Leesvordering:

Lee Scott stel indrukwekkende musiekvideo vir nuwe enkelsnit bekend!

Sep 16, 2019

Die super talentvolle Lee Scott het gedurende die eerste week van September sy splinternuwe enkelsnit getiteld, VRY bekendgestel en die terugvoer vanaf aanhangers, publiek en radiostasies landswyd is oorweldigend!

Die musiekvideo vir hierdie inspirerende popsnit met ’n lekkerluister-ritme is ook pas vrygestel en dit is om die minste te sê, indrukwekkend!

Kyk die musiekvideo hier

012 Central en die Krugersdorp-mynhope dien as agtergrond vir dié produksie deur regisseur en vervaardiger, Christian Wolf, en sy talentvolle span.

Die bekoring daarvan is gesetel in die doelbewuste eenvoud waarmee dit aangepak is, om die boodskap van die lied nog sterker oor te dra. “Die musiekvideo het nie noodwendig ’n storielyn nie en gaan eintlik net oor ek wat dans in ’n lewensgrote kubus wat uit LED-ligte saamgestel is. Die kubus verteenwoordig dit wat jou, as mens, terughou om net te leef of om ’n goeie tyd te hê,” verklap hy. “Ek was wel skepties gewees oor die dansery. So ek het onmiddellik my goeie vriend, Harold van Buuren (hoof-beoordelaar van So You Think You Can Dance), gebel om my te help met die choreografie en ons het letterlik die volgende dag begin oefen.”

VRY bou voort op die sukses van die kenmerkende styl musiek waarvoor Lee Scott bekendheid verwerf het. Die lied bevat die perfekte kombinasie van goedvoel-lirieke en ’n aanloklike deuntjie, wat sy stem nie net op sy beste laat vertoon nie, maar luisteraars ook uitnooi om die lewe te geniet.

Die enkelsnit is nou op alle digitale platforms hier beskikbaar:  https://lnk.to/LeeScottVRY

Volg Lee Scott hier op sosialemedia:

Facebook:             https://www.facebook.com/LeeScottMusic/

Twitter:                 @LeeScottMusic

Instagram:           @LeeScottMusic

Youtube:               https://www.youtube.com/user/LeeScottOfficial

PUBLISITEIT & BEMARKING                                                           BESTUUR & BESPREKINGS

Starburst Promotions                                                                        Co-Productions

Gizela Arndt                                                                                         Corné Oosthuizen

Sel: 083 399 6869                                                                               Tel:  (012) 751 3601

E-pos: gizela101@gmail.com                                                          E-pos:  info@coproductions.co.za

Webtuise: www.starburstmusic.co.za

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

In ’n wêreld vol onbekendes is daar een bekende: Afrikaans is Groot. Dis ’n saamkomplek omjou taal, jou kultuur en jou menswees te vier. En die jaar is geen uitsondering wanneer diegrootste familie-reünie nóg vanaf 8 to 17 November 2024 in die SunBet Arena in...

AfriForum vier 18 jaar van selfdoen

AfriForum vier 18 jaar van selfdoen

AfriForum, ’n organisasie wat vandag meer as 315 000 lede in elke uithoek van die land verteenwoordig, vier vandag sy agtiende bestaansjaar. Dié burgerregteorganisasie is op 26 Maart 2006 vir die eerste keer aan die publiek bekendgestel in ’n berig oor sy...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest