die liefdevolle dierekarakters in die groenste woud. Wat is ’n virus? Wat beteken isolasie? En wat doen die diere om hulself teen die virus te beskerm? Dié en talle ander kwessies word in Die virus in die woud op ’n kindervriendelike manier aan jong lesers bekend gestel. Die boek bevat ook verskeie aktiwiteite.

Spesifikasies van Die virus in die woud

Uitgewer: Kraal Uitgewers
Publikasiedatum: November 2020
Prys: R140
Bladsye: 42 bladsye, met volkleurillustrasies
Formaat: 220 mm x 220 mm
Bindstyl: Sagteband
Genre: Kinderfiksie
ISBN: 978-1-990915-06-2
Uitgawe: 1

Bestellings: kraal@kraaluitgewers.co.za
Navrae: Janette Lombard (e-pos: janette@kraaluitgewers.co.za; landlyn: 012 880 1953; WhatsApp: 063 128 6998)
www.kraaluitgewers.co.za

Deel op

"*" indicates required fields

Hoe lank woon jy al in die buiteland?
Naam en van
  • United States+1
  • United Kingdom+44
  • Afghanistan (‫افغانستان‬‎)+93
  • Albania (Shqipëri)+355
  • Algeria (‫الجزائر‬‎)+213
  • American Samoa+1
  • Andorra+376
  • Angola+244
  • Anguilla+1
  • Antigua and Barbuda+1
  • Argentina+54
  • Armenia (Հայաստան)+374
  • Aruba+297
  • Australia+61
  • Austria (Österreich)+43
  • Azerbaijan (Azərbaycan)+994
  • Bahamas+1
  • Bahrain (‫البحرين‬‎)+973
  • Bangladesh (বাংলাদেশ)+880
  • Barbados+1
  • Belarus (Беларусь)+375
  • Belgium (België)+32
  • Belize+501
  • Benin (Bénin)+229
  • Bermuda+1
  • Bhutan (འབྲུག)+975
  • Bolivia+591
  • Bosnia and Herzegovina (Босна и Херцеговина)+387
  • Botswana+267
  • Brazil (Brasil)+55
  • British Indian Ocean Territory+246
  • British Virgin Islands+1
  • Brunei+673
  • Bulgaria (България)+359
  • Burkina Faso+226
  • Burundi (Uburundi)+257
  • Cambodia (កម្ពុជា)+855
  • Cameroon (Cameroun)+237
  • Canada+1
  • Cape Verde (Kabu Verdi)+238
  • Caribbean Netherlands+599
  • Cayman Islands+1
  • Central African Republic (République centrafricaine)+236
  • Chad (Tchad)+235
  • Chile+56
  • China (中国)+86
  • Christmas Island+61
  • Cocos (Keeling) Islands+61
  • Colombia+57
  • Comoros (‫جزر القمر‬‎)+269
  • Congo (DRC) (Jamhuri ya Kidemokrasia ya Kongo)+243
  • Congo (Republic) (Congo-Brazzaville)+242
  • Cook Islands+682
  • Costa Rica+506
  • Côte d’Ivoire+225
  • Croatia (Hrvatska)+385
  • Cuba+53
  • Curaçao+599
  • Cyprus (Κύπρος)+357
  • Czech Republic (Česká republika)+420
  • Denmark (Danmark)+45
  • Djibouti+253
  • Dominica+1
  • Dominican Republic (República Dominicana)+1
  • Ecuador+593
  • Egypt (‫مصر‬‎)+20
  • El Salvador+503
  • Equatorial Guinea (Guinea Ecuatorial)+240
  • Eritrea+291
  • Estonia (Eesti)+372
  • Ethiopia+251
  • Falkland Islands (Islas Malvinas)+500
  • Faroe Islands (Føroyar)+298
  • Fiji+679
  • Finland (Suomi)+358
  • France+33
  • French Guiana (Guyane française)+594
  • French Polynesia (Polynésie française)+689
  • Gabon+241
  • Gambia+220
  • Georgia (საქართველო)+995
  • Germany (Deutschland)+49
  • Ghana (Gaana)+233
  • Gibraltar+350
  • Greece (Ελλάδα)+30
  • Greenland (Kalaallit Nunaat)+299
  • Grenada+1
  • Guadeloupe+590
  • Guam+1
  • Guatemala+502
  • Guernsey+44
  • Guinea (Guinée)+224
  • Guinea-Bissau (Guiné Bissau)+245
  • Guyana+592
  • Haiti+509
  • Honduras+504
  • Hong Kong (香港)+852
  • Hungary (Magyarország)+36
  • Iceland (Ísland)+354
  • India (भारत)+91
  • Indonesia+62
  • Iran (‫ایران‬‎)+98
  • Iraq (‫العراق‬‎)+964
  • Ireland+353
  • Isle of Man+44
  • Israel (‫ישראל‬‎)+972
  • Italy (Italia)+39
  • Jamaica+1
  • Japan (日本)+81
  • Jersey+44
  • Jordan (‫الأردن‬‎)+962
  • Kazakhstan (Казахстан)+7
  • Kenya+254
  • Kiribati+686
  • Kosovo+383
  • Kuwait (‫الكويت‬‎)+965
  • Kyrgyzstan (Кыргызстан)+996
  • Laos (ລາວ)+856
  • Latvia (Latvija)+371
  • Lebanon (‫لبنان‬‎)+961
  • Lesotho+266
  • Liberia+231
  • Libya (‫ليبيا‬‎)+218
  • Liechtenstein+423
  • Lithuania (Lietuva)+370
  • Luxembourg+352
  • Macau (澳門)+853
  • Macedonia (FYROM) (Македонија)+389
  • Madagascar (Madagasikara)+261
  • Malawi+265
  • Malaysia+60
  • Maldives+960
  • Mali+223
  • Malta+356
  • Marshall Islands+692
  • Martinique+596
  • Mauritania (‫موريتانيا‬‎)+222
  • Mauritius (Moris)+230
  • Mayotte+262
  • Mexico (México)+52
  • Micronesia+691
  • Moldova (Republica Moldova)+373
  • Monaco+377
  • Mongolia (Монгол)+976
  • Montenegro (Crna Gora)+382
  • Montserrat+1
  • Morocco (‫المغرب‬‎)+212
  • Mozambique (Moçambique)+258
  • Myanmar (Burma) (မြန်မာ)+95
  • Namibia (Namibië)+264
  • Nauru+674
  • Nepal (नेपाल)+977
  • Netherlands (Nederland)+31
  • New Caledonia (Nouvelle-Calédonie)+687
  • New Zealand+64
  • Nicaragua+505
  • Niger (Nijar)+227
  • Nigeria+234
  • Niue+683
  • Norfolk Island+672
  • North Korea (조선 민주주의 인민 공화국)+850
  • Northern Mariana Islands+1
  • Norway (Norge)+47
  • Oman (‫عُمان‬‎)+968
  • Pakistan (‫پاکستان‬‎)+92
  • Palau+680
  • Palestine (‫فلسطين‬‎)+970
  • Panama (Panamá)+507
  • Papua New Guinea+675
  • Paraguay+595
  • Peru (Perú)+51
  • Philippines+63
  • Poland (Polska)+48
  • Portugal+351
  • Puerto Rico+1
  • Qatar (‫قطر‬‎)+974
  • Réunion (La Réunion)+262
  • Romania (România)+40
  • Russia (Россия)+7
  • Rwanda+250
  • Saint Barthélemy+590
  • Saint Helena+290
  • Saint Kitts and Nevis+1
  • Saint Lucia+1
  • Saint Martin (Saint-Martin (partie française))+590
  • Saint Pierre and Miquelon (Saint-Pierre-et-Miquelon)+508
  • Saint Vincent and the Grenadines+1
  • Samoa+685
  • San Marino+378
  • São Tomé and Príncipe (São Tomé e Príncipe)+239
  • Saudi Arabia (‫المملكة العربية السعودية‬‎)+966
  • Senegal (Sénégal)+221
  • Serbia (Србија)+381
  • Seychelles+248
  • Sierra Leone+232
  • Singapore+65
  • Sint Maarten+1
  • Slovakia (Slovensko)+421
  • Slovenia (Slovenija)+386
  • Solomon Islands+677
  • Somalia (Soomaaliya)+252
  • South Africa+27
  • South Korea (대한민국)+82
  • South Sudan (‫جنوب السودان‬‎)+211
  • Spain (España)+34
  • Sri Lanka (ශ්‍රී ලංකාව)+94
  • Sudan (‫السودان‬‎)+249
  • Suriname+597
  • Svalbard and Jan Mayen+47
  • Swaziland+268
  • Sweden (Sverige)+46
  • Switzerland (Schweiz)+41
  • Syria (‫سوريا‬‎)+963
  • Taiwan (台灣)+886
  • Tajikistan+992
  • Tanzania+255
  • Thailand (ไทย)+66
  • Timor-Leste+670
  • Togo+228
  • Tokelau+690
  • Tonga+676
  • Trinidad and Tobago+1
  • Tunisia (‫تونس‬‎)+216
  • Turkey (Türkiye)+90
  • Turkmenistan+993
  • Turks and Caicos Islands+1
  • Tuvalu+688
  • U.S. Virgin Islands+1
  • Uganda+256
  • Ukraine (Україна)+380
  • United Arab Emirates (‫الإمارات العربية المتحدة‬‎)+971
  • United Kingdom+44
  • United States+1
  • Uruguay+598
  • Uzbekistan (Oʻzbekiston)+998
  • Vanuatu+678
  • Vatican City (Città del Vaticano)+39
  • Venezuela+58
  • Vietnam (Việt Nam)+84
  • Wallis and Futuna (Wallis-et-Futuna)+681
  • Western Sahara (‫الصحراء الغربية‬‎)+212
  • Yemen (‫اليمن‬‎)+967
  • Zambia+260
  • Zimbabwe+263
  • Åland Islands+358
This field is hidden when viewing the form
This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Nuutste artikels