Leesvordering:

Leesstof vir die kinders!

Mei 22, 2020

Hou die kinders besig tydens die inperking! Daar is iets vir almal…

Kleinspan

Tippie maskers is nou beskikbaar!

Tippie wil hê jy moet veilig bly tydens COVID-19! Die welbekende en geliefde Tippie-karakter wat op hierdie masker gedruk is sal bydra daartoe om die angstigheid wat kinders moontlik kan ervaar tydens die uitbreek van die Corona-virus te verminder. Nota: Die Tippie-masker is nie bedoel as volkome beskerming teen die COVID-19-virus nie. Die masker moet gebruik word tesame met normale veiligheidsprosedures soos deur die SA-regering gereguleer.

Hierdie maskers is nou beskikbaar by jou naaste boekwinkel asook by Lapa.

Maroelaboomstories

Ouderdom: 7+

Elke aand teen skemer klim die trop bobbejane tot bo in die groot maroelaboom. Dit is hulle gunsteling slaapboom. Almal klim en klouter op soek na die gemaklikste slaapplek. Die klein bobbejaantjies wil eers gou nog gryp-en-knyp speel, maar die groot bobbejane raas kwaai. Die son sak vinnig en die nag is op pad … Wil jy ook soos die klein bobbejaantjies weet waarom olifante nie in neste woon nie, waar koedoes aan hul gedraaide horings kom en hoe buffels hulle strepe verloor het? Dan is hierdie storiebundel met 15 diereverhale net vir jou! Hierdie heruitgawe van Leon de Villiers se oorsponklike diereverhale is deur die talentvolle kunstenaar, Linki Lutz, geïllustreer.

Hierdie storieboek is beskikbaar by jou naaste boekwinkel asook aanlyn by Lapa en Amazon.

Manjifieke Mier

Ouderdom: 3+

ʼn Klein mier vind sy kragtige stem in hierdie kleurvolle boek wat daaroor handel dat ander nie op hulle voorkoms beoordeel moet word nie. Die tyd vir die bos se talentkompetisie. Tussen al die magtige diere van die bos is daar ʼn nuwe deelnemer – ʼn klein mier. Wat op dees aarde sal hy dan nou kan doen?

Hierdie boek is nou beskikbaar by jou naaste boekwinkel.

Ek kan vlieg

Ouderdom: 3+

’n Klein pikkewyn sien al die voëls in die lug en wil soos hulle vlieg. Pikkewyn probeer als wat hy kan – maar sonder sukses. Maar kort voor lank leer hy by sy pa dat hy kan vlieg – onderwater!

Hierdie boek is nou beskikbaar by jou naaste boekwinkel.

Diereverkenners: Lola en die singende orgidee

Ouderdom: 5+

Lola die ysbeer is op pad na die reënwoud vir ’n asemrowende avontuur! Haar maats dink sy is verspot, maar Lola is ’n beer met ’n plan. Sy is vasbeslote om die seldsame Singende Orgidee te kry, en niks en niemand gaan haar keer nie.

Hierdie boek is nou beskikbaar by jou naaste boekwinkel.

Rooimiere in-die-broek Idioom-Inkleurboek

Ouderdom: 5+

Maak die potlode skerp.
Skiet daai doppies van die merkpenne af.
Lê op die gras, sit agterstevoor op ’n stoel, klim in die linnekas met ’n flits, of hang onderstebo in ’n boom.
Die tyd het aangebreek.
Kom ons kleur in!

Hierdie vrolike inkleurboek bevat 22 eg-Afrikaanse idiome, elk met interessante feite oor diere.

Hierdie boek is nou beskikbaar by jou naaste boekwinkel.

Jeugspan

Thabo, the space dude
Age: 7+

Poor Thabo is horrified when his so-called ‘loving’ parents inform him that his family is moving to Mars!  Could his life get any worse?  Apparently so, since his parents are forcing him to document his last days on Earth in this log book.  Will he survive Mars Boot Camp? Will he be able to smuggle his two best friends on board the space shuttle? And, most importantly, will he manage to sneak a farewell kiss from Mbali?

This book is available at your nearest bookstore or online at Lapa and Amazon

Keegan & Samier: Die sleutel speurders
Ouderdom: 7+

Vrydagmiddag ná skool kuier Samier en Samia by Keegan totdat hulle pa klaar gebid het by die moskee. Op pad huis toe tel Jenni-Lee ’n bossie sleutels op. Ouma besluit om hulle te wys hoe vingerafdrukke werk en saam doen hulle ’n bietjie speurwerk. Sal hulle kan uitvind aan wie die sleutels behoort?

Hierdie boek is beskikbaar by jou naaste boekwinkel asook aanlyn by Lapa en Amazon.


Keegan & Samier: Die sokker-fiasko
Ouderdom: 7+

Keegan, Samier en Samia gaan speel sokker in die parkie. Daar kry hulle vir Ghielie en sy nefies en saam speel hulle ’n heerlike spel. Samia is ’n uitstekende sokkerspeler! Maar dan kom Brent Petersen daar aan – en hy wil glad nie saam met ’n meisie sokker speel nie! Sal hulle nog steeds almal kan sokker speel of gaan Brent die hele dag bederf?

Hierdie boek is beskikbaar by jou naaste boekwinkel asook aanlyn by Lapa en Amazon.

Sanri Steyn: Die geraamte se geheim
Ouderdom: 9+

Daar is ’n nuwe seun in Sanri en Markus se klas, en hy het ’n buikspraakpop wat soos ’n geraamte lyk. Maar is Bennie Bene regtig net ’n pop, en is Jamahl werklik só ’n goeie buikspreker?
Superjoernalis Sanri Steyn stel ondersoek in…

Hierdie boek is beskikbaar by jou naaste boekwinkel asook aanlyn by Lapa en Amazon.

Supervillain
Age: 9+

Wessel knows his holiday at his grandpa’s house is going to be the pits. Grandpa Zirk is grumpier than a hammerhead shark with a toothache and he HATES kids. But something isn’t quite right. Why does his grandpa sneak around outside at night? What is he hiding in the mysterious garden shed? Is his grandpa actually a … SUPERVILLAIN?

This book is available at your nearest bookstore or online at Lapa and Amazon.

Justin Fortuin, skattejagter
Ouderdom: 11+

Justin Fortuin het glad nie lus om die vakansie saam met sy ma by haar tannie Mary te kuier nie – al bly sy in ’n ou kasteel.
Maar kort voor lank is hy reg in die middel van ’n opwindende avontuur vol raaisels en geheime.

Hierdie boek is beskikbaar by jou naaste boekwinkel asook aanlyn by Lapa en Amazon.

Wees veilig tydens hierdie pandemie en onthou om jou boekwinkels te ondersteun!

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

In ’n wêreld vol onbekendes is daar een bekende: Afrikaans is Groot. Dis ’n saamkomplek omjou taal, jou kultuur en jou menswees te vier. En die jaar is geen uitsondering wanneer diegrootste familie-reünie nóg vanaf 8 to 17 November 2024 in die SunBet Arena in...

AfriForum vier 18 jaar van selfdoen

AfriForum vier 18 jaar van selfdoen

AfriForum, ’n organisasie wat vandag meer as 315 000 lede in elke uithoek van die land verteenwoordig, vier vandag sy agtiende bestaansjaar. Dié burgerregteorganisasie is op 26 Maart 2006 vir die eerste keer aan die publiek bekendgestel in ’n berig oor sy...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest