Leesgenot vir die jongspan: Herfs-uitverkoping

  • PROMOSIE ARTIKEL

By LAPA vind jy kwaliteit, waarde vir geld en ‘n verskeidenheid boeke vir elke smaak en ouderdom. Kry die perfekte boeke vir die kleinspan hier. Geniet 40% afslag op jou gunstelingkinderboeke tydens hul Herfs-uitverkoping!

My groot lofkleuterbybel 2 (e-boek):

Nog meer bekende Bybelverhale en stories vir kinders! Lees, luister en geniet die Bybelverhale, -liedjies en illustrasies saam met jou kleuter. ’n QR kode word in die boek ingesluit wat lesers gratis toegang bied tot die skrywer se liedjieopnames. Kleuters kan na die liedjies luister terwyl hulle na die illustrasies kyk en die stories lees.

Terwyl elke Bybelverhaal met groot sorg getrou aan die Skrif oorvertel word, is die taalvlak en -vermoë en die ontwikkeling van ’n gesonde Godbegrip by die kleuter in ag geneem by die skep van hierdie publikasie. Deurgaans word Bybelse waardes deur die teks en illustrasies beklemtoon. Gebruik die illustrasies om gesprekke met jou kleuter te stimuleer. Na die Bybelverhaal is daar ’n gebed wat jy saam met jou kleuter kan bid. Kyk ook uit vir die dierevriende wat die Bybelverhaal-reis saam met die kleuter af lê. Die diere help die kleuter om te onthou wat die hoofboodskap of -waarde van die verhaal is.

Reenboogrant Maats: Omnibus 2 (e-boek)

Een van die gewildste Afrikaanse reekse is nou in ’n omnibus beskikbaar! Kom deel in die lekkerste tye van Shani en haar sussie Sunette se lewe – die Reënboogrant-jare! In die Reënboogrant Maats-boeke is Shani-hulle op laerskool, en hulle beleef allerlei opwindende avonture – van ’n geheimsinnige hanswors wat sy verskyning tydens ’n skooluitstappie maak, tot ’n wetenskap-ekspo wat lelik skeefloop.

 Hierdie omnibus bevat die volgende drie titels uit dié gewilde reeks:

  • ’n Nag van angs
  • Die hanswors
  • Teddie se geheim

Oorlewingsgids vir ʼn prinses

In hierdie boek sal jy die bekendste prinsesse ontmoet en deur hul verhale en die advies van ’n betroubare towertante te lees, sal jy leer hoe om uit die pad van bose hekse te bly, hoe om getroue vriende en sjarmante prinse te ontmoet.

Klik hier vir meer lekkerlees boeke deur LAPA.

Teken in op ons nuusbrief

Wees die eerste om die jongste nuus en meer te ontvang!

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest