Leesvordering:

My kuiertjie in Australië – Sanderien van der Walt

Okt 28, 2016

In September 2015 het ek en ‘n vriendin van Suid-Afrika in Wes-Australië gaan kuier by ʼn skoolvriendin van ons wat daar woon.

Haar tuisdorp daar is Mandurah, wat ongeveer ‘n uur en half se ry van Perth is.

Ons het met die kus langs bietjie suid getoer en ʼn paar dorpies gesien en besoek.

Baie van die kleiner dorpies is maar oud en ook vervalle soos wat ‘n mens hier gereeld in Suid-Afrika sien, maar selfs al is die geriewe oud, is dit oral baie skoon.

Ons het in Perth begin, wat dan nou Wes-Australië se hoofstad is. Hulle noem dit ook mos Perfontein 😉 – ons het gereeld Afrikaans gehoor.

Perth se middestad is baie mooi en skoon en oral is publieke vervoer naby as jy dit sou nodig kry. Daar is om elke hoek en draai ‘n pragtige parkie. As ek daar moes woon, sou ek elke dag in een gaan rondloop het.

Een van die parke is Kings Park, ‘n bekende en enorme botaniese tuin met uitkykpunte oor Perth en baie mooi staproetes. Ons het een aand baie laat ook daar gaan stap; dit is wonderlik veilig! Dit vat nogal ʼn rukkie om gewoond te raak daaraan om nie jou handsak of selfoon vas te klou nie.

‘n Ander een is Queens Gardens wat grens aan die krieketstadion. Queens Gardens is heelwat kleiner as Kings Park, maar met baie stories. Een van die replikas van die Peter Pan-standbeeld staan daar. Die ander is te sien in Liverpool se Sefton Park, Kensington Gardens, die tuine van die Egmontpaleis in Brussel, in Toronto se Glenn Gould Park en die Rutgers University se Johnson Park in Camden, New Jersey.

Ná Perth het ons van Mandurah af gery-stop-ry deur dorpies soos Bunbury, Busselton, Margaret River, Walpole en ons eindpunt was Albany. Ons het gery tot waar dit donker word en dan by die naaste dorpie blyplek gaan soek.

Die Busselton Jetty strek 1,7 km die see in en is beroemd as die langste houtkaai ter wêreld. Daar is ook ‘n treintjie wat die entjie tot by die punt ry, maar ons het hom maar gestap. Daar is heelwat om te doen in Busselton; dit laat my nogal dink aan Hartenbos in Suid-Afrika, hoewel die plantegroei daar ʼn bietjie anders lyk.

In Margaret River het ons by Providore gestop om wyn, verskillende patees en eksotiese smere en olyfolies te proe. Daar is ook ʼn groot sjokoladefabriek, The Margaret River Chocolate Company, waar jy soveel mag proe as wat jy wil… stout! Ook ʼn nougatwinkel, Bettenay’s, wat geleë is op die mooiste plaas! Margaret River was beslis ‘n hoogtepunt en ʼn moet-sien wanneer ʼn mens in Wes-Australië kuier.

Naby Walpole is ‘n klein dorpie met die naam Denmark. Daar het ons die Tree Top Walk in die Valley of the Giants gestap en na die 400 jaar oue bome gekyk. Pragtig om so af te kyk en op te kyk na die bome.

Albany was ons laaste stop en daar het ons net lekker ontspan en by ʼn plekkie geëet wat op die see uitkyk. Van daar het ons reguit terug Mandurah toe gery en toe weer al die pad terug Suid-Afrika toe gevlieg.

 

Meer oor die outeur

Sue-Ann de Wet

Sue-Ann de Wet is die Hoof van Diaspora by AfriForum.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

Uit en tuis: ’n e-pos uit Nederland

Uit en tuis: ’n e-pos uit Nederland

Uit en tuis is ’n rubriek waarin ons gesels met mense wat in die buiteland woon, of wat daar gewoon en gewerk het, maar weer terug is in Suid-Afrika. Ons hoor graag van enigeen wat hul belewenisse met ons wil deel. Vandeesweek gesels ons met Natasha Viljoen wat al ses...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest