Leesvordering:

ʼn (Ei)land in fokus: Ierland

Jun 8, 2021

Ierland is die tweede grootste eiland ter wêreld en is bekend vir sy sprokiesagtige kastele en ruïnes wat weggesteek lê tussen die welige groen, golwende heuwels, sy knus kroeë, kookkuns, ryk geskiedenis en Ierse wolfhonde. Maar voordat jy sak en pak na dié sprokieseiland verhuis of selfs reis, wil ons jou eers touwys maak oor die Ierse tradisies, weer, lewenskostes en onderwys- en gesondheidstelsels.

(Dalk) vreemd maar nie ongehoord nie

Volgens die Iere beteken ‘n jeukerige neus net een ding: kort voor lank gaan jy in ‘n geveg betrokke raak. Dit is ‘n algemene bygeloof waarna dikwels op die eiland verwys word.

ʼn Ou Ierse tradisie wat ook steeds op die eiland lewend is, is familie en vriende, en selfs mense wat jy nog nooit voorheen ontmoet het nie, wat by jou begrafnis “waak” om hul eer te betoon. Dit mag dalk vir die res van die wêreld vreemd klink, maar vir die Iere is dit niks ongewoon nie.

Die Groen Eiland

Daar word gereeld na Ierland verwys as die Groen Eiland omdat dit so baie reën. Somermaande is warm en nát en wintermaande koud en nát!

Ierland se klimaat is matig – dit word gewoonlik nie baie warm of baie koud nie – maar jy kan al vier seisoene in een dag beleef. Die weer is gereeld ’n onderwerp van bespreking omdat dit so vinnig verander.

Die toeristeseisoen in Ierland begin einde Junie en duur die hele somer. Julie en Augustus is die gewildste, maar dit is ook dikwels duurder om dan te reis.

Onderwys

Die onderwysstelsel in Ierland is van die beste ter wêreld. Sewe van hulle topuniversiteite wat op internasionale samewerking fokus se navorsing word wêreldwyd erken. Ierse gegradueerdes het toegang tot ‘n groot verskeidenheid geleenthede en beroepe regoor die wêreld.

Hoop vir ’n pot goud aan die einde van die reënboog

Vroeër vanjaar het die Irish Times berig dat Ierland volgens die prysvergelykingswebwerf Numbeo die 13de duurste land is om in te woon. Numbeo se bevindings is gegrond op die gemiddelde prys van goedere en dienste in 139 lande. Daarvolgens is Ierland duurder as lande soos Frankryk en Hongkong.

Die hooflewenskostes sluit verbruikersgoedere soos kruideniersware, vervoer, nutsdienste en restaurante in. Omdat Ierland ’n eiland is, is alledaagse produkte heelwat duurder as in ander lande. As huur en verblyf ingesluit word, is Ierland in die 10de posisie op die lys. Verblyf is veral duur in stede soos Dublin, Cork en Limerick.

’n Aandjie uit is ook baie duur; selfs net ’n fliek kan jou ʼn hele paar euro uit die sak jaag.

Goud in die mond

Ierland se gesondheidsorg is van die beste ter wêreld en kos net ’n fraksie van wat dit in ander ontwikkelde lande kos. Boonop is Ierland een van die min lande wat buitelanders toelaat om dadelik van hulle gesondheidsorgstelsel gebruik te maak sonder om eers aan te meld. Dit geld veral vir dié wat Ierland hulle tuiste wil maak en slegs hulle visums hoef te wys.

Die vreemdste om gewoond te raak

Moenie antwoord wanneer iemand jou vra “How are ye?” nie (hulle sê “ye”, nie “you” nie). Aan die begin het ek altyd heel ordentlik teruggeantwoord dat dit goed gaan en nogal gevra: “And you?”, maar dan het ek net ‘n skewe, verwarde uitdrukking teruggekry. Ek het vinnig geleer dis net die Iere se manier van groet; hulle stel nie eintlik belang in hoe dit met jou gaan nie. Die swaar Ierse aksent is nogal moeilik verstaanbaar wanneer hulle met jou gesels en boonop het hulle snaakse sêgoed en uitdrukkings wat ons nie altyd so mooi verstaan nie, soos “grand” (goed of aanvaarbaar – nie uitstekend of wonderlik nie) en “craic” (prettig of nuuswaardig). – Elsje du Toit

Lees ook: Vyf gratis dinge om te doen en te sien in Dublin

Foto’s: Elsje du Toit

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

Uit en tuis: ’n e-pos uit Nederland

Uit en tuis: ’n e-pos uit Nederland

Uit en tuis is ’n rubriek waarin ons gesels met mense wat in die buiteland woon, of wat daar gewoon en gewerk het, maar weer terug is in Suid-Afrika. Ons hoor graag van enigeen wat hul belewenisse met ons wil deel. Vandeesweek gesels ons met Natasha Viljoen wat al ses...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest