Leesvordering:

LAPA: Bellissimo! Jaco Jacobs nou ook in Italiaans beskikbaar

Mei 18, 2018

LAPA Uitgewers is trots om aan te kondig dat vertaalregte vir Jaco Jacobs se bekroonde jeugroman ’n Goeie dag vir boomklim pas deur nog ’n groot internasionale uitgewery opgeraap is.

Die Italiaanse uitgewery Rizzoli het suksesvol teen ’n mededingende uitgewershuis gebie om die Italiaanse vertaalregte vir Jaco se boek te bekom.

Rizzoli is een van die grootste uitgewerye in Italië en wêreldbekende skrywers soos John Green (The Fault in Our Stars), Cressida Cowell (How to Train Your Dragon) en Michael Morpurgo (War Horse) se boeke word deur hulle in Italiaans uitgegee.

“Ek is steeds ietwat verstom,” sê Jaco, “en natuurlik baie dankbaar. Dit is ’n ongelooflike voorreg om te sien hoe Marnus en Leila, die twee hoofkarakters in my storie, die kans kry om nou regoor die wêreld te gaan boomklim!”

’n Goeie dag vir boomklim is die verhaal van Marnus, ’n gefrustreerde middelkind, wat hom een Desembervakansie laat ompraat om saam met ’n meisie in ’n boom te klim om te probeer keer dat die plaaslike owerheid dit afsaag.

’n Londense uitgewery, Oneworld Publications, het ’n Goeie dag vir boomklim verlede maand wêreldwyd in Engels gepubliseer. Die boek is tans ook in Suid-Afrika te koop as A Good Day for Climbing Trees.

In Oktober verskyn nog een van Jaco se boeke, Oor ’n motorfiets, ’n zombiefliek en lang getalle wat deur elf gedeel kan word, oorsee as A Good Night for Shooting Zombies.

’n Goeie dag vir boomklim was in 2016 die wenner van die kykNET/Rapport-prys se filmkategorie. Filmregte vir die boek is sedertdien aan M-Net toegeken.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Soos jy nooit die reuk van ’n stofpad ná die reën sal vergeet nie, so het elke Suid-Afrikaner ervaringe gehad wat ’n mens nie anders kan as om te mis nie. Sê wat jy wil, Suid-Afrika is uniek. Daar is nie veel plekke in die wêreld waar jy oor soveel mooi vlaktes kan...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest