Leesvordering:

Meer as 50 gedigte van bekroonde Vlaamse digter nou in Afrikaans beskikbaar

Jan 20, 2021

Enkele jare gelede was Luuk Gruwez – een van die mees gebloemleesde digters in die Nederlandse taal – nog ’n relatiewe onbekende naam vir die Afrikaanse poësieleser. Sedertdien het verskeie Afrikaanse vertalers hul hand aan dié digter se werk gewaag. Die bekroonde digter en letterkundige Hennie van Coller se eerste versameling vertaalde Gruwez-gedigte, Bandelose gedigte (2007), het veel gedoen om dié skrywer ook aan die Suid-Afrikaanse gehoor bekend te stel. Die insluiting van drie van Van Coller se vertalings in André P. Brink se Groot verseboek het boonop verseker dat Gruwez se werk nóg wyer gelees is.

In Weerbare weemoed sit Van Coller sy vertalings van Gruwez se gedigte uit sy jongste bundels – Lagerwal (2008), Wijvenheide (2012), De eindelozen (2015) en Bakermat (2018) – voort en bring nog nagenoeg vyftig gedigte tuis in Afrikaans. Gruwez gebruik die skoonheid van die taal om oor aktuele lewenskwessies te besin en om te vergoed vir ’n onvolkome bestaan. Taal bring dus weerbaarheid en pantser jou teen die lewe – ’n universele tema waarmee ook Suid-Afrikaanse en Afrikaanse lesers kan identifiseer.

Met Weerbare weemoed bied Van Coller ’n leesbare en onafhanklike teks, met gedigte gesitueer in hul oorspronklike geografiese en historiese konteks – teks wat ook vir die Afrikaanse leser bekend en eie sal klink en bewys dat taal in staat is om grense oor te steek.

Weerbare weemoed is nou beskikbaar by Kraal Uitgewers teen R180. Bestel dié bundel hier in die uitgewer se e-winkel.

Meer oor die outeur

Ilze Nieuwoudt

Ilze Nieuwoudt is die publikasiebestuurder by AfriForum.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

In ’n wêreld vol onbekendes is daar een bekende: Afrikaans is Groot. Dis ’n saamkomplek omjou taal, jou kultuur en jou menswees te vier. En die jaar is geen uitsondering wanneer diegrootste familie-reünie nóg vanaf 8 to 17 November 2024 in die SunBet Arena in...

AfriForum vier 18 jaar van selfdoen

AfriForum vier 18 jaar van selfdoen

AfriForum, ’n organisasie wat vandag meer as 315 000 lede in elke uithoek van die land verteenwoordig, vier vandag sy agtiende bestaansjaar. Dié burgerregteorganisasie is op 26 Maart 2006 vir die eerste keer aan die publiek bekendgestel in ’n berig oor sy...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest