Leesvordering:

Meer as 100 lande wat Suid-Afrikaners sonder ʼn visum kan besoek  

Jul 26, 2018

Vir die eerste keer ooit gee jou Suid-Afrikaanse paspoort jou nou toegang tot meer as 100 lande ter wêreld sonder dat jy ʼn visum nodig het. Sekuriteitsmaatreëls wat die vervalsing van paspoorte verhoed, is verskerp en meer lande maak weer hulle hekke vir Suid-Afrikaners oop.

Die Verenigde Koningkryk is een van die lande waar ’n visum vir Suid-Afrikaners ’n vereiste geword het nadat die departement van binnelandse sake betrap is met die uitreiking van onwettige paspoorte. Die sekuriteitskenmerke van die fisiese paspoort is intussen verbeter en vertroue in Suid-Afrikaanse paspoorte is weer aan die toeneem.

Volgens die Henley-paspoortindeks is Japan en Singapoer se paspoorte die waardevolste ter wêreld met toegang tot 189 lande sonder ’n visum. Duitsland is kort op hulle hakke, gevolg deur Denemarke, Swede en Italië. Suid-Afrika is 50ste en het toegang tot 102 lande sonder ’n visum. Jou Suid-Afrikaanse paspoort gee jou toegang tot onder andere Ierland, Argentinië, die Seychelle-eilande, Suid-Korea, Singapoer, Israel en die Russiese Federasie sonder dat jy vooraf hoef vir ʼn visum aansoek te doen. Jy kan sonder ’n visum vir 90 dae in Mauritius bly, 120 dae in Armenië, 4 maande in Fidji en tot 6 maande op ’n keer in Barbados.

Toegang met Suid-Afrikaanse paspoorte het sedert 2017 reeds met 12 lande vermeerder, maar ander Afrika-lande soos Seychelle en Mauritius is Suid-Afrika steeds voor met onderskeidelik ’n 24ste en 28ste plek op die ranglys.

Toegang tot ander lande raak wêreldwyd al belangriker. Sowat 20 000 beleggers is jaarliks op soek na dubbele burgerskap en lande raak al meer afhanklik van toerisme. Dit is steeds die moeite werd om jou Suid-Afrikaanse paspoort te behou, selfs al woon jy reeds in ’n ander land. Meer lande word elke jaar by die lys gevoeg en dit maak dit nie net makliker om te reis nie, maar ook goedkoper!

Hier is ’n tabel wat aandui vir watter lande jy ’n visum benodig.

Tabel: Lande wat Suid-Afrikaners sonder ʼn visum kan besoek

LANDE WAARVOOR ʼn VISUM NIE BENODIG WORD NIE AANTAL DAE TOEGELAAT LANDE WAARVOOR ʼn VISUM BENODIG WORD
Angola 30 dae Australië
Antigua en Barbuda 1 maand België
Argentinië 90 dae China
Armenië 120 dae Colombië
Azerbeidjan 3 maande Denemarke
Bahrein Duitsland
Barbados 6 maande Egipte
Belize Eritrea
Benin 90 dae Finland
Bolivië 90 dae; visum met aankoms Frankryk
Botswana 90 dae Griekeland
Brasilië 90 dae Hongarye
Chili 90 dae Irak
Comore Visum met aankoms Italië
Costa Rica 90 dae Jemen
Dominica 6 maande Kanada
Dominikaanse Republiek Koeweit
Ecuador 90 dae Kroasië
El Salvador 90 dae Kuba
Ethiopië Visum met aankoms Libanon
Fidji 4 maande Liberië
Filippyne 30 dae Libië
Gaboen 30 dae Luxemburg
Georgië 1 jaar Mali
Ghana Visum met aankoms Malta
Grenada 3 maande Marokko
Guatemala 90 dae Mexiko
Guyana 3 maande Monaco
Haïti 3 maande Mongolië
Honduras 90 dae Montenegro
Ierland 3 maande Nederland
Indië 60 dae; E-visum Nieu-Seeland
Indonesië 30 dae Nigerië
Iran Visum met aankoms Noord-Korea
Israel 90 dae Noorweë
Jamaika 180 dae Oekraïne
Jordanië 30 dae; visum met aankoms Oostenryk
Kaap Verde Visum met aankoms Pakistan
Kambodja 30 dae; visum met aankoms Pole
Kenia 90 dae Portugal
Laos 30 dae Republiek van die Kongo
Lesotho 90 dae Roemenië
Madagaskar 30 dae; visum met aankoms Slowakye
Malawi 90 dae Slowenië
Maledive 90 dae Spanje
Maleisië 90 dae Switserland
Marshalleilande 90 dae Tonga
Mauritanië Tsjeggiese Republiek
Mauritius 90 dae Verenigde Arabiese Emirate
Mianmar 28 dae Verenigde Koningkryk
Mikronesië 30 dae Verenigde State van Amerika
Mosambiek 3 maande Viëtnam
Namibië 3 maande Ysland
Nepal 90 dae; visum met aankoms
Oman 30 dae; E-visum
Panama 180 dae
Paraguay 90 dae
Peru 180 dae
Rusland 90 dae
Rwanda 30 dae; visum met aankoms
Senegal
Seychelle 3 maande; visum met aankoms
Singapoer 30 dae
Sint Lucia 6 weke
Somalië 30 dae; visum met aankoms
Sri Lanka 30 dae; visum met aankoms
Suid-Korea 30 dae
Swaziland 30 dae
Tanzanië 90 dae
Thailand 30 dae
Tunisië 3 maande
Turkye 30 dae; visum met aankoms
Uganda Visum met aankoms
Uruguay 90 dae
Venezuela 90 dae
Zambië 90 dae
Zimbabwe 3 maande

 

Ander artikel: Vermy ‘n nagmerrie, doen navorsing voor jy reis

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

In ’n wêreld vol onbekendes is daar een bekende: Afrikaans is Groot. Dis ’n saamkomplek omjou taal, jou kultuur en jou menswees te vier. En die jaar is geen uitsondering wanneer diegrootste familie-reünie nóg vanaf 8 to 17 November 2024 in die SunBet Arena in...

AfriForum vier 18 jaar van selfdoen

AfriForum vier 18 jaar van selfdoen

AfriForum, ’n organisasie wat vandag meer as 315 000 lede in elke uithoek van die land verteenwoordig, vier vandag sy agtiende bestaansjaar. Dié burgerregteorganisasie is op 26 Maart 2006 vir die eerste keer aan die publiek bekendgestel in ’n berig oor sy...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest