Leesvordering:

KRY KORREKTE IRP5-KODE VIR WERK BUITE SUID-AFRIKA

Jun 2, 2016

Suid-Afrikaanse werkgewers het tot 31 Mei 2016 tyd gehad om die 2016 IRP5’s uit te reik. Maak seker jou werkgewer het die regte kode gebruik as jy in die buiteland werk. Indien jou werkgewer die gewone salariskode 3601 gebruik het, sal jy nie ʼn Artikel 10(1)(o)(ii)-vrystelling van die SA Inkomstediens kry nie.

Artikel 10(1)(o)(ii) van die Inkomstebelastingwet stel enige vergoeding wat iemand ontvang of toegeval het vir werk wat buite Suid-Afrika vir of namens enige werkgewer gedoen is vry van inkomstebelasting met dien verstande dat die dienste gelewer is terwyl die persoon buite Suid-Afrika was vir:

  • ʼn tydperk of tydperke van altesaam meer as 183 volle dae gedurende enige tydperk van twaalf maande; en
  • ʼn aaneenlopende tydperk van meer as 60 volle dae gedurende daardie tydperk van twaalf maande.

Om vir belastingvrystelling in aanmerking te kom, moet die belastingbetaler:

  • die aantal dae soos hier bo uiteengesit buite Suid-Afrika deurbring;
  • die werk doen/dienste lewer in die buiteland; en
  • nie ʼn onafhanklike kontrakteur wees of vir hom-/haarself werk nie.

Die belastingbetaler moet die volgende ondersteunende dokumente verskaf:

  • indiensnemingskontrak;
  • ʼn uiteensetting van die berekening van die aantal dae wat in die buiteland gewerk is in tabelvorm; en
  • die paspoort wat die belastingbetaler se afwesigheid uit die land bewys indien hy/sy geoudit word of as ondersteunende dokumente vereis word.

Vergoeding vir werk in die buiteland moet onder die regte IRP5-kode op die belastingbetaler se sertifikaat gereflekteer word. Die IRP5-kode vir hierdie niebelasbare inkomste is 3651. As die IRP5-kode verkeerd is, sal die belastingbetaler sukkel om hierdie vrystelling te eis. Die kode vir die rede vir vrystelling van belasting in die geval van buitelandse inkomste is 4105. Werkgewers moet onderskei tussen inkomste wat in die buiteland verdien is en inkomste wat in die Republiek verdien is deur gebruik te maak van kode 3651 vir kwalifiserende inkomste uit ʼn buitelandse bron en kode 3601 vir vergoeding wat nie kwalifiseer vir vrystelling nie. Die vrystelling is nie van toepassing op alle vergoeding nie, maar slegs op inkomste wat jy ontvang het of wat jou toegeval het terwyl jy buite die Republiek gewerk het.

Kontak die belastingkonsultant Fanus Jonck (tax@jonck.net) met al jou belastingnavrae.

Meer oor die outeur

Sue-Ann de Wet

Sue-Ann de Wet is die Hoof van Diaspora by AfriForum.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Soos jy nooit die reuk van ’n stofpad ná die reën sal vergeet nie, so het elke Suid-Afrikaner ervaringe gehad wat ’n mens nie anders kan as om te mis nie. Sê wat jy wil, Suid-Afrika is uniek. Daar is nie veel plekke in die wêreld waar jy oor soveel mooi vlaktes kan...

Onderneming in die Kollig: Ipixel web & graphic solutions

Onderneming in die Kollig: Ipixel web & graphic solutions

Hierdie week se kollig is op Ipixel web & graphic solutions in Nieu-Seeland. Ipixel web & graphic solutions is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom om...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest