Lotta se lewe 14: Red die eekhorings!

Lotta is só opgewonde! Dis ’n nuwe skooljaar en hulle het ’n nuwe klasonderwyser. Sy naam is meneer Haarhoff (hy is baie harig!) en sy klasse is baaaaaie lekkerder as mevrou Knacker s’n. Hulle huiswerk is om ’n videokanaal op die internet te begin. Lotta weet gelukkig hoe dit werk, want Mamma het ’n paar weke gelede begin met haar eie TV-program waarop sy allerhande produkte uittoets (SANDRA SE WÊRELD op kanaal 987). Maar Lotta en Chantelle se PRODUKTASTIESE PRODUKTOETSERS-kanaal is ongelukkig nie so gewild nie. So hulle gaan nie meer smaakmakers word nie, maar eerder betoog om diere te beskerm. Elke Dinsdag. Hulle is mos mal oor diere!

Oor die skrywer

Alice Pantermüller wou reeds van laerskool af ’n skrywer of onderwyser word. Nadat sy onderwys studeer het, het sy as ’n Duitse taalassistent in Skotland gewerk, en daarna was sy ’n boekhandelaar. Vandag bly sy saam met haar gesin op die platteland naby Lüneburg in Noord-Duitsland. Sy is bekend vir haar kinderboeke Bendix Broderson.


Prys: R195,00
Bladsye: 176
Formaat: 213mm x 137mm
Bindstyl: Sagteband
Kategorie: 9-12 jaar
ISBN-13: 9780798183970

* Prys onderhewig aan verandering

Teken in op ons nuusbrief

Wees die eerste om die jongste nuus en meer te ontvang!

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest