Leesvordering:

kykNET is nou in die buiteland beskikbaar

Feb 18, 2016

ShowMax bied jou kykNET Internasionaal, nou beskikbaar op jou slim TV,  skootrekenaar, Android of Apple slimfoonen tablet.

Of jy nou oorsee gaan kuier, werk of bly, jy hoef nooit jou taal en kultuur agter te laat nie. Ja-nee, as jy, jou vriende of familie in Engeland, Nieu-Seeland, VSA, Kanada of Australië is, kan jul ʼn heerlike porsie tuisgebakte Afrikaanse vermaak geniet, net daar. ShowMax het hulle voetspoor uitgebrei en bied nou kykNET se inhoud aan Afrikaanssprekendes dwarsoor die wêreld. Vir slegs $8.99 USD per maand geniet intekenaars toegang tot ou gunstelinge soos Molly en Wors en huidige populêre reekse soos Binnelanders en Nataniël.

Boonop is die inhoud binne 24 uur na die Suid-Afrikaanse kykNET uitsending beskikbaar. So hulle kliek net, en kykNET.

Hoe werk ShowMax?

1. Teken in vir kykNET Internasionaal by www.showmax.com. Betaal $8.99 USD pm deur PayPal
2. Kies en keur tussen meer as 10 000 episodes van reekse en films
3. Begin kyk

VIND MEER UIT

Meer oor die outeur

Sue-Ann de Wet

Sue-Ann de Wet is die Hoof van Diaspora by AfriForum.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Soos jy nooit die reuk van ’n stofpad ná die reën sal vergeet nie, so het elke Suid-Afrikaner ervaringe gehad wat ’n mens nie anders kan as om te mis nie. Sê wat jy wil, Suid-Afrika is uniek. Daar is nie veel plekke in die wêreld waar jy oor soveel mooi vlaktes kan...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest