Leesvordering:

Moordwalvisse in Puget Sound

Sep 21, 2017

Ons het die “Amerikaanse Serengeti” besoek wat een van die grootste konsentrasies walvisse, dolfyne en seelewe ter wêreld huisves, waaronder die simboliese moordwalvis (orca). As gevolg van wydverspreide veldbrande in British Columbia en elders, is groot dele van die Pacific Northwest, ook Seattle, met ʼn dik laag rook bedek. Terselfdertyd het ʼn hittegolf die streek getref. Ten spyte hiervan het ons ʼn heerlike oggend geniet en twee skole moordwalvisse gesien.

Op 6 September 2017 het ons van Edmonds (net noord van Seattle) af ʼn halfdagrit op die Chilkat Express onderneem. Omtrent ʼn uur na ons vertrek, terwyl ons suid vaar in Puget Sound, sien ons moordwalvisse! Die Southern Resident moordwalvisse is eintlik ’n groot, uitgebreide familie, of clan, wat drie skole insluit: die J-, K- en L-skole. Elke skool bestaan uit ’n aantal families wat weer in kleiner groepe verdeel en ouer walviskoeie, gewoonlik oumas of oumagrootjies, as leiers het. Beide walvisbulle en -koeie bly lewenslank in noue kontak met hulle moeders. Ons het ʼn skool transiënt-moordwalvisse ook gesien; dit is die moordwalvisse wat soogdiere vreet.

Puget Sound Express is ’n trotse lid van die Pacific Whale Watch Association (PWWA), toegewy aan verantwoordelike, volhoubare besigtiging en bewaring van seelewe in die Pacific Northwest. Die Chilkat Express is ʼn straalaangedrewe skeerboot (‘hydrofoil jet boat’). Dit het nie ’n skroef nie en is daarom een van die stilste bote waarmee ’n mens kan walvisse kyk.

Wild animals would not stay in a country where there were so many people. Pa did not like to stay, either. He liked a country where the wild animals lived without being afraid.

Laura Ingalls Wilder

 

Fotografie deur Ronel van Zyl

Oor die skrywer

’n Passie vir die lewe

Ek is ’n Britse Suid-Afrikaner wat in Londen woon en my passie vir Londen, Groot-Brittanje, my geboorteland Suid-Afrika, geleenthede en my reise deel. Ek is ’n vryskutfotograaf en het altyd my kamera by my. Ek glo ’n foto sê baie meer, daarom vang ek graag spesiale oomblikke in beeld vas.

Lees Ronel se blog by https://ronelvanzyl.blogspot.co.uk

Meer oor die outeur

Ronel van Zyl

’n Passie vir die lewe Ek is ’n Britse Suid-Afrikaner wat in Londen woon en my passie vir Londen, Groot-Brittanje, my geboorteland Suid-Afrika, geleenthede en my reise deel. Ek is ’n vryskutfotograaf en het altyd my kamera by my. Ek glo ’n foto sê baie meer, daarom vang ek graag spesiale oomblikke in beeld vas. Lees Ronel se blog by https://ronelvanzyl.blogspot.com

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

In ’n wêreld vol onbekendes is daar een bekende: Afrikaans is Groot. Dis ’n saamkomplek omjou taal, jou kultuur en jou menswees te vier. En die jaar is geen uitsondering wanneer diegrootste familie-reünie nóg vanaf 8 to 17 November 2024 in die SunBet Arena in...

AfriForum vier 18 jaar van selfdoen

AfriForum vier 18 jaar van selfdoen

AfriForum, ’n organisasie wat vandag meer as 315 000 lede in elke uithoek van die land verteenwoordig, vier vandag sy agtiende bestaansjaar. Dié burgerregteorganisasie is op 26 Maart 2006 vir die eerste keer aan die publiek bekendgestel in ’n berig oor sy...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest