Leesvordering:

Kraal-skrywer en -redakteur vereer met toptoekennings

Apr 25, 2019

Die historikus dr. Jackie Grobler is vroeër vandeesmaand aangewys as die ontvanger van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns (SAAWK) se Protea Boekhuisprys vir 2019 vir sy boek oor die Eerste Vryheidsoorlog, ’n publikasie deur Kraal Uitgewers. Die Eerste Vryheidsoorlog, 1880-1881 spruit uit Grobler se D-graadstudie oor dié oorlog en is aan die einde van 2018 by Kraal gepubliseer. (Klik hier vir meer inligting oor dié boek.)

“Dit is ’n geweldige groot eer vir Kraal en ons is opreg dankbaar vir die erkenning,” het Alana Bailey, uitvoerende hoof van die uitgewer kort ná die aankondiging gesê.

Die Protea Boekhuisprys word jaarliks toegeken en roteer tussen ’n gepubliseerde werk, beste M-verhandeling en beste D-proefskrif in Afrikaans. Vanjaar word die prys toegeken vir die beste gepubliseerde werk in geskiedenis of kultuurgeskiedenis in Afrikaans in die afgelope drie jaar. Carel van der Merwe was in 2016 die ontvanger van dié prys vir ’n gepubliseerde werk vir sy boek Donker stroom: Eugène Marais en die Anglo-Boereoorlog (uitgegee deur Tafelberg).

Intussen is die redakteur van die Kraal Histories-reeks, prof. Fransjohan Pretorius, ook onlangs aangewys as vanjaar se ontvanger van die Jan H. Marais-toekenning. Dié gesogte toekenning, met prysgeld van ’n halfmiljoen rand, word jaarliks gemaak vir ’n uitstaande bydrae tot Afrikaans as wetenskapstaal. Die nuutste Kraal Histories-publikasie, Bondgenote en dwarstrekkers: Die Transvaalse en Vrystaatse regerings in die Anglo-Boereoorlog, 1899-1902, deur Leopold Scholtz, is vroeër vandeesmaand bekendgestel. Klik hier vir meer inligting oor dié boek

Lees ook Kraal Uitgewers: Waar “broodnodige” geskiedenis lééf!

 

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Soos jy nooit die reuk van ’n stofpad ná die reën sal vergeet nie, so het elke Suid-Afrikaner ervaringe gehad wat ’n mens nie anders kan as om te mis nie. Sê wat jy wil, Suid-Afrika is uniek. Daar is nie veel plekke in die wêreld waar jy oor soveel mooi vlaktes kan...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest