Leesvordering:

Kraal Uitgewers: Iets vir elkeen se Kerskous

Des 3, 2019

BogWoordKies (R400)

As trane-loop-lag, gesinstyd én ’n kosbare wegbreek van selfoon- en televisieskerms dit is waarna jy smag, is BogWoordKies nét die regte medisyne. Dié prettige woordbordspel kan volgens die skeppers daarvan beskou word as ’n kombinasie van die bekende bordspeletjies Balderdash, Trivial Pursuit en Pictionary, maar met ’n oorsprong wat uit die 17de eeu strek. In dié speletjie gebruik spelers hul beste bluftegnieke, mimiekkuns, sketsvaardighede, algemene kennis én natuurlik ’n goeie dosis gelukskote om die nagenoeg 1 000 vreemde woorde wat in die speletjie gebruik word baas te raak. BogWoordKies is nou beskikbaar by Kraal Uitgewers teen slegs R400.

 

Idio (R350)

Skud jou vere reg, ruk ’n haas uit die hoed en slyp jou tande vir die stryd. Watter stryd? Die prettige, jolige bordspel Idio natuurlik! Hierdie bordspel is geskik vir die hele gesin, vriende en selfs skoolgroepe. Dit gee kleur (en pret) aan Afrikaans se mooiste en vreemdste idiome. Pak jou vernuftige tekentalent, algemene (idoom-)kennis én stomstreektegnieke in vir dié bordspel, want jy gaan dit nodig kry. Die bordspel is van ’n hoë gehalte en beskikbaar deur Kraal Uitgewers teen slegs R350.

Die volgende stop (R320)

Die volgende stop is ’n gewilde bordspeletjie vir die hele gesin. Reis Suid-Afrika van hoek tot kant plat met hierdie unieke speletjie waarin jou beste stomstreektegnieke, algemene kennis en blitsverduidelikings van eiesoortige en eg Suid-Afrikaanse plekke, idees en selfs spreekwoorde handig te pas sal kom. Nou kan die pret en plesier selfs langer hou! Reeks 3-speelkaarte van Die volgende stop-bordspeletjie is nou beskikbaar teen slegs R140. Dié speelkaarte bevat 300 nuwe vrae en aktiwiteite. Die bordspel, met sy eie stel speelkaarte, kos slegs R320. Skop jou somervakansie op ’n hoë noot af met Die volgende stop!

Boereplaas (R350)

Om te boer was nog nooit só lekker nie! Boereplaas beloof ure se vermaak – so tussen die aankope van beeste, Oom Sakkie die plaasvoorman se duur manewales, ’n stukkende trekker en insekte wat die vrugteboord verorber, sal Boereplaas sorg vir regte, egte Boerepret. Dié bordspeletjie is beskikbaar by Kraal Uitgewers teen slegs R350 en met die twee uitbreidingstelle (met ekstra speelkaarte en speelgeld teen slegs R130 elk) sal die boerderypret hierdie vakansie selfs nóg langer kan hou. Beperkte voorraad van die spesiale Landbouweekblad 100 jaar-uitgawe van Boereplaas is ook nou beskikbaar. Moenie dié kleurvolle boere misloop nie.

 

2020-kalender (R50 elk of R200 vir 5)

Boekliefhebbers is dit eens: Byna enige stukkie papier, strokie en kaartjie is al ingespan om as plekhouer in ’n geliefde boek te dien. ’n Boekmerkkalender met die wyse, ware en treffende woorde van enkele van Afrikaans se grootste skrywers is daarom die ideale geskenk vir boekwurms. Dié kalender met 12 afsonderlike kaartjies is die veeldoelige antwoord – eers dien dit as ’n nuttige kalender en sodra die maand verby is, kan die geperforeerde boekmerk in ’n japtrap afgeskeur en gebruik word. Kleurvolle ontwerpe laat die woorde van beminde skrywers soos M.E.R., Eugène Marais en N.P. van Wyk Louw herleef én voortleef in dié boekmerkkalender van Kraal Uitgewers. Maak seker dat jy 2020 aanpak met hierdie kalender. Besoek www.kraaluitgewers.co.za om ’n bestelling te plaas.

Die pad na selfbestuur (R300)

Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, se nuwe boek, Die pad na selfbestuur: Anderkant die mislukking van staatsbestuur, is op 9 Oktober in Pretoria bekendgestel. Dié boek ondersoek op ’n brutaal eerlike wyse die redes vir die Afrikaner se bestaanskrisis en bied voorstelle vir oplossings om steeds vry, veilig en voorspoedig in hierdie land te kan bly woon. Buys verskaf ook ’n padkaart na die enigste beskikbare én werkbare oplossing – groter selfbestuur – met planne om uitvoering daaraan te gee. Die pad na selfbestuur is beskikbaar by Kraal Uitgewers teen slegs R300.

 

 Die Afrikaner-DVD-stel en Die laaste Afrikanerleiers (R400, aanbod slegs geldig vir aanlyn aankope)

’n Dokumentêre reeks oor die Afrikaner se komplekse, roemryke en soms bittere geskiedenis sedert die 1650’s tot vandag, soos aangebied deur die vooraanstaande historikus Hermann Giliomee, is nou beskikbaar op die DVD-stel Die Afrikaners. Die volle verhaal van die Afrikaner word in 17 boeiende episodes aangebied met topkenners oor elke era, soos Dan Sleigh, Jan C. Visagie en Lindie Koorts. Ontdek die Afrikaner se verlede vir ’n beter begrip van die hede en hoop vir die toekoms. Koop dié reeks (met vyf DVD’s) saam met Giliomee se boek Die Laaste Afrikanerleiers vandag nog aanlyn by Kraal Uitgewers teen slegs R400.

 Die Gelofte-CD (R120)

Gedenk hierdie jaar die Gelofte van 1838 met ’n toonsetting van dié historiese eed. Die titelsnit “Die Gelofte” word gesing deur vyf van die land se topsangers en is die eerste toonsetting van dié aard. Dié album sluit musiek in van Adam Tas, Appel, Bok van Blerk, Chris Chameleon, Karlien van Jaarsveld, Ghapi, Lianie May, Jan Rhaap, Neil Somers, Corlea, Dewald Wasserfall en meer. Die album is deur Inhoud Huis Musiek met ondersteuning van AfriForum vervaardig. Die album is nou beskikbaar by Kraal Uitgewers teen slegs R120.

Boekliggies (R50)

Die LIG in jou (boeke)lewe: Laat die LIG vir jou aangaan en laat jou hart LIG bokspring, want beurtkrag, donker motorritte en duisternis op die kampterrein sal jou nie weer kan onderkry nie. Maak seker jy pak jou Eurolux-boekliggie in waar die lewe jou ook al mag neem. Verseker hiermee dat jy nie weer op die beste deel van jou volgende naelbyt-aksiebelaaide-moet-aanhou-lees-boek onkant betrap en in die diepste donkerte gelaat word nie. Dié boekliggie is LIG. Dit gee sowat 10 000 ure se LIG. En is boonop lig op die sak. Dit kos slegs R50 by Kraal Uitgewers.

 Mannetjies Roux- en Jan Pierewiet-koffiebekerstelle (R110 per stel)

Dit is ’n feit soos ’n koei, Mannetjies Roux en Jan Pierewiet is al net so deel van ons kultuur soos koffie en beskuit. Juis daarom het hulle ’n ereplek op Kraal se koffiebekerstelle – ideaal vir elke oom, tannie, man én vrou. Kraal Uitgewers se koffiebekerstelle pronk met woorde uit die bekende tradisionele liedjie “Jan Pierewiet” en die meer hedendaagse treffer “Stuur groete aan Mannetjies Roux”. Hiermee kry die woorde “My oom drink koffie en my tannie tee” lêplek waar dit hoort – op jou oom en tannie se koffiebekers. Boonop sal elke Jan Pierewiet en sy maat weer ’n huppel in sy stap (en dalk ’n soen op die wang) kry, as hy met dié nuwe bekers die eerste koppie Boeretroos van die dag aandra. Op die Jan Pierewiet-bekers verskyn die toepaslike reëls “Goeiemôre my vrou hier’s ’n soentjie vir jou” en “Goeiemôre my man, daar is koffie in die kan”. Dus, as jy die pierewaaier in jou wil laat uitkom, vergeet van pronk met ’n anderman se vere, laat die Jan Pierewiet- en Mannetjies Roux-bekers sommer die pronkwerk namens jou doen. Kry joune teen slegs R110 per stel.

Al dié (en vele meer) boeke en produkte is aanlyn beskikbaar by Kraal Uitgewers. Besoek die e-winkel by www.kraaluitgewers.co.za.

 

 

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

In ’n wêreld vol onbekendes is daar een bekende: Afrikaans is Groot. Dis ’n saamkomplek omjou taal, jou kultuur en jou menswees te vier. En die jaar is geen uitsondering wanneer diegrootste familie-reünie nóg vanaf 8 to 17 November 2024 in die SunBet Arena in...

AfriForum vier 18 jaar van selfdoen

AfriForum vier 18 jaar van selfdoen

AfriForum, ’n organisasie wat vandag meer as 315 000 lede in elke uithoek van die land verteenwoordig, vier vandag sy agtiende bestaansjaar. Dié burgerregteorganisasie is op 26 Maart 2006 vir die eerste keer aan die publiek bekendgestel in ’n berig oor sy...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest