Maroela Media is ‘n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela – gemeenskap wil wees.

  • EFF weier Sanef-vergadering ná aanval op joernaliste
  • Vrou ‘het naels af baklei’ teen plaasaanvallers
  • Weermag gryp in om Vaalrivier te red

EFF weier Sanef-vergadering ná aanval op joernaliste

Die Ekonomiese Vryheidsvegters het ʼn versoek van die Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteursforum (Sanef) om dreigemente en intimidasie teen joernaliste te bespreek, van die hand gewys. Dit volg ná uitlatings deur EFF-leier Julius Malema. Lees meer.

 

Vrou ‘het naels af baklei’ teen plaasaanvallers

Desireé en Tobie het in vrees gelewe sedert hulle op 14 Oktober wakker geword het met die woorde “Dubula iBhunu”, “Viva Juju” en “Viva EFF” met rooi verf op hul voordeur aangebring. “Dubula iBhunu” is die omstrede struggle-lied bekend as “Kill the boer” wat spruit uit die apartheidsera. Lees meer.

 

Weermag gryp in om Vaalrivier te red

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) rol van vandag af hul moue op om die Vaalrivier skoon te maak nadat die rivier as gevolg van riool besoedel geraak het. Lees meer.

Wêreldwyd
Wêreldwyd

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest