Leesvordering:

Min werkservaring? Bewys jouself só

Aug 1, 2019

Om ervaring op te doen kort jy ’n werk en om ’n werk te kry, kort jy ervaring. Maar dié paradoks hoef jou nie moedeloos te maak nie. Daar is talle maniere om jou ervaring uit te brei, vir jouself vaardighede te bou en met selfvertroue jouself in die werksplek bewys. Of jy nog werk soek of pas begin het, kan jy op dié maniere steeds jou staal wys, selfs al het jy nog min ervaring:

Verbreed kennis en bou vaardighede

Werkgewers besef al meer dat die aantal jare wat jy in die arbeidsmark is, nie gelykstaande is aan jou effektiwiteit nie. Praktiese ervaring kraai steeds koning, maar jy kan steeds vir jou nuwe of toekomstige werkgewer wys dat jy nie gras onder jou voete laat groei nie. Om ’n aantreklike werknemer in die arbeidsmag te word beteken nie jy moet sit en wag tot belangstellende maatskappye na jou kyk nie, maar eerder dat jy jouself meer aantreklik moet maak. Hoe doen jy dit? Lees gereeld en hou ’n lys van al die waardevolle artikels en boeke wat jy lees, doen kort praktiese aanlynkursusse of palm vir jouself ’n ekstra vaardigheid in deur middel van Youtube videos. Verbreed jou kennis en vaardighede op praktiese maniere en jy gaan minstens vir ’n werkgewer kan wys dat jy wil en kan leer.

Veral met toetree poste kan jou min ervaring selfs ’n bonus wees, dit beteken jy kan dinge anders doen en jy is nog bereid om te leer. Die feit dat jy uit jou pad gaan om nuwe vaardighede by te leer, is opsigself ’n lokaas vir enige werkgewer.

Passie en nuuskierigheid

Werkgewers maak dikwels duur foute deur werknemers aan te stel wat op papier en in ervaring die paal haal, maar bloot net nie gedrewe is vir daardie pos nie. Werkgewers slaan ag op hoe passievol, energiek en ingelig jy oor hulle industrie of maatskappy is. Iemand wat passie het, is bereid om harder werk, meer te doen en is ’n beter spanspeler. Wys in jou onderhoud dat jy nuuskierig is oor die industrie en dat jy passievol is oor die maatskappy of die werk.

Skep jou eie ervaring

As boeke lees, aanlynkursusse en passie nie die werk doen nie, is dit tyd om in diens ervaring op te doen. Dit is soms beter om ’n maand lank gratis te werk vir ’n nie-winsgewende maatskappy of ’n internskap te doen, as wat dit is om werk te soek en niks te kry nie. Sodra jy jouself beskikbaar stel, selfs vir gratis, het jy skielik mede-werknemers en ’n netwerk van mense wat moontlik vir jou deure kan oopmaak. Verder gee dit jou ook werklike ervaring wat jy op jou CV kan aanbring. Die ideaal is natuurlik dat jy ’n vrywilliger is op ’n plek wat verwand is aan die industrie waarin jy belangstel, maar selfs al is dit nie, wys jou bereidheid om ervaring op te doen en geleenthede sal opduik!

Lewenservaring 

Jy mag dalk dink jy het min ervaring, maar lewenservaring skemer beslis in ’n werkonderhoud deur. As jy belangrike lesse geleer het van jou drie maande in Engeland, op ’n Studenteraad gedien het of selfs moeilike tye deur is, deel dit in jou onderhoud.

Toepassings en aanlyn hulpbronne wat kan help:

  • TED: ’n Video-platform met duisende inspirerende videos van die kunste, wetenskap en globale kwessies.
  • Udemy: ’n Aanlyndiens wat kursusse aanbied, enige iets van kitaar speel tot webontwikkeling.
  • Duolingo: Die maklikste manier om ’n nuwe taal te leer!
  • Mind Tools: ’n Toepassing wat hulpbronne bied om jou leierksap en bestuursvermoeë te ontwikkel.

Iemand wat passievol is, nuuskierig is om te leer en moeite doen om vir hulself ervaringe te skep – is iemand wat werknemers oor hulle voete sal val om te kry en te behou. Min ervaring beteken jy het opsies en jy het boonop nog min genoeg verantwoordelikhede om nuwe ervaringe aan te pak!

Hierdie artikel het oorspronklik op AfriVriendelik se webtuiste verskyn.

AfriForum Netwerk is ’n inisiatief van AfriForum waar verbruikers sakeondernemings in Suid-Afrika op ’n webplatform kan opspoor.

AfriForum Netwerk is nie net vir Afrikaanse ondernemings nie, maar ook vir Engelse ondernemings wat hulle dienste ook in Afrikaans aanbied. Dié platform is nie net tot voordeel van verbruikers en entrepreneurs nie, maar ook tot voordeel van Afrikaans.

AfriForum Netwerk is tot diens van kliënte, asook klein én groot sakeondermenings reg oor Suid-Afrika.

Nog vrae? Stuur ’n e-pos vir ons na afrivriendelik@afriforum.co.za of besoek ons Facebook-blad.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Soos jy nooit die reuk van ’n stofpad ná die reën sal vergeet nie, so het elke Suid-Afrikaner ervaringe gehad wat ’n mens nie anders kan as om te mis nie. Sê wat jy wil, Suid-Afrika is uniek. Daar is nie veel plekke in die wêreld waar jy oor soveel mooi vlaktes kan...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest