Leesvordering:

Liefde in die skaduwee

Okt 11, 2021

“Surely your goodness and love will follow me all the days of my life,

and I will dwell in the house of the LORD forever.”

Psalms 23:6 NIV

 Ek was nooit die oudste kind nie, maar ek kan goed onthou hoe geïrriteerd my ouer boetie kon raak as ek oral agter hom en sy maatjies aan wou drentel.  Nes ‘n skaduwee waarvan hy nie ontslae kan raak nie.

Vandag dink ek hoe die liefde van die Here ons agtervolg, nes daardie hardkoppige skaduweetjies.

Maar wat word van die analogie wanneer dit donker word?  Want dan verdwyn die skaduwee en nie eers ‘n buitelyn bly agter nie.

 

Ons lees dat Sy hulp ‘n lig is wat die donker laat verdwyn.

Maar soms,

vir sommige mense,

is dit vir ‘n ruk eers donker.

 

Groot nota:  God het selfs die donker geskep.

Sy liefde hou nie op liefde wees wanneer dit donker raak nie.

Die ewig-agtervolgende liefdeskaduwee van die Here verdwyn nie.

Die skaduwee van Sy liefde groei en vloei in al die donker rondom jou in en temper die bangmaak daarvan.

 

Nes jou ma jou geleer het om eers ‘n klein bietjie van die warm melk met die eiers te meng, voor jy die louwarm geelgeit weer in die groot pot met kookmelk teruggooi vir die vla.

Op hierdie manier laat bedaar jy eers die erge hitte wat die eiers hulself sal laat roereier skrik en die vla bederf.

Surely.

Surely.

Sommige dae het ek nodig om te weet dat die liefde van die Here surely nie verdwyn wanneer die donker om my toesak nie.  Op daardie dae gooi Hy my toe met Sy kruisdoodliefde en loop dit teen my gesig en my hande en my bene af en meng dit met alles wat dreig om my asem te steel en my vreugde ook.

En wat gestuur is om my skade aan te doen, werk uit tot Sy eer.

PSALMS 27

Vir Dawid en Maxie en Liana en Willem en Magdaleen en Rentia en Nico en…

 

“Die Here help my deur my donkerste krisis.

Sy hulp is soos ’n lig wat ’n mens in ’n pikdonker kamer aanskakel. Hy red my.

Omdat Hy my help, is daar niks waarvoor ek bang is nie.

Die Here beskerm my. Waarvoor sal ek dan bang wees?

 

As slegte mense my kwaad wil aandoen, ja, as mense wat niks van my hou nie,

 my wil seermaak, sal hulle sleg daarvan afkom.

Hulle sal self tot ’n val kom.

 

Al staan ek alleen teen ’n hele leër soldate, sal ek geen bang haar op my kop hê nie.

Ook al trek ’n hele weermag teen my op en val my aan, sal ek steeds op die Here vertrou.

 

Daar is een groot wens in my hart en dit wil ek met my hele lewe najaag:

dat ek my hele lewe lank by die Here mag wees.

 

Sy wonderlike nabyheid wil ek dag en nag beleef. Ek wil ervaar hoe goed Hy vir my is.

Ek wil weer en weer daaroor nadink wanneer ek Hom aanbid.

 

Die Here beskerm my die dag as slegte dinge op my afkom; Hy bewaar my teen gevaar;

Hy help my uit die moeilikheid. Hy laat my by Hom wegkruip.

 

Nou kan ek weer my kop optel.

Die Here maak my ’n wenner.

Daarom wil ek Hom aanbid en vir Hom dankie sê deur liedere te sing saam met

verskillende musiekinstrumente.

Ek sal liedere sing om die Here te eer. Ek sal vir Hom offers bring.

 

Mense wat niks van my hou nie, sal kyk hoe ek my kop optel en die Here prys.

 

Here, ek bid ernstig tot U. Ek roep na U.

Wees goed vir my. Help my. Hoor my gebed en antwoord my.

 

Ek sê elke dag vir myself: Jy moet die Here dien.

Soek na sy teenwoordigheid.

Daarom aanbid ek U, Here.

Moet tog nie maak of U my nie hoor nie.

Moenie my wegjaag omdat U vir my kwaad is nie.

 

U het my in die verlede gehelp.

Stoot my nie weg van U af nie. Los my nie alleen nie. U is die God wat my red.

 

Selfs al wil my pa en ma niks met my te doen hê nie,

sal die Here self vir my sorg.

Here, vat my hand. Lei my op ’n pad waar daar nie slaggate is nie.

Wys my hoe om reg te lewe.

 

Moenie dat hulle wat niks van my hou oor my seëvier nie.

Pas my op. Lei my.

Party vertel leuens oor my, terwyl ander my met geweld onderstebo wil loop.

Moet my tog nie in hulle hand oorgee nie.

 

Dis net my geloof in die Here wat my staande hou.

 

Sy goedheid dra my elke dag van my lewe. As ek dit darem nie geglo het nie …

 

Stel al jou hoop op die Here!

 Vertrou op Hom!

Hou moed!

 Wees sterk!

Moenie die handdoek ingooi nie; bly wag op die Here!”

Die Boodskap Vertaling

Jou inspirasie vir die week: How I need You

Ook beskikbaar in audio op jou Whatsapp. Kontak Maxie Heppell gerus.

Meer oor die outeur

Maxie Heppell

Maxie Heppell woon saam met haar man Èmil in Newbury in die Verenigde Koninkryk. Besoek gerus Maxie se blog Genade is ’n dag lank: https://genadeisndaglank.wixsite.com/genadeisndaglank/blog

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

In ’n wêreld vol onbekendes is daar een bekende: Afrikaans is Groot. Dis ’n saamkomplek omjou taal, jou kultuur en jou menswees te vier. En die jaar is geen uitsondering wanneer diegrootste familie-reünie nóg vanaf 8 to 17 November 2024 in die SunBet Arena in...

AfriForum vier 18 jaar van selfdoen

AfriForum vier 18 jaar van selfdoen

AfriForum, ’n organisasie wat vandag meer as 315 000 lede in elke uithoek van die land verteenwoordig, vier vandag sy agtiende bestaansjaar. Dié burgerregteorganisasie is op 26 Maart 2006 vir die eerste keer aan die publiek bekendgestel in ’n berig oor sy...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest