Leesvordering:

LAPA: Stories vir alle ouderdomme

Aug 20, 2020

Nellie en Sion
Hierdie storie gaan oor ’n klein seuntjie, Sion, en sy kreatiewe en inspirerende oppasser, Nellie. Nellie deel idees, plaaslike geskiedenis, tradisie en kultuur met Sion. Sy bring ’n bietjie van haar wêreld, woorde en hart in syne in. Sion, op sy beurt, doen wat alle klein seuntjies doen: hy word vrolik deel van die avontuur.

Nellie en Sion is nou beskikbaar by jou naaste boekwinkel.

Nelly and Sam
This story is about a little boy Sam and his wonderful, creative and inspiring nanny Nelly. Nelly shares ideas, local history, tradition and culture with Sam. She brings a bit of her world, words and heart into his. Sam in turn, does what all little boys do – he happily joins in the adventure.

Nelly and Sam is available at your nearest bookstore.

Dolfie Weerwolfie-reeks:
Dolfie Weerwolfie (1) & Dolfie Weerwolfie (2): Volmaan

Hierdie hoogsgewilde Nederlandse reeks oor ’n jong seuntjie wat op sy sewende verjaarsdag ’n weerwolf word, is vir die eerste keer in Afrikaans vertaal! Kinders sal mal wees oor Dolfie en sy vriende se humoristiese avonture. ’n Opwindende reeks wat hope pret waarborg!

Dolfie Weerwolfie
Toe Dolfie wakkerword is dit nog pikdonker. Die maan skyn deur die venster. Dis ’n spesiale nag.
Sewe, dink Dolfie. Uiteindelik is ek sewe jaar oud!
Dan skrik hy. Skielik het hy hare regoor sy lyf! Sy hande en voete is nou pote. En hy het sowaar ’n stert! Hy is … ’n weerwolf!
Toe sy vriend Timmie opdaag, kla Dolfie “Ek wil nie ’n weerwolf wees nie!”
“Dalk gaan dit vanself weg,” stel Timmie voor.
“Ja, jy kan maklik praat,” grom Dolfie. “En wat as dit nie weggaan nie? Wat dan?”

Dolfie Weerwolfie: Volmaan
Dolfie is saam met sy klasmaats op ’n skoolkamp. Hope pret en kattekwaad wag net om die draai …
Een aand sit al die kinders om die kampvuur. Dis volmaan, en die onderwyser vertel ’n storie.
Skielik begin Dolfie kriewel. Hy is weer besig om wolf te word! Hy hardloop geskok in die bos in. Niemand mag weet wat hy is nie!
Maar Noura kom agter iets is fout en besluit om vir Dolfie te agtervolg …

Die Dolfie Weerwolfie-reeks is nou beskikbaar by jou naaste boekwinkel.

Professor Fungus omnibus 1
Kom kuier saam met Bennie en Jenny in professor Fungus se laboratorium en maak van nader kennis met zombie-tamaties, ’n klomp vreesaanjaende visse, ’n skrikwekkende monster wat die Snotzilla genoem word, ’n klomp dinosourusse … en beleef ’n asemrowende miniatuur-avontuur.

Vyf fantastiese Professor Fungus-stories in een boek:

• Professor Fungus en die zombie-tamaties
• Professor Fungus en die ongelooflike miniatuur-avontuur
• Professor Fungus en die mensvreter-piranhas
• Professor Fungus en die skrikwekkende Snotzilla
• Professor Fungus en die dino-avontuur
Professor Fungus omnibus 1 is nou beskikbaar by jou naaste boekwinkel. Die e-boek is beskikbaar by LAPA en Amazon.

Kan ʼn walvis winde los? En ander gruwelike en grillerige vrae oor diere
Eeuw!
Jig!
Sies!
Bleg!

Dis WALGLIK – maar dis WAAR!

WEES GEWAARSKU – hierdie boek is propvol dierefeite wat jou kan NAAR MAAK!

Watter oulike dierebabas eet hul ma se poef?

Kan ’n gorilla puisies kry? Wat laat miere in zombies verander?

Word gril-gril slim en ontdek die grieselige kant van die natuur met hierdie prettige boek wat jong feitevrate sal laat ril van lekkerkry!

Kan ʼn walvis winde los? En ander gruwelike en grillerige vrae oor diere is nou beskikbaar by jou naaste boekwinkel. Die e-boek is beskikbaar by LAPA en Amazon.

Lea lief apies: Grypdiewe en gevaar
Lea se ma is ’n veearts en haar pa is ’n diereregte-aktivis en joernalis. Om diere te red, is in haar bloed!

Lea en haar klasmaats is op pad na ’n primaatskuiling toe om vir ’n paar dae as vrywilligers te werk. Sy kan nie wag nie, maar ’n paar van die seuns het heeltamal die verkeerde idee en dink sowaar die apies is troeteldiere!

Boonop dwing Suna en Mpho vir Lea, Hazel en Nikita om al hulle werk ook te doen en hulle moet ’n kamer deel. Glad nie pret nie.

Dan begin alles skeefloop: iemand het ’n paar van die apies gesteel! En net toe Lea uitpluis wat met hulle gebeur het begin die bos brand …

Lea ❤️ apies: Grypdiewe en gevaar is nou beskikbaar by jou naaste boekwinkel.
Die e-boek is beskikbaar by LAPA en Amazon.

Nog titels in die Lea ❤️-reeks:
Lea lief seeskilpaaie: Avonture by die akwarium is beskikbaar by LAPA en Amazon.
Lea lief honde: Hik, Hik, Hoera! is beskikbaar by LAPA.

Laaste lewe
Een van die eerste grafiese romans vir tieners in Afrikaans.

Hierdie epiese grafiese roman is gebaseer op Fanie Viljoen se roman The Last Time I Died wat in 2016 deur Ransom Publishing gepubliseer is.
Die Swart Kraai het Sam se pa doodgemaak, en nou het hy Sam doodgemaak. Sam is egter nie dood nie. Die dood was die sesde van sy sewe lewens, en nou het hy nog een oorblywende lewe – om terug te kom en Die Swart Kraai dood te maak.

Die kreatiewe meester Daniël Hugo het hierdie boek geïllustreer en lesers met ‘n voorliefde vir die kuns van grafiese romans en strokiesprente sal weggeblaas word deur die besondere details van die illustrasies op elke bladsy.

Laaste lewe is nou beskikbaar by jou naaste boekwinkel. Die e-boek is beskikbaar by LAPA en Amazon.

Spooksoeker 2
Warno Alberts is onder die indruk dat hy ‘n nuwe begin kan maak ná sy ontmoetings met spoke in Spooksoeker #1.
Ongelukkig is dit nie sy lot nie.
Sy pad kruis weer met ‘n reeks geheimsinniges en spoke. Nie net kom hy van aangesig tot aangesig met die berugte spookmeisie van Uniondale, die geheimsinnige man in swart, en die grusame bruid nie, maar hy ontdek ook die ander spooksoeker …

Spooksoeker 2 is nou beskikbaar by jou naaste boekwinkel. Die e-boek is beskikbaar by LAPA en Amazon.

Spooksoeker 1 is ook beskikbaar by LAPA en Amazon.

Elle-reeks omnibus 2
In die volgende drie boeke van die Elle-reeks beleef Elle en haar vriende klomp avonture.

In Rocksusters kan Elle nie wag vir die Musikanto-fees wat Oktober in Parys plaasvind nie. Die Musikanto is ʼn splinternuwe, landswye skolefees. Maar eers moet die skoolorkes genoeg geld insamel om in ʼn ordentlike hotel te gaan bly…

In Duinebesies moet Elle teësinnig na Namibië gaan om saam met haar oom Eddie goggas te vang.

Belaglik! Tog is die woestynuitstappie baie meer opwindend as wat Elle verwag het. Dit het dalk te make met ʼn paar manstudente in die navorsingsgroep wat enige meisie twee keer laat kyk.

In Franse vlegsel gee die woord losloper vir Elle koue rillings … Dit is presies wat sy hierdie jaar gaan wees wanneer Alex op ʼn 4×4-toer gaan. Die enigste lekker ding wat vir Elle voorlê, is haar vakansie na Parys in Frankryk saam met Refi. Maar ʼn uitruilstudent met stoute groen oë maak ʼn onverwagse opwagting, en hy doen vreemde dinge aan Elle se hart.

Elle-reeks omnibus 2 is nou beskikbaar by jou naaste boekwinkel. Die e-boek is beskikbaar by LAPA en Amazon.

Elle-reeks omnibus 1 is beskikbaar by LAPA.

Glam-divas omnibus
Stylvol en swierig.

Talia, Didi en Lienka is al van kleuterskooldae af beste vriendinne. Noudat hulle in graad tien is, weet hulle presies wat die skool nodig het: ’n funky agentskap wat partytjies reël, fantastiese klere ontwerp en modewenke gee. Maar as jy in graad tien is, is dit nie kinderspeletjies om almal te oorreed om jou ernstig op te neem nie.

Tussen die agentskap, meisies wat vasbeslote is om die Glam-divas se lewens te versuur en seuns wat hulle knieë lam maak, is daar nooit ’n vervelige oomblik nie.
Lees nou al drie hierdie geliefde verhale saam in een lekkerlees-omnibus.

Glam-divas omnibus is nou beskikbaar by jou naaste boekwinkel. Die e-boek is beskikbaar by LAPA en Amazon.

Wolk
Rufus en Xandr het pas graad 10 klaargemaak en hulle ken mekaar van kleintyd af.
Hulle het al talle eerstes saam beleef – om te sê hulle is beste vriende is ʼn understatement.
Rufus, eintlik Ruth maar Xandr noem haar Rufus, se pa het egter besluit dat die gesin die land moet verlaat.
Die vriende moet afskeid van mekaar neem en beplan om hul laaste eerste – die belangrikste eerste – saam te hê.

Dis net hulle en ʼn ou Midge wat iewers in die Vrystaat in ʼn grot vir ʼn paar dae gaan bly.
Sal hulle die plan kan deurvoer?
Wat van die swart-en-oranje wolk wat op die horison verskyn?

Wolk is nou beskikbaar by jou naaste boekwinkel. Die e-boek is beskikbaar by LAPA en Amazon.

Halley se komeet
Ook uit dieselfde skrywer se pen is, Halley se komeet.
Pete de Lange moet as tiener probeer oorleef in ’n klein Natalse dorpie gedurende die onstuimige tagtigerjare saam met sy nuutgevonde vriende: Petrus en Sarita. In ’n land wat bloei van rassekonflik is dit makliker gesê as gedaan. Pete en sy vriende het ’n wrede misdaad gesien en die skuldige is op hulle spoor. Sal reg en geregtigheid geskied in ’n land wat reeds polities verwronge is?

Halley se komeet is ’n uitstekende grootworddrama, vol emosie en nostalgie en is beskikbaar by LAPA en Amazon.

My boek oor gevoelens
My Boek van gevoelens is ’n gevoelvolle verhaal van Simone se emosies: vrees, woede, jaloesie, blydskap, skaamheid, trots en hartseer. Hierdie boek neem kinders op ’n ontdekkingstog en leer hulle hoe om elkeen van dié gevoelens te hanteer soos hulle dit ervaar. Betowerende illustrasies met bykomende raad en voorstelle maak dit ’n besondere leeservaring.

Rowley Jefferson se Vreeslike Vriendelike Avontuur
Avonture wag! Uit die verbeelding van Rowley Jefferson kom ’n avontuur van epiese afmetings! Sluit aan by Roland en sy beste vriend, Garg die Barbaar, waar hulle die veiligheid van hulle dorpie verlaat en op ’n sending vertrek om Roland se ma uit die kloue van die Hardekwas Heksemeester te red. Gaan ons helde oorleef? Lees Rowley Jefferson se Vreeslike Vriendelike Avontuur en vind uit!

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest