Leesvordering:

LUISTERGENOT: Die Strandloper Radio

Okt 4, 2018

Die Strandloper Radio is ʼn Afrikaanse radioprogram wat uitsaai op die uitsenders van ʼn gemeenskapsradiostasie, The Pulse 94.7 FM vanuit Geelong, Victoria in Australië. Die Strandloper is in 2009 gestig. Een van ons hoogtepunte die afgelope jaar was dat ons ʼn ekstra uur toegestaan is en nou elke week ʼn twee uur lange program uitsaai – eg Afrikaans! Die viermanskap (Wim, Philip, Elaine en Veronica) is ʼn span wat vir die afgelope jaar saam werk om vir jou heerlike warm musiek en geselsies te bring.

Wat is nuut op Die Strandloper Radio? Ons het nou ons eie WhatsApp-lyn waar ons luisteraars met ons kan gesels, en versoeke of boodskappe kan stuur terwyl ons op die lug is. Ons gesels weekliks met kunstenaars, akteurs en interessante persoonlikhede of oor interessante gebeure. Ons bied ook weekliks die nuutste en warmste musiek – direk vanaf Suid-Afrika. Daar is ’n gemeenskapskalender wat jou op hoogte hou van wat in Australië of soms oor die wêreld heen gebeur. Ons is dan ook baie trots op ons nuutste inisiatief: Ons Top 5 word weekliks aangekondig en die gemeenskap kan stem vir die musiek wat hulle graag weer sou wou hoor. Ons het van tyd tot tyd ook heerlike pryse om weg te gee.

Ons droom as die Strandloper-span is om uit te brei en moontlik ʼn daaglikse uitsending te behartig sou die geleentheid homself voordoen. Ons het luisteraars wêreldwyd – van Nieu-Seeland tot Kanada en selfs in Suid-Afrika – wat weekliks via die TuneIn-toepassing of die webtuiste inskakel.

Ons dryfveer is ons passie vir ons mense, kultuur, musiek en ons geloof.

Die hoogtepunt vir die laaste jaar was toe Ernst Vorster van Solidariteit Helpende Hand in Julie 2018 in ons ateljee vir ons kom kuier het en ons toe vertel het van die wonderlike projek wat ons ook nou ondersteun – #StopHonger – waar ons help om 8 000 kleuters in Suid-Afrika daagliks ʼn gesonde ete te gee.

Die Strandloper wil deel in jou gemeenskap. Stuur gerus ʼn e-pos met jou nuus of voorstelle na veronicawelding@gmail.com.

 

JOU HART KLOP IN AFRIKAANS

Woensdag van 8 nm. tot 10 nm. (AEST Melbourne tyd)

10 nm. tot 12 vm. (NZ tyd)

12 nm. tot 2 nm. (Sentraal-Afrikaanse tyd)

 

HOE KAN JY LUISTER?

  1. Melbourne, Victoria, Australië op 94.7 FM THE PULSE;
  2. Internasionale internet by 947thepulse.com; of
  3. Via die TuneIn-toepassing op jou slimfoon by http://tun.in/seUCT.

Hou van Die Strandloper se blad op Facebook en bly so op hoogte met dit waarmee ons besig is: https://www.facebook.com/947strandloper/.

Tydens ons program kan jy jou versoeke stuur of lekker saam gesels op WhatsApp by (+61) 0484 555 667 of op ons Facebook-blad.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Soos jy nooit die reuk van ’n stofpad ná die reën sal vergeet nie, so het elke Suid-Afrikaner ervaringe gehad wat ’n mens nie anders kan as om te mis nie. Sê wat jy wil, Suid-Afrika is uniek. Daar is nie veel plekke in die wêreld waar jy oor soveel mooi vlaktes kan...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest