Liefde en positiwiteit seëvier in nuwe Jan Rhaap-album

22/02/2021
| Deur AfriForum Wêreldwyd
Jan-Rhaap-Album-Cover

Drie albums, twaalf enkelsnitte en verskeie musiektoekenningbenoemings later, is die talentvolle musikant en liedjieskrywer, Jan Rhaap terug in die kollig met ’n splinternuwe album, enkelsnit en musiekvideo wat verseker om bewonderaars se stoutste verwagtinge te oortref.

Elmboog Na Bo spog met dertien oorspronklike snitte wat almal noukeurig gekies en verwerk is om die perfekte eindproduk te skep.   Hy het juis voorbrand vir die album met dié titelsnit gemaak toe hy onlangs ‘n musiekvideo saam met die Elmboog Na Bo-uitdaging op sosiale media van stapel gestuur het. Tydens hierdie uitdaging word jy uitgedaag om, op video, ’n shooter van jou keuse in die vou van jou arm vas te knyp en te drink en dan jou vriende uit te daag om dieselfde te doen.  En natuurlik is Suid-Afrikaners gaande daaroor en daag almal mekaar oor en weer uit wat groot pret tot gevolg het en vir heerlike kykgenot sorg!

Kyk die video hier.

Oor die res van die album vertel Jan: “Elke liedjie wat ons gekies het, moes op sy eie manier bydra tot die algehele storie, boodskap en gevoel van die album. Ek het self baie van die skryfwerk gedoen, maar ook saam met ander skrywers gewerk soos Juan Boucher, Loki Rothman, Munro du Toit en Adriaan van der Merwe. Ek skryf altyd oor dinge wat ek in my eie lewe sien en ervaar. My musiek is stukkies van myself as mens.”

Vir Jan Rhaap is  elke liedjie vir hom spesiaal en kan hy nie ’n gunsteling uitsonder nie. Hy meen egter dat “Kom Loop”, sy nuutste enkelsnit, wat nou saam met die album uitgereik word die potensiaal het om ’n treffer te wees, omdat die lirieke baie relevant en die wysie baie aansteeklik is.

“Wêreldwyd gaan mense nou deur ’n moeilike tyd, maar ons moet probeer om nie ander se besluite te oordeel as ons nog nie in hulle skoene was nie,” deel hy oor hierdie pop-rocksnit wat deur Juan Boucher en Adriaan van der Merwe geskryf is. “Die liedjie is vir my baie spesiaal met ’n sterk boodskap en ’n lekker opgewekte melodie. Ek dink mense moet meer probeer om mekaar te ondersteun en motiveer, as om te oordeel.”

Maak jou Maak(e) wat in 2020 vrygestel is en ook op die album verskyn is uitstekend deur die publiek en radiostasies landswyd ontvang.  Dit het vir maande lank bo-aan die trefferparades van stasies gepryk en die musiekvideo is ook gereeld op die kassie te sien.

Jan Rhaap (37), oftewel Werner Burger, woon tans in die Noordkaap saam met sy gesin. Wanneer hy nie op die verhoog is nie, help hy sy pa en ouboet boer net buite Niekerkshoop; ’n klein dorpie tussen Griekwastad en Prieska.  Vorige suksesvolle treffers sluit in Huisie in die Bos, wat hy saam met Juan Boucher geskryf het en waarvan die video reeds meer as 2.9-miljoen kyke op YouTube gehad het, en Ramskilpad wat op verskeie treffersparades gepronk het en ook reeds deur meer as 300 000 mense gesien is.

Sy musiek is eerlik, eenvoudig en opreg.

“Ek dink omdat ek self skryf sal my musiek altyd uniek wees, want niemand skryf en interpreteer dinge ooit dieselfde nie. Elmboog Na Bo” versameling van betekenisvolle lirieke met ’n sterk boodskap en lekker kuiermusiek,” sê Jan.

LYS VAN SNITTE:

  1. Maak jou Maak(e)
  2. Afrikaans, my kind
  3. Kom Loop
  4. Elmboog Na Bo
  5. Jan Ek Kan Nie Dans Nie
  6. As My Hart Nou Ophou Klop
  7. Ry-ry Dagdroom
  8. As Ek Jou Soen In Jou Hart
  9. Afrika
  10. Adrenalien
  11. Poublou
  12. Vuis Teen Jou Bors
  13. Ons Kan Nie Breek Nie

Die album is nou op alle digitale platforms beskikbaar.

Laai dit hier af.

SOSIALEMEDIASKAKELS:

Facebook: https://www.facebook.com/janrhaap/
Instagram: @janrhaap
Twitter: @janrhaap

Deel op

"*" indicates required fields

Hoe lank woon jy al in die buiteland?
Naam en van
  • United States+1
  • United Kingdom+44
  • Afghanistan (‫افغانستان‬‎)+93
  • Albania (Shqipëri)+355
  • Algeria (‫الجزائر‬‎)+213
  • American Samoa+1
  • Andorra+376
  • Angola+244
  • Anguilla+1
  • Antigua and Barbuda+1
  • Argentina+54
  • Armenia (Հայաստան)+374
  • Aruba+297
  • Australia+61
  • Austria (Österreich)+43
  • Azerbaijan (Azərbaycan)+994
  • Bahamas+1
  • Bahrain (‫البحرين‬‎)+973
  • Bangladesh (বাংলাদেশ)+880
  • Barbados+1
  • Belarus (Беларусь)+375
  • Belgium (België)+32
  • Belize+501
  • Benin (Bénin)+229
  • Bermuda+1
  • Bhutan (འབྲུག)+975
  • Bolivia+591
  • Bosnia and Herzegovina (Босна и Херцеговина)+387
  • Botswana+267
  • Brazil (Brasil)+55
  • British Indian Ocean Territory+246
  • British Virgin Islands+1
  • Brunei+673
  • Bulgaria (България)+359
  • Burkina Faso+226
  • Burundi (Uburundi)+257
  • Cambodia (កម្ពុជា)+855
  • Cameroon (Cameroun)+237
  • Canada+1
  • Cape Verde (Kabu Verdi)+238
  • Caribbean Netherlands+599
  • Cayman Islands+1
  • Central African Republic (République centrafricaine)+236
  • Chad (Tchad)+235
  • Chile+56
  • China (中国)+86
  • Christmas Island+61
  • Cocos (Keeling) Islands+61
  • Colombia+57
  • Comoros (‫جزر القمر‬‎)+269
  • Congo (DRC) (Jamhuri ya Kidemokrasia ya Kongo)+243
  • Congo (Republic) (Congo-Brazzaville)+242
  • Cook Islands+682
  • Costa Rica+506
  • Côte d’Ivoire+225
  • Croatia (Hrvatska)+385
  • Cuba+53
  • Curaçao+599
  • Cyprus (Κύπρος)+357
  • Czech Republic (Česká republika)+420
  • Denmark (Danmark)+45
  • Djibouti+253
  • Dominica+1
  • Dominican Republic (República Dominicana)+1
  • Ecuador+593
  • Egypt (‫مصر‬‎)+20
  • El Salvador+503
  • Equatorial Guinea (Guinea Ecuatorial)+240
  • Eritrea+291
  • Estonia (Eesti)+372
  • Ethiopia+251
  • Falkland Islands (Islas Malvinas)+500
  • Faroe Islands (Føroyar)+298
  • Fiji+679
  • Finland (Suomi)+358
  • France+33
  • French Guiana (Guyane française)+594
  • French Polynesia (Polynésie française)+689
  • Gabon+241
  • Gambia+220
  • Georgia (საქართველო)+995
  • Germany (Deutschland)+49
  • Ghana (Gaana)+233
  • Gibraltar+350
  • Greece (Ελλάδα)+30
  • Greenland (Kalaallit Nunaat)+299
  • Grenada+1
  • Guadeloupe+590
  • Guam+1
  • Guatemala+502
  • Guernsey+44
  • Guinea (Guinée)+224
  • Guinea-Bissau (Guiné Bissau)+245
  • Guyana+592
  • Haiti+509
  • Honduras+504
  • Hong Kong (香港)+852
  • Hungary (Magyarország)+36
  • Iceland (Ísland)+354
  • India (भारत)+91
  • Indonesia+62
  • Iran (‫ایران‬‎)+98
  • Iraq (‫العراق‬‎)+964
  • Ireland+353
  • Isle of Man+44
  • Israel (‫ישראל‬‎)+972
  • Italy (Italia)+39
  • Jamaica+1
  • Japan (日本)+81
  • Jersey+44
  • Jordan (‫الأردن‬‎)+962
  • Kazakhstan (Казахстан)+7
  • Kenya+254
  • Kiribati+686
  • Kosovo+383
  • Kuwait (‫الكويت‬‎)+965
  • Kyrgyzstan (Кыргызстан)+996
  • Laos (ລາວ)+856
  • Latvia (Latvija)+371
  • Lebanon (‫لبنان‬‎)+961
  • Lesotho+266
  • Liberia+231
  • Libya (‫ليبيا‬‎)+218
  • Liechtenstein+423
  • Lithuania (Lietuva)+370
  • Luxembourg+352
  • Macau (澳門)+853
  • Macedonia (FYROM) (Македонија)+389
  • Madagascar (Madagasikara)+261
  • Malawi+265
  • Malaysia+60
  • Maldives+960
  • Mali+223
  • Malta+356
  • Marshall Islands+692
  • Martinique+596
  • Mauritania (‫موريتانيا‬‎)+222
  • Mauritius (Moris)+230
  • Mayotte+262
  • Mexico (México)+52
  • Micronesia+691
  • Moldova (Republica Moldova)+373
  • Monaco+377
  • Mongolia (Монгол)+976
  • Montenegro (Crna Gora)+382
  • Montserrat+1
  • Morocco (‫المغرب‬‎)+212
  • Mozambique (Moçambique)+258
  • Myanmar (Burma) (မြန်မာ)+95
  • Namibia (Namibië)+264
  • Nauru+674
  • Nepal (नेपाल)+977
  • Netherlands (Nederland)+31
  • New Caledonia (Nouvelle-Calédonie)+687
  • New Zealand+64
  • Nicaragua+505
  • Niger (Nijar)+227
  • Nigeria+234
  • Niue+683
  • Norfolk Island+672
  • North Korea (조선 민주주의 인민 공화국)+850
  • Northern Mariana Islands+1
  • Norway (Norge)+47
  • Oman (‫عُمان‬‎)+968
  • Pakistan (‫پاکستان‬‎)+92
  • Palau+680
  • Palestine (‫فلسطين‬‎)+970
  • Panama (Panamá)+507
  • Papua New Guinea+675
  • Paraguay+595
  • Peru (Perú)+51
  • Philippines+63
  • Poland (Polska)+48
  • Portugal+351
  • Puerto Rico+1
  • Qatar (‫قطر‬‎)+974
  • Réunion (La Réunion)+262
  • Romania (România)+40
  • Russia (Россия)+7
  • Rwanda+250
  • Saint Barthélemy+590
  • Saint Helena+290
  • Saint Kitts and Nevis+1
  • Saint Lucia+1
  • Saint Martin (Saint-Martin (partie française))+590
  • Saint Pierre and Miquelon (Saint-Pierre-et-Miquelon)+508
  • Saint Vincent and the Grenadines+1
  • Samoa+685
  • San Marino+378
  • São Tomé and Príncipe (São Tomé e Príncipe)+239
  • Saudi Arabia (‫المملكة العربية السعودية‬‎)+966
  • Senegal (Sénégal)+221
  • Serbia (Србија)+381
  • Seychelles+248
  • Sierra Leone+232
  • Singapore+65
  • Sint Maarten+1
  • Slovakia (Slovensko)+421
  • Slovenia (Slovenija)+386
  • Solomon Islands+677
  • Somalia (Soomaaliya)+252
  • South Africa+27
  • South Korea (대한민국)+82
  • South Sudan (‫جنوب السودان‬‎)+211
  • Spain (España)+34
  • Sri Lanka (ශ්‍රී ලංකාව)+94
  • Sudan (‫السودان‬‎)+249
  • Suriname+597
  • Svalbard and Jan Mayen+47
  • Swaziland+268
  • Sweden (Sverige)+46
  • Switzerland (Schweiz)+41
  • Syria (‫سوريا‬‎)+963
  • Taiwan (台灣)+886
  • Tajikistan+992
  • Tanzania+255
  • Thailand (ไทย)+66
  • Timor-Leste+670
  • Togo+228
  • Tokelau+690
  • Tonga+676
  • Trinidad and Tobago+1
  • Tunisia (‫تونس‬‎)+216
  • Turkey (Türkiye)+90
  • Turkmenistan+993
  • Turks and Caicos Islands+1
  • Tuvalu+688
  • U.S. Virgin Islands+1
  • Uganda+256
  • Ukraine (Україна)+380
  • United Arab Emirates (‫الإمارات العربية المتحدة‬‎)+971
  • United Kingdom+44
  • United States+1
  • Uruguay+598
  • Uzbekistan (Oʻzbekiston)+998
  • Vanuatu+678
  • Vatican City (Città del Vaticano)+39
  • Venezuela+58
  • Vietnam (Việt Nam)+84
  • Wallis and Futuna (Wallis-et-Futuna)+681
  • Western Sahara (‫الصحراء الغربية‬‎)+212
  • Yemen (‫اليمن‬‎)+967
  • Zambia+260
  • Zimbabwe+263
  • Åland Islands+358
This field is hidden when viewing the form
This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Nuutste artikels