Leesvordering:

Moet Suid-Afrikaanse ekspats Suid-Afrikaanse belastingopgawes indien?

Jun 17, 2020

Suid-Afrikaanse ekspats en Suid-Afrikaners wat tydelik in die buiteland werk is dikwels onseker of hulle ’n belastingopgawe in Suid-Afrika moet indien.

Enige persoon wat in Suid-Afrika ’n inkomste verdien, byvoorbeeld uit huurgeld, moet ’n belastingopgawe indien. Om vrygestel te word van die indiening van ’n belastingopgawe, moet jy aansoek doen om vrystelling van SA belasting of om nie as ’n Suid-Afrikaanse belastinginwoner beskou te word nie. Nóg belastingvrystelling op grond van ’n belastingooreenkoms nóg ’n eensydige belastingvrystelling stel jou vry van die indiening van ’n belastingopgawe.

Suid-Afrikaners wat in die buiteland woon, is waarskynlik verplig om steeds belastingopgawes in Suid-Afrika in te dien selfs al is hulle belastinginwoners van ’n ander land. Ekspats wat in die buiteland werk en die sogenaamde 183/60 dae-vrystelling wil eis, moet ’n belastingopgawe in Suid-Afrika indien om die vrystelling te kan eis.

Dit is belangrik om te verstaan dat die 183/60 dae-vrystelling slégs op jou besoldiging van toepassing is. Alhoewel die SAID jou salaris van belasting vrystel, is jou inkomste uit rente, huur, dividende, pensioen, annuïteite en kapitaalwins steeds belasbaar.

Ondanks die 183/60 dae-vrystelling mag die SAID alle “ander inkomste” soos passiewe inkomste, direkteursgeld en enkelbedrae belas; die enigste uitsondering is as ’n belastingooreenkoms in werking tree. Belastingooreenkomste en valbylreëls om te bepaal waar ’n individu belastingpligtig is, verwys selde na die aantal dae wat ’n persoon moet deurbring in een van die lande wat die ooreenkoms aangaan.

Die meeste ekspats wat langer as 183 dae in die Verenigde Koninkryk woon, of selfs net 90 dae, kan belastinginwoners van slegs die VK wees en belastingvrystelling in SA eis op grond van ’n belastingooreenkoms. Die ooreenkoms kan belastingvrystelling deur die SAID op rente, pensioen en ander inkomste insluit, maar jy moet ’n belastinginwoningsertifikaat verkry (uitgereik deur HMRC in die VK of die ATO in Australië) en ’n belastingopgawe indien voordat jy volle belastingvrystelling van die SAID kan eis. Hierdie “volle” belastingvrystelling sluit waarskynlik nie alle SA inkomste en winste in nie; opbrengste uit nieroerende eiendom (huur en winste op SA “grond”) word altyd deur die SAID belas. In sekere gevalle is jou nuwe vaderland ook daarop geregtig om jou te belas op voorwaarde dat hulle jou krediet gee vir die belasting wat jy aan die SAID betaal.

Die volgende is belangrike datums in die 2020-belastingseisoen vir individue:

  • 1 September 2020 tot 31 Januarie 2021: eFiling-seisoen vir belastingbetalers wat vir voorlopige belasting geregistreer is
  • 1 September 2020 tot 31 Januarie 2021: eFiling-seisoen vir belastingbetalers wat vir voorlopige belasting geregistreer is

Bron: https://www.sars.gov.za/TaxTypes/PIT/Tax-Season/Pages/default.aspx

Die meeste inwoners van Suid-Afrika wat buitelandse inkomste verdien en die 183/60 dae-vrystelling mag eis, moet ’n jaarlikse belastingopgawe as voorlopige belastingbetaler indien. Hulle moet ook voorlopige belastingopgawes aan die einde van Augustus en aan die einde van Februarie elke jaar indien. ’n Paar uitsonderings is van toepassing. As jy twyfel, is dit raadsaam om ’n belastingkonsultant te raadpleeg.

 

Jy kan gerus vir Fanus Jonck by tax@jonck.net kontak as jy belastingadvies benodig.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

In ’n wêreld vol onbekendes is daar een bekende: Afrikaans is Groot. Dis ’n saamkomplek omjou taal, jou kultuur en jou menswees te vier. En die jaar is geen uitsondering wanneer diegrootste familie-reünie nóg vanaf 8 to 17 November 2024 in die SunBet Arena in...

AfriForum vier 18 jaar van selfdoen

AfriForum vier 18 jaar van selfdoen

AfriForum, ’n organisasie wat vandag meer as 315 000 lede in elke uithoek van die land verteenwoordig, vier vandag sy agtiende bestaansjaar. Dié burgerregteorganisasie is op 26 Maart 2006 vir die eerste keer aan die publiek bekendgestel in ’n berig oor sy...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest