Leesvordering:

Kry die beste uit die Krugerwildtuin

Feb 20, 2019

Met byna 20 000 vierkante meter (wat groter as Wallis of Israel is) se wild, historiese skatte en argeologiese wonders bly die Krugerwildtuin steeds een van Afrika se skatte. Die suidelike deel van die wildtuin het meer diere, spesifiek rondom Skukuza in die suidoostekant. Die noorde van die wildtuin spog weer met die meeste olifante, met Punda Maria en Pafuri wat die bekendste plekke vir wildbesigtiging is.

Die eerste Europeër wat dié gebied verken het, was die Nederlander François de Cuiper wat in 1725 ’n ekspedisie uit die Kaapkolonie gelei het. Later het Voortrekker-ekspedisies onder leiding van Louis Tregardt en Hans van Rensburg die Laeveld verder verken. Die park is in 1926 geopen en in 1927 is die eerste besoekers teen ’n fooi van £1 toegelaat. Op pad na die Skukuza-kamp by die Kruger-hek kan jy ook natuurlik Paul Kruger se reuse borsbeeld sien. Die diereryk sluit in 5 000 nylkrokodille, 2 800 leeus, 2 000 luiperds, 120 jagluiperds, 12 000 olifante, 27 000 buffels, meer as 17 000 sebras en oor die 5 000 kameelperde! Wildgetalle is veral in die 1960’s met die Water vir Wildlewe-projek vermeerder met die byvoeging van 300 suipkrippe en windpompe, maar meeste van dié watergate is later gesluit omdat roofdiere die watergate meer as die rooibokke en sebras benut het.

Een van die gunstelingpaaie na die Krugerwildtuin is die S56 Mphongolopad (noord van Shingwedzi), waar jy veral olifante kan sien. As jy daarop uit is om luiperds te sien, is die Shipandani-uitkykplek net suid van die Mopani-kamp dalk ’n opsie. As heeldag wildkyk nie vir jou is nie, is daar talle piekniekplekke wat jou keer op keer sal wil laat teruggaan. Afsaal op die H3 tussen Skukuza en die Malelane-hek is ’n goeie opsie. Met meer as ’n miljoen toeriste wat die wildtuin jaarliks besoek, is daar natuurlik ’n oormaat verblyfopsies. Hier is ’n kort opsomming van 14 van die ruskampe in die Krugerwildtuin:

  • Balule: Die mees tradisionele kamp, met 15 kampeerstaanplekke en ses rondawels op die oewer van die Olifantsrivier. Hierdie kamp het nie restaurante, winkels of elektrisiteit nie.
  • Berg-en-Dal: Een van die mees moderne kampe in die park, ideaal vir staproetes. Jou grootste kans om ’n witrenoster te sien, is hier.
  • Krokodilbrug: Geleë op die oewer van die Krokodilrivier. Daar is ’n vulstasie en ’n kampwinkel.
  • Letaba: Sentraal geleë en vernaam vir die Olifantsaal, wat beslis die moeite werd is om te besoek.
  • Malelane: ’n Kleiner kamp as die ander en in die verre-suide van die wildtuin geleë.
  • Mopani: ’n Moderne kamp wat in 1989 gebou is, wat dit die nuutste kamp van almal maak.
  • Olifants: Hierdie kamp is op ’n hoë krans gebou wat oor die Olifantsrivier uitkyk. Dié kamp spog met 107 rondawels, twee groter gastehuise en ’n piekniekarea. Geen kampering word hier toegelaat nie.
  • Onder-Sabie: Lekker safaritente op die oewer van die Sabierivier met genoegsame wild.
  • Orpen: ’n Kleiner kamp wat ook die Maroela- en Tamboti-kampe beheer. Hier kan jy gemeubileerde tente, woonwaens of tentverblyf huur.
  • Pretoriuskop: Dié kamp is omring deur koppies en die gebied is klam en groen. Ideale plek om swartwitpense en renosters te sien.
  • Punda Maria: Die mees noordelike ruskamp.
  • Satara: Die enigste kamp wat nie naby ’n rivier of dam opgerig is nie, maar as gevolg van die veldvlaktes is daar ’n wye verskeidenheid wildsoorte in die omgewing.
  • Shingwedzi: Geleë naby Punda Maria en vernaam vir die grootste olifante in die park.
  • Skukuza: Die hoofkamp van die Krugerwildtuin met plek vir meer as 1 000 besoekers. Dit is ook die kamp met die meeste fasiliteite, van ’n biblioteek tot ’n motorwerkswinkel.

As jy beplan om die Krugerwildtuin binnekort te besoek, onthou dat die fasiliteite by die meeste ruskampe baie goed is en daar genoeg restaurante en kitsbanke is. Neem ook voorsorg teen malaria – veral tussen Oktober en April – en as jy daarop uit is om wild te sien, maak seker jy staan vroeg op; dis beslis die moeite werd!

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest