Leesvordering:

LAPA Uitgewers: Gogga maak vir baba bang.

Jul 29, 2020

Ons gaan jou behoorlik wakker hou met hierdie versameling spanningsverhale…

Nagjagter


Binne ’n oogwink verander die verhoogstuk van ’n Gotiese riller in die werklikheid toe ’n akteur op die verhoog sterf.
Doktor Olaf Demeyer, ’n forensiese profileerder, se wêreld word op sy kop gekeer. Die Goth-subkultuur – eintlik net ’n onskadelike tydverdryf, maar ook die teelaarde vir vampirisme vir die meeste mense – hou ’n groter bedreiging in as wat hy ooit vermoed het.

Iewers loop iemand rond wat nie net Goths op die afskuwelikste wyse “teregstel” nie, maar ook ’n gevaar inhou vir Olaf, sy babaseun en volwasse dogter, asook sy vriendin, adjudant Beth.

Die lyke wat gevind word met ’n houtpen deur die hart en knoffelhuisies in die mond gestop, word meer. Onder die verdagtes tel ’n kultusleier, godsdiensfanatici, ’n versteurde bloeddrinker en verskeie akteurs. Wat Olaf die ergste van stryk bring, is dat die vinger toenemend na sy dogter gewys word. En is sy werklik so onskuldig soos hy tot nou toe gemeen het? Of is daar iemand anders in sy binnekring met bloed aan sy of haar hande?

Nagjagter is nou beskikbaar by jou naaste boekwinkel. Die e-boek is beskikbaar by LAPA en Amazon.

The Farm


Somewhere in South Africa, another farm comes under heavy attack. No shooters in sight. Only one thing is certain: The attackers are savagely resolute.

A diverse group of people barricade themselves inside the farmhouse: women, men, and children; bosses and workers; blacks and whites; a police officer; random visitors. Who is the target of the attack? What has motivated it? Politics? Revenge? Greed? Drugs? Weapons?

Do the people outside know more than those indoors? Who are these snipers, trying to operate in the dark of night? Who will die, who will survive? Who is pulling the strings? Who will be the winners, who will be the losers?
And how long can eight hours actually be?
Eight hours, minute by minute. Constant changes in perspective, piercing precision; this is an explosive mixture of a psychological thriller, with a twist of Neo-Western and a deep political subtext.

The Farm is now available at your nearest bookstore.

Huis van Gruwels & House of Horrors

Huis van Gruwels:


Huis van gruwels is die skokverhaal van die sogenaamde “Springs-monster” wat op die wreedste manier denkbaar alles van sy gesin weggeneem het, maar ook ’n storie van hoop oor hoe ’n dapper jong vrou uiteindelik geluk en genesing vind.

Huis van Gruwels is nou beskikbaar by jou naaste boekwinkel. Die e-boek is ook beskibaar by LAPA en Amazon.

House of Horrors:


House of Horrors is the shocking tale of a father who took everything from his family in the cruelest possible way, but it is also a story of hope about a brave young woman who eventually finds happiness and healing.

House of Horrors is now available at your nearest bookstore. The e-book is also available at LAPA and Amazon.

Liewe Mamma


Helen se lewe is gemaklik en ongekompliseerd. Sy is tevrede met haar loopbaan, maak drie gelukkige tieners groot en woon in die mees gesogte huis in die straat. Toegegee, sy raak bietjie ontnugter deur haar huwelik met haar werkolis man, Werner. Maar sy glo sy sal dit kan regstel. Toe sy egter een aand by die huis kom, word haar lewe heeltemal onderstebo gekeer deur ’n onverwagse gebeurtenis.

Ralf en Brian is twee jeugmisdadigers vir wie hierdie plan goed sou uitwerk: ’n Vinnige geldmaakskema deur ’n huisinbraak te pleeg. Die teikens wie hulle gekies het, is Helen en Werner. Terwyl Ralf wag hou, verdwyn Brian in Helen en Werner se huis, maar hy kom nooit weer daar uit nie.
Dis die begin van Helen se nagmerrie. Sy sou dit nooit kon voorsien hoe erg dit sou raak en wat sy alles sou doen om haar gesin te beskerm nie.

Liewe Mamma is nou beskikbaar by jou naaste boekwinkel. Die e-boek is ook beskikbaar by LAPA en Amazon.

Afspraak met moord


Elf wrede moorde oor ’n tydperk van vier jaar ruk die gemeenskap van Krugersdorp en haal landwyd nuusopskrifte. Eindelik word al hierdie moorde verbind met Cecilia Steyn en haar kultusgroep, Electus per Deus (uitverkies deur God). Lede van die groep aanbid die grond waarop Cecilia loop en sal selfs vir haar moord pleeg.

Die moordenaars is slim, gewone mense – ’n onderwyseres, ’n finansiële makelaar, ’n kind wat tussen die moorde deur steeds ses onderskeidings in matriek behaal en boonop keuring kry om medies te gaan studeer.

Hul slagoffers het bloot ’n sake- afspraak nagekom, min wetend dat dít ’n afspraak met die dood was. Wie is Cecilia Steyn? Hoe kan een mens vyf ander manipuleer om moord te pleeg en namens haar in die hof te lieg? Watter rol het Satanisme gespeel? Hoe ontduik onervare misdadigers die polisie vir so lank?
Jana Marx beantwoord dié en ander vrae in ’n waremisdaad-verhaal wat gelei het tot een van die opspraakwekkendste moordsake in die land se geskiedenis. Met behulp van onderhoude uit diegene in die binnekring, hofgetuienis en polisiedossiere oor ’n tydperk van vier jaar poog Marx om die publiek se vrae te antwoord en ’n blik te gee op die binnewerkinge van só ’n kultus.

Afspraak met moord is nou beskikbaar by jou naaste boekwinkel. Die e-boek is ook beskikbaar by LAPA en Amazon.
Die oudioboek is ook nou beskikbaar op Audible, met die bekende akteur en musikant Bouwer Bosch, wat dié verhaal voorlees.

**Die Engelse weergawe, The Krugersdorp cult killings, is ook binnekort beskikbaar.

Skadumagte


Wanneer regter PG Pienaar in sy huis vermoor word, is ondersoekende joernalis Mysi Spies vroeg op die toneel. Haar instink waarsku haar dat die moord meer as ’n blote huisbraak was; die regter het immers kort tevore lede van ’n regse organisasie swaar gevonnis. In haar ywerige soektog na antwoorde ontdek Mysi egter meer vrae.
Wie is die sogenaamde leier van Die Beskermers? Is dit ’n oud-Recce, gesoek deur die polisie, of kolonel Adrian Byant van die SAPD Taakmag?

Wat probeer hierdie groep werklik bereik? Wie beskerm boere en wreek plaasaanvalle? Mysi vind ’n bondgenoot in Superintendent Elsie Redelinghuys, maar hulle ondersoek maak verskeie mense ongemaklik. Mense wat ou griewe wil wreek en maklik moord pleeg.
Skadumagte is die opvolg op Malene Breytenbach se roman Bloedgrond wat in 2011 verskyn het.

Skadumagte is nou beskikbaar by jou naaste boekwinkel. Die e-boek is ook nou beskikbaar by LAPA en Amazon.

 

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

In ’n wêreld vol onbekendes is daar een bekende: Afrikaans is Groot. Dis ’n saamkomplek omjou taal, jou kultuur en jou menswees te vier. En die jaar is geen uitsondering wanneer diegrootste familie-reünie nóg vanaf 8 to 17 November 2024 in die SunBet Arena in...

AfriForum vier 18 jaar van selfdoen

AfriForum vier 18 jaar van selfdoen

AfriForum, ’n organisasie wat vandag meer as 315 000 lede in elke uithoek van die land verteenwoordig, vier vandag sy agtiende bestaansjaar. Dié burgerregteorganisasie is op 26 Maart 2006 vir die eerste keer aan die publiek bekendgestel in ’n berig oor sy...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest