Leesvordering:

Is ’n kapitaalwinsuitkering van ’n Suid-Afrikaanse trust belasbaar in die hande van ’n nie-inwoner?

Mar 16, 2017

Vraag: My kliënt is ’n nie-inwoner vir belastingdoeleindes en het ’n uitkering – kapitaalwinste – van ’n testamenttrust ontvang. Ons wil weet of ons dit in sy plaaslike belastingopgawe moet insluit, aangesien hy hierdie jaar ook al ander kapitaalwinsbelasting op die hals gehaal het.

Antwoord: Die kapitaalwins, soos in hierdie geval (byvoorbeeld ’n testament of mortis causa-trust), word behandel in terme van paragraaf 80(2) van die agtste bylaag tot die Wet op Inkomstebelasting (en wanneer oorgang plaasvind). Dit verwys slegs na ’n inwoner en sal daarom nie die kapitaalwins aan die begunstigde toeskryf wat nie ’n inwoner van die RSA is nie. Die SAID bespreek dit in detail in sy KWB-gids – bladsy 541 en verder. Sy eerste verklaring is soos volg:

The default position is that a trust must account for any capital gain or loss that arises when it disposes of an asset. As discussed in 14.11.1, paragraph 80 provides an exception to the default position by attributing a capital gain from the trust in which it arises to a resident beneficiary. No mention is made in paragraph 80(1) and (2) of a non-resident beneficiary, and so no attribution to such a person is possible. 

Kontak die belastingkonsultant Fanus Jonck met jou belastingnavrae (tax@jonck.net).

Meer oor die outeur

Sue-Ann de Wet

Sue-Ann de Wet is die Hoof van Diaspora by AfriForum.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

Uit en tuis: ’n e-pos uit Nederland

Uit en tuis: ’n e-pos uit Nederland

Uit en tuis is ’n rubriek waarin ons gesels met mense wat in die buiteland woon, of wat daar gewoon en gewerk het, maar weer terug is in Suid-Afrika. Ons hoor graag van enigeen wat hul belewenisse met ons wil deel. Vandeesweek gesels ons met Natasha Viljoen wat al ses...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest