Leesvordering:

Lewenskoste in die buiteland – top-20-plekke om te bly

Mei 10, 2022

Waar is die top 20 bekostigbaarste plekke om te woon in terme van koopkrag, huurpryse, inkopies en restaurantpryse? Op die wêreldwye indeks presteer Johannesburg die beste van al die Suid-Afrikaanse stede in terme van lewenskoste en is nommer 323 op die ranglys. Pretoria is kort op Johannesburg se hakke in 325ste plek, Durban op 334 en Kaapstad in 344ste plek uit 483 stede.

Sydney is die hoogste presteerder in Australië in die 28ste plek en daarna is dit Brisbane (36), Melbourne (52) en Perth (55). Auckland in Nieu-Seeland is nommer 31, gevolg deur Wellington (44), Hamilton (56) en Christchurch (71). Nice in Frankryk spog ook met 33ste plek.

Israel doen ook goed in die top 50 met Tel Aviv-Yafo (21), Petah Tikva (27), Haifa (32), Beersheba (35) en Jerusalem (40) wat sterk gelys is. In Engeland is Londen die hoogste op die ranglys in 43ste plek. Die top-20-plekke word egter oorheers deur Switserland, Noorweë en die VSA:

Lewenskoste top-20-stedeLewenskoste top-20-lande
1. Hamilton, Bermuda1. Bermuda
2.    Basel, Switserland2.    Switserland
3.    Zurich, Switserland3.    Noorweë
4.    Lausanne, Switserland4.    Ysland
5.    Bern, Switserland5.    Barbados
6.    Geneva, Switserland6.    Jersey
7.    Beirut, Lebanon7.    Israel
8.    Stavanger, Noorweë8.    Denemarke
9.    Honolulu, VSA9.    Bahamas
10.  Oslo, Noorweë10.  Singapoer
11.  Santa Barbara, VSA11.  Guernsey
12.  New York, VSA12.  Hong Kong
13.  Bergen, Noorweë13.  Luxemburg
14.  Reykjavik, Ysland14.  Australië
15.  Trondheim, Noorweë15.  Japan
16.  San Francisco, VSA16.  Ierland
17.  Tromso, Noorweë17.  Nederland
18.  Oakland, VSA18.  Nieu-Seeland
19.  Brekeley, VSA19.  Frankryk
20.  Saint Helier, Jersey20.  Suid-Korea

Lewensgehalte – top 20

Die kwaliteit van lewe ranglys word bepaal deur die koste van lewe,  gehalte van gesondheidsorg, veiligheid en misdaad, koopkrag, eiendomspryse teenoor inkomste, verkeer en klimaat. Kaapstad is die hoogste op die ranglys van Suid-Afrikaanse stede en is nommer 137 op die lys, terwyl Durban in 143ste plek is en Pretoria 155ste is uit 250 stede ter wêreld. Hier is die top-20-stede in die wêreld wat lewensgehalte aanbetref:

Lewensgehalte – top-20-stedeLewensgehalte – top-20-lande
1. Canberra, Australië1. Switserland
2.    Adelaide, Australië2.    Denmark
3.    Raleigh, VSA3.    Nederland
4.    Charlotte, VSA4.    Finland
5.    Zurich, Switserland5.    Australië
6.    Perth, Australië6.    Ysland
7.    Basel, Switzerland7.    Duitsland
8.    Austin, VSA8.    Oostenryk
9.    Eindhoven, Nederland9.    Nieu-Seeland
10.  Wellington, Nieu-Seeland10.  Noorweë
11.  Victoria, Kanada11.  Swede
12.  Seattle, VSA12.  Estonië
13.  Madison, VSA13.  Oman
14.  Colombus, VSA14.  Luxemburg
15.  Geneva, Switserland15.  VSA
16.  Brisbane, Australië16.  Japan
17.  Richmond, VSA17.  Slovenië
18.  Den Haag, Nederland18.  Spanje
19.  Dallas, VSA19.  Tjeggiese Republiek
20.  Oklahoma, VSA20.  Portugal

Al die inligting in dié artikel is verkry op numbeo.com soos in April 2022.


LEES OOK: Lewenskoste in die buiteland

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest