Leesvordering:

Kunstefees in die kleine met Jannie du Toit en vriende

Aug 27, 2021

Jannie du Toit vier sy halfeeu van musiekmaak saam met verskeie kunstenaarsvriende. Op Sondag 5 September 2021 vind die hoogtepunt van die vieringe in die AfriForum Teater in Pretoria plaas. Drie van Jannie se produksies word op een dag voor ‘n gehoor aangebied en vir uitsending deur kykNET NOU opgeneem.

Die vertonings word ook regstreeks gestroom. Kaartjies kos R150 per persoon per vertoning (R120 vir pensioenarisse).

Gratis wynproegeleenthede op die dag word deur Ken Forrester Wyne aangebied en Jannie vat ook hande met Loslitdag / Casual Day ten bate van persone met gestremdhede.

11:00 Die maan deur ‘n gaatjie in die nag met sy gunstelingliedjies van die legendariese Marie Tredoux van Jacobsbaai aan die Weskus. Jannie word begelei deur Chanie Jonker (klavier en akkordeon) en Annelie du Plessis-Hoberg (fluit en perkussie). 

15:00 beSTEMmingsDit is die vlagskip-produksie vir die halfeeuviering en Jannie het vir hierdie aanbieding sy musiekvriende genooi as gaskunstenaars, onder andere Coenie de Villiers, Anna Davel, Lochner de Kock, Laurinda Hofmeyr, Gisela de Villiers.
Susan Mouton (tjello), Chanie Jonker (klavier) en Theuns Botha (tromme).

19:00   Soli Deo Gloria (Aan God alleen die eer ): ‘n Program van geestelike musiek met Renette Bouwer en die a capella-groep Breathe (Gabi, Sizwe en Sandile) as gaskunstenaars.

Dapper Media en Forum Films – wat ook die drie verhoogproduksies verfilm – help ons om alles wat op die dag gebeur regstreeks te stroom. Dit beteken dat musiekentoesiaste teen ‘n klein bedrag die hele dag volledig deel van die feestelikheid sal kan wees. Om seker te maak dat almal landswyd – en ook wêreldwyd – dit sal kan meemaak, sal die stroming vir ‘n week lank beskikbaar wees.

Gesprekke met Jannie se kunstenaarsvriende en ander gebeurlikhede sal by die stroming ingesluit word, en om aanlyn kykers tussen die produksies verder besig te hou, sal Jannie se produksies Oesjaar en Kiekies – Lucas se Liedjies ook aanlyn te sien wees in die tye tussen die direkte vertonings.

Besprekings vir aanlyn of fisieke bywoning by www.afriforumteater.co.za.

Ter viering van Jannie du Toit se 50 jaar in die musiekbedryf gee Wêreldwyd stroomkaartjies vir “Kunstefees in die kleine” weg. Vul dié vorm in en staan ’n kans om ’n stroomkaartjie te wen.

Kom vier Jannie du Toit se 50 jaar in die musiekbedryf saam met ons.  

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kersfeesvieringe in Dubai

Kersfeesvieringe in Dubai

Deur Lorey Harfield Omdat ek sedert ’98 in Dubai woon, is die belewenis van Kersfees hier ’n mengelmoes van kulture teen die agtergrond van sonnige dae. Alhoewel ons in ’n stad met sterk Islamitiese wortels is, raak Dubai tydens Kersfees werklik op ’n unieke manier...

Unieke maniere hoe Kersfees in verskillende lande gevier word

Unieke maniere hoe Kersfees in verskillende lande gevier word

Deur Alize Scholtz Die woorddeel “kers” in Kersfees kom van die Griekse woord vir Christus, naamlik “Kristos”. Deur klankomruiling het “Kris-” in “Kers-” verander. Die woord Kersfees beteken dus eintlik Christusfees. Dit is ook waarom samestellings met “Kers-”...

Kersfees in Nederland

Kersfees in Nederland

Deur Jorietha Rabie In Nederland vier ons Sinterklaas op 5 Desember en dan Kersfees op 25 Desember. Dit is nie dieselfde viering nie en Sinterklaas vervang nie Kersvader nie.Ons gesin het besluit om die geleentheid te gebruik om die groot geskenke wat ons normaalweg...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest