Wanneer dit by reis of migrasie kom, is een van die moeilikste vrae wat ingepak moet word en wat moet agterbly.  Soms kry emosies die oorhand en word goed ingepak wat van weinig nut gaan wees wanneer by die bestemming aangekom word. 

Vensters en beddens het byvoorbeeld nie in alle lande dieselfde standaard afmetings nie.  Maak dus seker of die gordyne en beddegoed sal pas voordat jy dit inpak.  Vergewis jou ook van die doeanevereistes in die bestemmingsland.  Sommige lande laat nie oop vure toe nie, dus sal die geliefde braaier dalk moet agterbly.

Verder gebruik alle lande ook nie dieselfde kraagstroom nie en mag jou elektriese apparate nutteloos wees oorkant die water, of peperduur omskakeling vereis.  ‘n Paar vrae voordat die tasse toegerits word of die skeepsvraghouer gesluit word, kan duur foute voorkom.

Stuur gerus julle stories oor sulke glipsies of wenke of vrae aan Wêreldwyd – ons hoor graag van julle!

Hierdie artikel is ook beskikbaar in: English

Wêreldwyd admin
Wêreldwyd admin

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest