Maroela Media is ʼn Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela-gemeenskap wil wees.

  • 11 betogers by Clicks-winkel in hegtenis geneem 
  •  Ramptoestand weer verleng
  • Departement sê oor lugmag se vliegtuig na Zim

11 betogers by Clicks-winkel in hegtenis geneem 

Clicks het vroeër die week ʼn dringende interdik in die hooggeregshof in Johannesburg bekom nadat betogende lede van die EFF Maandag groot skade aan verskeie Clicks-winkels aangerig en die winkels verhoed het om sake te doen. Lees meer.

Ramptoestand weer verleng

Ten spyte van toenemende oproepe dat die regering die afsonderingsregulasies wat in reaksie op die Covid-19-pandemie ingestel is heeltemal ophef, het die kabinet intussen die ramptoestand met nog ʼn maand tot 15 Oktober verleng. Lees meer.

Departement sê oor lugmag se vliegtuig na Zim

Die departement van verdediging het Donderdag reageer op berigte dat ʼn ANC-afvaardiging na Zimbabwe gereis het met ʼn vliegtuig van die Suid-Afrikaanse Lugmag. Lees meer.

 

 

Pin It on Pinterest