Leesvordering:

‘n Heildronk op Len Muller se nuwe musiekvideo!

Apr 4, 2020

Die uiters talentvolle Len Muller het pas sy musiekvideo van sy nuutste enkelsnit, HEILDRONK, vrygestel.

“Die lied laat my gelukkig voel en help my onthou dat jy nie alleen deur die lewe hoef te gaan nie. Dis die moeite werd om saam met familie en vriende te stap en nie jouself af te sonder nie… soos ek in die verlede nogal geneig was om te doen,” verduidelik dié blondekop ster oor die goedvoel-snit wat hy saam met Jattie de Beer (met die hulp van Kaleidoskoop se Anique Jordaan) geskep het. “’n Mens is armer sonder ’n kerk, familie en gemeenskap. ’n Mens is nie ’n eiland nie…”

Volgens Len, was sy skoonfamilie se tradisie om jaarliks ’n groot kuiergeleentheid van die Curriebekerfinaal te maak, die inspirasie agter sy nuutste vrystelling. “Die hele familie daag op vir hierdie rugbynaweek en dit is iets besonders vir my,” deel hy. “Alhoewel dit aanvanklik ’n kultuurskok was, is dit nou iets waarna ek uitsien en HEILDRONK is gebore uit die feit dat ek die waarde van gemeenskap en samesyn eerstehands kon sien en ervaar.”

Len se vrou – Chanél – is ook te sien in hierdie pragtige musiekvideo. “Dit was nog altyd my vrou Chanél se droom om eendag met haar trourok (Carike Nel Design) in die see in te dans. Ons wou ook graag ’n paar van ons avonture saam uitbeeld en die video by van ons gunstelingplekke skiet om die intimiteit van die lied uit te beeld,” sê hy. Chanél en Nico Welgemoed was ook die kreatiewe breine agter die beeldmateriaal, wat rondom die Kaapse Skiereiland en Valsbaai verfilm is.

Hierdie opgewekte nommertjie volg in die voetspore van Oorgenoeg, die kunstenaar se vorige enkelsnit en video waarin hy sy frustrasie oor die armoede in die land uitspreek. Dit is deur Theo Crous van Bellville Studios vervaardig en is sy eerste snit wat op al die radiostasies waarheen dit gestuur is speeltyd gekry het. Dis ook die eerste liedjie wat hy saam met sy sussie, Miemie Blaauw, opgeneem het en haar stem vul syne perfek aan.

Beide snitte vorm deel van sy opkomende album wat op die oomblik in die afrondingsfase is en later hierdie jaar vrygestel word.

Deesdae woon die musikant in die Kaap en voel hy bevoorreg om elke dag op sy branderplank af te skop. Buiten vir sy nuwe album, het hy onlangs ’n nuwe agentskap begin wat ander kunstenaars bestuur, soos Danie du Toit (Reënwolf), en vir hulle toere reël. Hy is ook besig om liedjies vir Caroline Grace en Kurt Darren te skryf. Die kunstenaar is ook lid van die musiekbeweging, Musiek Soos Grond, saam met Joshua na die Reën, Kaleidoskoop, Leon Gropp, Lizandra Winter en Liani Reynolds, wat in 2019 gestig is.

HEILDRONK is ’n lekkerluister treffer wat voortbou op die unieke Afrikaans-Akoestiese Folk-styl waarvoor Len Muller bekendheid verwerf het. Dit stel nie net sy vaardighede as liedjieskrywer en musikant behoorlik ten toon nie, maar nooi jou ook uit om spontaan saam te sing en met nuwe oë na die mense in jou lewe te kyk. “Ek dink die liedjie sal aanklank vind by alle ouderdomme en dat dit belangrik is om mense te herinner om nie familie, vriende en samesyn as vanselfsprekend te aanvaar nie,” sê hy.

Kyk die video hier:

Ji

Heildronk is op alle digitale platforms hier beskikbaar: https://ditto.fm/heildronk

SOSIALEMEDIASKAKELS

Facebook: https://www.facebook.com/lenmuller1/?fref=ts

Twitter: @lenniemuller

Instagram: @lennie.muller

Webblad: www.lenmuller.co.za

YouTube: www.youtube.com/lenniemuller

SoundCloud: www.soundcloud.com/lenmuller

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Soos jy nooit die reuk van ’n stofpad ná die reën sal vergeet nie, so het elke Suid-Afrikaner ervaringe gehad wat ’n mens nie anders kan as om te mis nie. Sê wat jy wil, Suid-Afrika is uniek. Daar is nie veel plekke in die wêreld waar jy oor soveel mooi vlaktes kan...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest