Alles wat jy wil weet: gratis en in Afrikaans! Maroela Media is ‘n nuuswebwerf, trots en onbeskaamd Afrikaans. As jy Afrikaans is, is hierdie jóú kuierplek!

Droogte-krisis: Boer neem glo eie lewe

Skaars nadat daar gewaarsku is dat boere in die Noord- en Oos-Kaap “totaal hulpeloos en vinnig besig is om hoop te verloor” terwyl hulle moet toekyk hoe hul vee te midde van die vernietigende droogte vrek, het dit aan die lig gekom dat ʼn boer sy eie lewe geneem het. Lees meer.

Nederlandse toeriste in SA beroof

ʼn Groep toeriste van Nederland, meestal bejaardes, is Sondag kort ná hul aankoms in Suid-Afrika op hul toerbus oorval en beroof. Lees meer.

Dít is SA se twee gesogste strate

Die Seeff-eiendomsgroep het gesê daar is verskeie aspekte wat die aanvraag en prys van luukse Suid-Afrikaanse eiendomme beïnvloed, maar daar is twee strate wat met die louere wegstap as dié met die gesogste eiendomme in die land. Lees meer.

Wêreldwyd
Wêreldwyd

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest