Kuberafknouery – Wat ouers moet weet

22/04/2024
| Deur AfriForum Wêreldwyd
Where-Does-Cyberbullying-Happen-980x654-1

Deur Leandie Bräsler

Tegnologie ontwikkel op ’n daaglikse basis. Dieselfde kan gesê word van kinders se vermoë om te boelie: Boeliegedrag wat eens net op die skoolterrein of op die skoolbus plaasgevind het, het nou beweeg na boeliegedrag deur die gebruik van tegnologie en sosiale media, genaamd kuberafknouery. Kinders se behoefte om met hulle maats te kommunikeer is nog steeds dieselfde, maar die maniere hoe hulle kies om met mekaar te kommunikeer het geweldig verander. Kinders vra reeds van ’n jong ouderdom af vir elektroniese toestelle, soos selfone, tablette of speletjies. Dit bly immers nie net daar nie, want hulle wil ook toegang hê tot sekere sosialemediaplatforms, om aanlyn speletjies te speel en om persoonlike inligting te deel.

Wanneer boeliegedrag aanlyn plaasvind kan dit vir jou kind voel asof hy/sy van alle kante af aangeval word. Dit kan langtermyngevolge in die volgende drie areas veroorsaak:

  1. Geestelik (ontsteld, verleë, bang, kwaad)
  2. Emosioneel (skaam, verloor belangstelling in dinge waarvan jy hou)
  3. Fisies (moegheid, ervaar simptome soos maagpyn en hoofpyn)

Definisie van kuberafknouery

Kuberboelie is waar tegnologie gebruik word om iemand herhaaldelik of doelbewus seer te maak, te teister, te verneder, in die verleentheid te stel, of om iemand te intimideer.

Gevolge van kuberafknouery

  • Kinders sukkel met konsentrasie wat dan weer ’n invloed op akademiese prestasie kan hê, soos daling van punte.
  • Kuberafknouery wat ernstig is en oor ’n lang tydperk plaasvind kan lei tot angstigheid of depressie.
  • In sommige gevalle vind selfdood of pogings tot selfdood plaas.

Tekens dat kinders kuberafknouery beleef:

  • Hulle is ontsteld of emosioneel nadat hulle van die toestelle of die internet gebruik gemaak het.
  • Hulle bring meer tyd as gewoonlik in hulle kamers deur.
  • Hulle is geheimsinnig of beskermend oor hulle elektroniese toestelle soos bv. selfone.
  • Hulle onttrek van vriende, familie of sosiale aktiwiteite.
  • Hulle vermy skool- of groepsbyeenkomste.
  • Daar is ’n verandering in gedrag, buie, eetgewoontes of slaappatrone.
  • Hulle is senuweeagtig wanneer hulle ’n boodskap ontvang.

Hoe kan ouers help?

Wanneer jou kind ’n slagoffer van kuberafnouery is, kan jy die volgende doen:

  • Bied ondersteuning: Gesels met jou kind deur dalk van jou eie boeliestories met hulle te deel. Op so ’n manier kan jy ook jou kind meer oor empatie leer. Hulle moet weet dat hulle nooit alleen is nie.
  • Luister: Luister na wat jou kind te sê het sonder om enige oordeel te vel. Dit is belangrik dat hy/sy gemaklik voel met jou optrede en dat hy/sy ’n sekere gevoel van mag en beheer het oor die situasie.
  • Hou rekord: Neem skermskote van dreigende of onvanpaste boodskappe of foto’s. Dit kan as bewysstukke gebruik word wanneer daar met die skool, die boelie se ouers, of selfs die polisie gekonsulteer word. Maak seker dat jy die bewysstukke iewers stoor vir wanneer jy dit nodig gaan kry.
  • Stel die skool in kennis: Gesels met jou kind se onderwyser, die skool se sielkundige/ berader, of die hoof oor die probleem. Vra die skool se boeliebeleid aan, want op so ’n manier kan ouers en onderwysers saam werk om oplossings te bied vir kuberafknouery. Voordat jy met die skool kontak maak, laat weet jou kind ook dat jy dit gaan doen en werk saam met jou kind aan ’n plan oor hoe julle die situasie gaan hanteer – dit sal hulle bemagtig.
  • Laat jou kind weet dat dit nie sy/haar skuld is nie: Boeliegedrag sê meer oor die boelie as oor die slagoffer. Stel jou kind gerus en maak seker dat hy/sy weet dat jy altyd daar is dat julle saam hierdie situasie sal hanteer. Bedank ook jou kind vir sy/haar eerlikheid en openlikheid oor die feit dat hulle geboelie word. Vertroue tussen ’n ouer en ’n kind is baie belangrik en dit begin by ouers om daardie openlikheid en eerlikheid te kweek.
  • Moedig jou kind aan om nie op die boeliegedrag te reageer nie: Wanneer ’n kind op boeliegedrag reageer, gee hy eintlik vir die boelie wat hy wil hê. Dit is beter om die boelie te ignoreer, want die boelie sal vinnig agterkom dat hy geen reaksie uit sy optrede kry nie.
  • Kry hulp: Wanneer jou kind emosioneel of angstig is en kuberafknouery ervaar, kan jy hulle aanmoedig om met iemand soos ’n berader of ’n sielkundige te gesels.

Ander prosesse wat jy as ouer kan volg om proaktief op te tree as dit kom by kuberafknouery:

  • Moedig jou kind aan om die boelie te blok.
  • Monitor jou kind se sosiale media verbruik. (Jy is die ouer wat die elektroniese toestel of selfoon vir jou kind gekoop het, daarom het jy die reg om enige tyd daardie toestel te vat sodat jy kan sien wat daar aangaan en om die wagwoord te weet.)
  • Wees vertroud met die webtuistes, speletjies en toepassings wat jou kind gebruik.
  • Wees deel van jou kind se aanlyn wêreld, soos byvoorbeeld om hulle op Instagram of op TikTok te volg of te bevriend.

Vir meer inligting oor AfriForum se teenboelieveldtog en om die teenboeliegids gratis af te laai, besoek gerus www.teenboelie.co.za.

Deel op

Watter taal praat jy by die huis?
Naam en van
  • United States+1
  • United Kingdom+44
  • Afghanistan (‫افغانستان‬‎)+93
  • Albania (Shqipëri)+355
  • Algeria (‫الجزائر‬‎)+213
  • American Samoa+1
  • Andorra+376
  • Angola+244
  • Anguilla+1
  • Antigua and Barbuda+1
  • Argentina+54
  • Armenia (Հայաստան)+374
  • Aruba+297
  • Australia+61
  • Austria (Österreich)+43
  • Azerbaijan (Azərbaycan)+994
  • Bahamas+1
  • Bahrain (‫البحرين‬‎)+973
  • Bangladesh (বাংলাদেশ)+880
  • Barbados+1
  • Belarus (Беларусь)+375
  • Belgium (België)+32
  • Belize+501
  • Benin (Bénin)+229
  • Bermuda+1
  • Bhutan (འབྲུག)+975
  • Bolivia+591
  • Bosnia and Herzegovina (Босна и Херцеговина)+387
  • Botswana+267
  • Brazil (Brasil)+55
  • British Indian Ocean Territory+246
  • British Virgin Islands+1
  • Brunei+673
  • Bulgaria (България)+359
  • Burkina Faso+226
  • Burundi (Uburundi)+257
  • Cambodia (កម្ពុជា)+855
  • Cameroon (Cameroun)+237
  • Canada+1
  • Cape Verde (Kabu Verdi)+238
  • Caribbean Netherlands+599
  • Cayman Islands+1
  • Central African Republic (République centrafricaine)+236
  • Chad (Tchad)+235
  • Chile+56
  • China (中国)+86
  • Christmas Island+61
  • Cocos (Keeling) Islands+61
  • Colombia+57
  • Comoros (‫جزر القمر‬‎)+269
  • Congo (DRC) (Jamhuri ya Kidemokrasia ya Kongo)+243
  • Congo (Republic) (Congo-Brazzaville)+242
  • Cook Islands+682
  • Costa Rica+506
  • Côte d’Ivoire+225
  • Croatia (Hrvatska)+385
  • Cuba+53
  • Curaçao+599
  • Cyprus (Κύπρος)+357
  • Czech Republic (Česká republika)+420
  • Denmark (Danmark)+45
  • Djibouti+253
  • Dominica+1
  • Dominican Republic (República Dominicana)+1
  • Ecuador+593
  • Egypt (‫مصر‬‎)+20
  • El Salvador+503
  • Equatorial Guinea (Guinea Ecuatorial)+240
  • Eritrea+291
  • Estonia (Eesti)+372
  • Ethiopia+251
  • Falkland Islands (Islas Malvinas)+500
  • Faroe Islands (Føroyar)+298
  • Fiji+679
  • Finland (Suomi)+358
  • France+33
  • French Guiana (Guyane française)+594
  • French Polynesia (Polynésie française)+689
  • Gabon+241
  • Gambia+220
  • Georgia (საქართველო)+995
  • Germany (Deutschland)+49
  • Ghana (Gaana)+233
  • Gibraltar+350
  • Greece (Ελλάδα)+30
  • Greenland (Kalaallit Nunaat)+299
  • Grenada+1
  • Guadeloupe+590
  • Guam+1
  • Guatemala+502
  • Guernsey+44
  • Guinea (Guinée)+224
  • Guinea-Bissau (Guiné Bissau)+245
  • Guyana+592
  • Haiti+509
  • Honduras+504
  • Hong Kong (香港)+852
  • Hungary (Magyarország)+36
  • Iceland (Ísland)+354
  • India (भारत)+91
  • Indonesia+62
  • Iran (‫ایران‬‎)+98
  • Iraq (‫العراق‬‎)+964
  • Ireland+353
  • Isle of Man+44
  • Israel (‫ישראל‬‎)+972
  • Italy (Italia)+39
  • Jamaica+1
  • Japan (日本)+81
  • Jersey+44
  • Jordan (‫الأردن‬‎)+962
  • Kazakhstan (Казахстан)+7
  • Kenya+254
  • Kiribati+686
  • Kosovo+383
  • Kuwait (‫الكويت‬‎)+965
  • Kyrgyzstan (Кыргызстан)+996
  • Laos (ລາວ)+856
  • Latvia (Latvija)+371
  • Lebanon (‫لبنان‬‎)+961
  • Lesotho+266
  • Liberia+231
  • Libya (‫ليبيا‬‎)+218
  • Liechtenstein+423
  • Lithuania (Lietuva)+370
  • Luxembourg+352
  • Macau (澳門)+853
  • Macedonia (FYROM) (Македонија)+389
  • Madagascar (Madagasikara)+261
  • Malawi+265
  • Malaysia+60
  • Maldives+960
  • Mali+223
  • Malta+356
  • Marshall Islands+692
  • Martinique+596
  • Mauritania (‫موريتانيا‬‎)+222
  • Mauritius (Moris)+230
  • Mayotte+262
  • Mexico (México)+52
  • Micronesia+691
  • Moldova (Republica Moldova)+373
  • Monaco+377
  • Mongolia (Монгол)+976
  • Montenegro (Crna Gora)+382
  • Montserrat+1
  • Morocco (‫المغرب‬‎)+212
  • Mozambique (Moçambique)+258
  • Myanmar (Burma) (မြန်မာ)+95
  • Namibia (Namibië)+264
  • Nauru+674
  • Nepal (नेपाल)+977
  • Netherlands (Nederland)+31
  • New Caledonia (Nouvelle-Calédonie)+687
  • New Zealand+64
  • Nicaragua+505
  • Niger (Nijar)+227
  • Nigeria+234
  • Niue+683
  • Norfolk Island+672
  • North Korea (조선 민주주의 인민 공화국)+850
  • Northern Mariana Islands+1
  • Norway (Norge)+47
  • Oman (‫عُمان‬‎)+968
  • Pakistan (‫پاکستان‬‎)+92
  • Palau+680
  • Palestine (‫فلسطين‬‎)+970
  • Panama (Panamá)+507
  • Papua New Guinea+675
  • Paraguay+595
  • Peru (Perú)+51
  • Philippines+63
  • Poland (Polska)+48
  • Portugal+351
  • Puerto Rico+1
  • Qatar (‫قطر‬‎)+974
  • Réunion (La Réunion)+262
  • Romania (România)+40
  • Russia (Россия)+7
  • Rwanda+250
  • Saint Barthélemy+590
  • Saint Helena+290
  • Saint Kitts and Nevis+1
  • Saint Lucia+1
  • Saint Martin (Saint-Martin (partie française))+590
  • Saint Pierre and Miquelon (Saint-Pierre-et-Miquelon)+508
  • Saint Vincent and the Grenadines+1
  • Samoa+685
  • San Marino+378
  • São Tomé and Príncipe (São Tomé e Príncipe)+239
  • Saudi Arabia (‫المملكة العربية السعودية‬‎)+966
  • Senegal (Sénégal)+221
  • Serbia (Србија)+381
  • Seychelles+248
  • Sierra Leone+232
  • Singapore+65
  • Sint Maarten+1
  • Slovakia (Slovensko)+421
  • Slovenia (Slovenija)+386
  • Solomon Islands+677
  • Somalia (Soomaaliya)+252
  • South Africa+27
  • South Korea (대한민국)+82
  • South Sudan (‫جنوب السودان‬‎)+211
  • Spain (España)+34
  • Sri Lanka (ශ්‍රී ලංකාව)+94
  • Sudan (‫السودان‬‎)+249
  • Suriname+597
  • Svalbard and Jan Mayen+47
  • Swaziland+268
  • Sweden (Sverige)+46
  • Switzerland (Schweiz)+41
  • Syria (‫سوريا‬‎)+963
  • Taiwan (台灣)+886
  • Tajikistan+992
  • Tanzania+255
  • Thailand (ไทย)+66
  • Timor-Leste+670
  • Togo+228
  • Tokelau+690
  • Tonga+676
  • Trinidad and Tobago+1
  • Tunisia (‫تونس‬‎)+216
  • Turkey (Türkiye)+90
  • Turkmenistan+993
  • Turks and Caicos Islands+1
  • Tuvalu+688
  • U.S. Virgin Islands+1
  • Uganda+256
  • Ukraine (Україна)+380
  • United Arab Emirates (‫الإمارات العربية المتحدة‬‎)+971
  • United Kingdom+44
  • United States+1
  • Uruguay+598
  • Uzbekistan (Oʻzbekiston)+998
  • Vanuatu+678
  • Vatican City (Città del Vaticano)+39
  • Venezuela+58
  • Vietnam (Việt Nam)+84
  • Wallis and Futuna (Wallis-et-Futuna)+681
  • Western Sahara (‫الصحراء الغربية‬‎)+212
  • Yemen (‫اليمن‬‎)+967
  • Zambia+260
  • Zimbabwe+263
  • Åland Islands+358
This field is hidden when viewing the form
This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Nuutste artikels