Maroela Media is ʼn Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela-gemeenskap wil wees.

  • Valke slaan toe op verdagtes in VBS-bankskandaal
  • Solidariteit staan Maimane se hofaansoek oor skole teen
  • Afsondering: Enorme las  op gesinne nog jare lank gevoel

Valke slaan toe op verdagtes in VBS-bankskandaal

Vier verdagtes is ná ʼn klopjag deur die Valke Woensdag op verskeie persele in Gauteng en Limpopo in hegtenis geneem vir hul aandeel in die VBS-bankskandaal. ʼn Verdere drie verdagtes sal hulle na verwagting later vandag aan die polisie oorgee en nog een verdagte is tans in kwarantyn weens Covid-19 en kan dus nog nie in hegtenis geneem word nie. Lees meer.

Solidariteit staan Maimane se hofaansoek oor skole teen

Solidariteit het tot die regstryd toegetree waarin die voormalige leier van die DA en leier van die One SA Movement, Mmusi Maimane, die hof vra dat die 23 000 skole in Suid-Afrika weer moet sluit. Lees meer.

Afsondering: Enorme las op gesinne nog jare lank gevoel

Miljoene Suid-Afrikaanse kinders se onderrig en geestelike welstand word deur die voortgesette verbod op onderrig in die gedrang gebring en die ontwrigting van kinders se versorging, onderrig en gesondheid kan nie langer geregverdig word nie. Lees meer.

Maroela Media
Maroela Media
Maroela Media is ‘n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela – gemeenskap wil wees.

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest