Leon-Ben Lamprecht se nuwe kinderboek NOU op die rak

19/01/2022
| Deur AfriForum Wêreldwyd
Barend-die-Barbaar_Voorblad

Deur Karin Heydenrych

Leon-Ben Lamprecht is ’n man van vele talente. Met ’n BCom-graad en ‘n M-graad in joernalistiek slaag hy daarin om met oënskynlike gemak te navigeer tussen finansiële beplanning en die wêreld van woorde. As ’n pa van drie hou hy veral daarvan om sy verbeelding vrye teuels te gee in kinderstories, soos Wie skrik vir Wortel Wolf? (Tafelberg, 2021) en Barend die barbaar wat in Desember 2021 by Kraal Uitgewers verskyn het.

Lamprecht is op Riversdale gebore, maar die gesin het later Hartenbos toe verhuis waar sy ouers steeds woon. Hy was van jongs af lief vir lees en is ook geïnspireer deur ’n paar bobaas-storievertellers in sy familie, soos sy ouma Sarie. Met sy liefde vir stories en boeke was joernalistiek dus ’n logiese loopbaankeuse.

Hy verduidelik dat sy kinderstories eintlik uit nood gebore is – tydens die aanvanklike Covid-grendeltyd in 2020 toe die openbare biblioteek gesluit was en sy oudste twee kinders nuwe leesstof gesoek het. Hy het toe sommer ’n storie opgemaak van drie varkies en ’n vegetariese wolf. En siedaar, so is Wie skrik vir Wortel Wolf? gebore. Barend (die hoofkarakter in Barend die barbaar) het uit die bloute een oggend by hom “opgedaag” met die openingstrofe:

“Barend, die barbaar, / was genadeloos en naar. / Dis nogal vreemd vir ’n seuntjie van net sewe.”

(Maar hy verklaar onomwonde dat die wilde, woelige Barend-karakter nie op hom of op een van sy kinders geskoei is nie!)

Lamprecht lees baie wyd en het veral ’n groot liefde vir goeie kinderboeke. “Dit wroeg nie so soos ernstige literatuur nie en dis soms hardoplag-snaaks. Ek hou veral van kinderboeke wat ouers én kinders laat lag. Ek dink humor is ’n onderskatte eienskap. Ons neig om goed net ernstig op te neem as dit ernstig is, maar komedie is nie (net) ’n lagsaak nie. Ek dink nogal stories en lag is van die goed wat ons van diere onderskei.”

Onder sy talle gunsteling-kinderboeke is die Dr. Seuss-versameling; The Gruffalo; Edwina: The dinosaur who didn’t know she was extinct; P is for pterodactyl: The worst alphabet book ever; die oorspronklike Shrek-boekie; Die storie van die molletjie wat wou weet wie op sy kop gedinges het (oorspronklik in Duits uitgegee); Philip Pullman se boeke en natuurlik Harry Potter, wat hy elke paar jaar weer lees. Hy bestempel die Suid-Afrikaanse kinderboekskrywer Jaco Jacobs as ’n lewende legende en loof ook Afrikaanse vertalings deur onder andere Leon Rousseau en Philip de Vos.

Lamprecht leef hom met oorgawe uit in sowel die finansiële wêreld as die joernalistiek/skryfkuns. Hy meen mense perk hulle te veel in. “Doen wat vir jou lekker is en nie omdat dit noodwendig geld gaan maak nie, maar [doen dit] vir die saak self – as jou omstandighede dit toelaat […] Ek dink met genoeg oefening en belangstelling kan jy enige ding met ’n mate van sukses (hoe ook al ’n mens dit wil definieer) aanpak.”

Hy glo aan ’n gebalanseerde leefwyse en dat ’n mens slimmer eerder as harder moet werk. Van die ander aktiwiteite wat hy graag iewers in sy dag inpas is braai, draf en kitaar speel. En om sy kinders langs die sportveld te ondersteun (in gunstiger Covid-omstandighede).

Leon-Ben Lamprecht, die skrywer-joernalis-makelaar en skepper van Barend die barbaar, het nie net baie sluimerende stories, belangstellings en drome nie, maar ook ’n gunstelingwoord in Afrikaans: kombuis. “Dit beteken veel meer as kitchen”, sê hy.  

Barend die barbaar

Die sewejarige Barend het die hele dorp op hol. Sy ouers is raadop. Die kerkraad skud net hul kop. Want dié mannetjie maak amok oral waar hy gaan. Dan kom daar ’n ommeswaai wat niemand kon voorsien het nie.

Wat bring ewe skielik die beste uit hierdie rowwe karnallie? Vind uit in Leon-Ben Lamprecht se jongste kinderboek Barend, die barbaar.

Nou beskikbaar in Kraal Uitgewers se e-winkel.

Deel op

"*" indicates required fields

Watter taal praat jy by die huis?
Naam en van
  • United States+1
  • United Kingdom+44
  • Afghanistan (‫افغانستان‬‎)+93
  • Albania (Shqipëri)+355
  • Algeria (‫الجزائر‬‎)+213
  • American Samoa+1
  • Andorra+376
  • Angola+244
  • Anguilla+1
  • Antigua and Barbuda+1
  • Argentina+54
  • Armenia (Հայաստան)+374
  • Aruba+297
  • Australia+61
  • Austria (Österreich)+43
  • Azerbaijan (Azərbaycan)+994
  • Bahamas+1
  • Bahrain (‫البحرين‬‎)+973
  • Bangladesh (বাংলাদেশ)+880
  • Barbados+1
  • Belarus (Беларусь)+375
  • Belgium (België)+32
  • Belize+501
  • Benin (Bénin)+229
  • Bermuda+1
  • Bhutan (འབྲུག)+975
  • Bolivia+591
  • Bosnia and Herzegovina (Босна и Херцеговина)+387
  • Botswana+267
  • Brazil (Brasil)+55
  • British Indian Ocean Territory+246
  • British Virgin Islands+1
  • Brunei+673
  • Bulgaria (България)+359
  • Burkina Faso+226
  • Burundi (Uburundi)+257
  • Cambodia (កម្ពុជា)+855
  • Cameroon (Cameroun)+237
  • Canada+1
  • Cape Verde (Kabu Verdi)+238
  • Caribbean Netherlands+599
  • Cayman Islands+1
  • Central African Republic (République centrafricaine)+236
  • Chad (Tchad)+235
  • Chile+56
  • China (中国)+86
  • Christmas Island+61
  • Cocos (Keeling) Islands+61
  • Colombia+57
  • Comoros (‫جزر القمر‬‎)+269
  • Congo (DRC) (Jamhuri ya Kidemokrasia ya Kongo)+243
  • Congo (Republic) (Congo-Brazzaville)+242
  • Cook Islands+682
  • Costa Rica+506
  • Côte d’Ivoire+225
  • Croatia (Hrvatska)+385
  • Cuba+53
  • Curaçao+599
  • Cyprus (Κύπρος)+357
  • Czech Republic (Česká republika)+420
  • Denmark (Danmark)+45
  • Djibouti+253
  • Dominica+1
  • Dominican Republic (República Dominicana)+1
  • Ecuador+593
  • Egypt (‫مصر‬‎)+20
  • El Salvador+503
  • Equatorial Guinea (Guinea Ecuatorial)+240
  • Eritrea+291
  • Estonia (Eesti)+372
  • Ethiopia+251
  • Falkland Islands (Islas Malvinas)+500
  • Faroe Islands (Føroyar)+298
  • Fiji+679
  • Finland (Suomi)+358
  • France+33
  • French Guiana (Guyane française)+594
  • French Polynesia (Polynésie française)+689
  • Gabon+241
  • Gambia+220
  • Georgia (საქართველო)+995
  • Germany (Deutschland)+49
  • Ghana (Gaana)+233
  • Gibraltar+350
  • Greece (Ελλάδα)+30
  • Greenland (Kalaallit Nunaat)+299
  • Grenada+1
  • Guadeloupe+590
  • Guam+1
  • Guatemala+502
  • Guernsey+44
  • Guinea (Guinée)+224
  • Guinea-Bissau (Guiné Bissau)+245
  • Guyana+592
  • Haiti+509
  • Honduras+504
  • Hong Kong (香港)+852
  • Hungary (Magyarország)+36
  • Iceland (Ísland)+354
  • India (भारत)+91
  • Indonesia+62
  • Iran (‫ایران‬‎)+98
  • Iraq (‫العراق‬‎)+964
  • Ireland+353
  • Isle of Man+44
  • Israel (‫ישראל‬‎)+972
  • Italy (Italia)+39
  • Jamaica+1
  • Japan (日本)+81
  • Jersey+44
  • Jordan (‫الأردن‬‎)+962
  • Kazakhstan (Казахстан)+7
  • Kenya+254
  • Kiribati+686
  • Kosovo+383
  • Kuwait (‫الكويت‬‎)+965
  • Kyrgyzstan (Кыргызстан)+996
  • Laos (ລາວ)+856
  • Latvia (Latvija)+371
  • Lebanon (‫لبنان‬‎)+961
  • Lesotho+266
  • Liberia+231
  • Libya (‫ليبيا‬‎)+218
  • Liechtenstein+423
  • Lithuania (Lietuva)+370
  • Luxembourg+352
  • Macau (澳門)+853
  • Macedonia (FYROM) (Македонија)+389
  • Madagascar (Madagasikara)+261
  • Malawi+265
  • Malaysia+60
  • Maldives+960
  • Mali+223
  • Malta+356
  • Marshall Islands+692
  • Martinique+596
  • Mauritania (‫موريتانيا‬‎)+222
  • Mauritius (Moris)+230
  • Mayotte+262
  • Mexico (México)+52
  • Micronesia+691
  • Moldova (Republica Moldova)+373
  • Monaco+377
  • Mongolia (Монгол)+976
  • Montenegro (Crna Gora)+382
  • Montserrat+1
  • Morocco (‫المغرب‬‎)+212
  • Mozambique (Moçambique)+258
  • Myanmar (Burma) (မြန်မာ)+95
  • Namibia (Namibië)+264
  • Nauru+674
  • Nepal (नेपाल)+977
  • Netherlands (Nederland)+31
  • New Caledonia (Nouvelle-Calédonie)+687
  • New Zealand+64
  • Nicaragua+505
  • Niger (Nijar)+227
  • Nigeria+234
  • Niue+683
  • Norfolk Island+672
  • North Korea (조선 민주주의 인민 공화국)+850
  • Northern Mariana Islands+1
  • Norway (Norge)+47
  • Oman (‫عُمان‬‎)+968
  • Pakistan (‫پاکستان‬‎)+92
  • Palau+680
  • Palestine (‫فلسطين‬‎)+970
  • Panama (Panamá)+507
  • Papua New Guinea+675
  • Paraguay+595
  • Peru (Perú)+51
  • Philippines+63
  • Poland (Polska)+48
  • Portugal+351
  • Puerto Rico+1
  • Qatar (‫قطر‬‎)+974
  • Réunion (La Réunion)+262
  • Romania (România)+40
  • Russia (Россия)+7
  • Rwanda+250
  • Saint Barthélemy+590
  • Saint Helena+290
  • Saint Kitts and Nevis+1
  • Saint Lucia+1
  • Saint Martin (Saint-Martin (partie française))+590
  • Saint Pierre and Miquelon (Saint-Pierre-et-Miquelon)+508
  • Saint Vincent and the Grenadines+1
  • Samoa+685
  • San Marino+378
  • São Tomé and Príncipe (São Tomé e Príncipe)+239
  • Saudi Arabia (‫المملكة العربية السعودية‬‎)+966
  • Senegal (Sénégal)+221
  • Serbia (Србија)+381
  • Seychelles+248
  • Sierra Leone+232
  • Singapore+65
  • Sint Maarten+1
  • Slovakia (Slovensko)+421
  • Slovenia (Slovenija)+386
  • Solomon Islands+677
  • Somalia (Soomaaliya)+252
  • South Africa+27
  • South Korea (대한민국)+82
  • South Sudan (‫جنوب السودان‬‎)+211
  • Spain (España)+34
  • Sri Lanka (ශ්‍රී ලංකාව)+94
  • Sudan (‫السودان‬‎)+249
  • Suriname+597
  • Svalbard and Jan Mayen+47
  • Swaziland+268
  • Sweden (Sverige)+46
  • Switzerland (Schweiz)+41
  • Syria (‫سوريا‬‎)+963
  • Taiwan (台灣)+886
  • Tajikistan+992
  • Tanzania+255
  • Thailand (ไทย)+66
  • Timor-Leste+670
  • Togo+228
  • Tokelau+690
  • Tonga+676
  • Trinidad and Tobago+1
  • Tunisia (‫تونس‬‎)+216
  • Turkey (Türkiye)+90
  • Turkmenistan+993
  • Turks and Caicos Islands+1
  • Tuvalu+688
  • U.S. Virgin Islands+1
  • Uganda+256
  • Ukraine (Україна)+380
  • United Arab Emirates (‫الإمارات العربية المتحدة‬‎)+971
  • United Kingdom+44
  • United States+1
  • Uruguay+598
  • Uzbekistan (Oʻzbekiston)+998
  • Vanuatu+678
  • Vatican City (Città del Vaticano)+39
  • Venezuela+58
  • Vietnam (Việt Nam)+84
  • Wallis and Futuna (Wallis-et-Futuna)+681
  • Western Sahara (‫الصحراء الغربية‬‎)+212
  • Yemen (‫اليمن‬‎)+967
  • Zambia+260
  • Zimbabwe+263
  • Åland Islands+358
This field is hidden when viewing the form
This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Nuutste artikels