Leesvordering:

Meer en meer Maart-malligheid – slegs vir AfriForum-lede  

Feb 27, 2020

Hou vas, want dit is tyd vir die lekkerste, lafste en luidrugtigste vakansie nóg. Staan opsy Desembers, want met Maart-malligheid en verspotte pryse op die allerlekkerste bordspeletjies by Kraal Uitgewers gaan hierdie vakansie propvol pret wees. Drie bordspeletjies – Die volgende stop, Die Groot Trek en Voetspore van Israel – is hierdie Maart beskikbaar teen ’n verspotte R250 elk. Onthou, moenie vir die gek gevang word en wag tot Gekkedag op 1 April nie, want dié aanbod geld slegs vir Maart. So spring gou en koop sommer jou bordspeletjie by Kraal Uitgewers se veilige én gerieflike aanlyn winkel. Aanbod slegs geldig vir AfriForum-lede. Om meer uit te vind oor dié bordspeletjies of om van die aanbod gebruik te maak, klik hier. (Gebruik die kodewoord: Skoolvakansie)

Die volgende stop is ’n prettige, lag-tot-jy-lê-bordspeletjie vir die hele gesin. Reis Suid-Afrika van hoek tot kant plat met hierdie unieke speletjie waarin jou beste stomstreektegnieke, algemene kennis en blitsverduidelikings van eiesoortige en eg Suid-Afrikaanse plekke, idees en selfs spreekwoorde handig te pas sal kom. Dit is geskik vir spelers 10 jaar en ouer en die perfekte tydverdryf vir ervare reisigers sowel as tuisblyers. Dié duursame bordspel sluit 300 aktiwiteits- en vraagkaarte in vir ure se speelgenot. Kry Die volgende stop-bordspel hier.

Die Groot Trek-bordspeletjie neem deelnemers op ’n kruis-en-dwars-roete oor Suid-Afrika vanaf die Kaapkolonie tot in die skadu van die Soutpansberge in die verre noorde. Die missie? Voltooi die voorgestelde roete van die Voortrekkers van ouds, maar wees op jou hoede, want daar is vele afdraaipaaie, gevaarlike riviere, wilde leeus en die moordlustige tsetsevlieg wat jou trek kan kniehalter. Kom eerste by die eindbestemming aan en jou trek wen, maar dit sal nie maklik wees nie. Speelkaarte bied tientalle uitdagings – soos wanneer jy moet wag vir jou mielies om geoes te word; of wanneer jou wa herstelwerk benodig; en wees gewaarsku, as jy die gevreesde Drakensberge bereik, gaan dinge maar teen ’n slakkepas gaan. Herontdek die geskiedenis van die Groot Trek op hierdie prettige manier en leer meer oor die Gelofte, vind uit na wie plekke soos Potchefstroom vernoem is én leer ken die Voortrekkerleiers op hul voorname! Koop Die Groot Trek-bordspeletjie hier.

Hier is dit uiteindelik – ’n Bybelse bordspeletjie vir die hele gesin en dit boonop in Afrikaans! Voetspore van Israel lei spelers op ’n Bybelse avontuur deur die woestyn. Volg in die voetspore van die antieke Israeliete vanaf die uittog uit Egipte, deur 13 stoppe tot in Jerusalem in die Beloofde Land. Dié speletjie is geskik vir oud én jonk. Leer hiermee meer oor hoe God sy volk toe én vandag nog lei. Tot ses spanne kan saam speel aan Voetspore van Israel en terwyl julle skater oor die ander spanne se stomstreke gebaseer op Bybelse gebeure, leer almal so saam-saam die Bybelse geskiedenis. As jy ’n woordraaisel-foendie is of jou storie ken met die identifisering van prente, sal jou span sommer in ’n japtrap die woestyn met al sy uitdagings kan kafdraf. Die bordspeletjie bevat 300 speelkaarte met uiteenlopende kennisvrae. Koop Voetspore van Israel hier.

Meer oor die outeur

Ilze Nieuwoudt

Ilze Nieuwoudt is die publikasiebestuurder by AfriForum.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

In ’n wêreld vol onbekendes is daar een bekende: Afrikaans is Groot. Dis ’n saamkomplek omjou taal, jou kultuur en jou menswees te vier. En die jaar is geen uitsondering wanneer diegrootste familie-reünie nóg vanaf 8 to 17 November 2024 in die SunBet Arena in...

AfriForum vier 18 jaar van selfdoen

AfriForum vier 18 jaar van selfdoen

AfriForum, ’n organisasie wat vandag meer as 315 000 lede in elke uithoek van die land verteenwoordig, vier vandag sy agtiende bestaansjaar. Dié burgerregteorganisasie is op 26 Maart 2006 vir die eerste keer aan die publiek bekendgestel in ’n berig oor sy...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest