Leesvordering:

ʼn Lamsvelletjie teen die reën

Aug 10, 2021

deur Maxie Heppell

Daar waar ek grootgeword het, was nie perde nie, net skaap en bees.   En ek was ʼn dorpskind, nie ʼn plaaskind nie, so ek het ook maar nie geweet hoe al die goeters werk nie.

Toe ons 18 maande terug Engeland toe kom, besef ek eers hoe lief hierdie mense vir perde is.

In Suid-Afrika sal jy jou kar stop en reverse om ʼn goeie kyk te kry.
Hier sal jy ʼn permanente afspraak by die fisio hê as jy jou kop wil swaai elke keer as jy hierdie pragtige diere gewaar!

En dit reën dit vreeslik baie; vir hierdie gebore Vrystater mos ʼn rare ding. Seker díé dat dit tot vandag toe vir my ʼn groot bekoring inhou.

Maar as dorpskind en diereliefhebber, kom my diere in huistoe as die sluise van die hemel oopmaak.  Ek verstaan ʼn perd se kind is nie ‘n troeteldier nie, maar nog steeds.

Aanvanklik wou my hart breek as ek sien hoe hulle oral in die reën rondstaan.  Sommige het die mooiste reënjassies aan en dit maak dit bietjie beter.  (Vir my.)

Noudat ek egter bietjie meer van perde en hulle dinge weet, weet ek nou ook dat om hulle stal toe vat elke keer wanneer dit reën, in die oomblik dalk vir hulle beter sal voel, maar op die lang duur is dit nie vir hulle goed nie.

Soms is stal toe gaan nie ʼn opsie nie.

Sien, perde wat lank op stal moet bly, vir watter rede ookal, se bene swel omdat hulle nie regtig beweeg nie, en hulle raak gefrustreerd.  So kan hulle hulself beseer ook wanneer hulle probeer uitbreek.

Soms bring die Here ons nie stal toe wanneer die storm losbars nie.
In Sy groot wysheid weet Hy dat alhoewel dit dalk vir my béter sal wees in die oomblik,
dit nie vir my die béste sal wees nie.
Nie op die lang duur nie.

Dan gooi Hy vir my ʼn karossie oor,
laat voel my weer die omarming van Sy nabyheid,
terwyl die hemelsproei meng met die water op my wange.

En al sou dit (vir my) beter wees om jou veilig in my skuilplek in te neem,
moet ek jou soms in die reën los waar Vader jou wil hê,
oorlat jou pyn sal swel as jy op een plek bly staan –
al is dit hier onderdak by my.

Die perde-eienaars hier is nie onmenslik nie.  Daar is altyd ʼn paar bome, of ‘n afdakbedryfie êrens in die kamp vir wanneer stal toe gaan nie ʼn opsie is nie.

Die Here los ons ook nie sonder ʼn skuilplek wanneer die donders raas en die blitse weerkaats nie.

“He will cover you with His feathers. He will shelter you with His wings.
His faithful promises are your armor and protection.”
Psalms 91:4 NLT

Sy beloftes is ons beskerming.

Vir Hosea bring Hy dan saam met die voorspelling dat Israel ʼn tyd van donderstorms sou ingaan, hierdie belofte…:

“I promise that from that day on, you will call me your husband instead of your master…
…I will accept you as My wife for ever, and instead of a bride price,
I will give you justice, fairness, love, kindness and faithfulness.
Then you will truly know who I am.”
Hosea 2:16 CEV

Die wete dat die regverdige God regverdig sal oordeel, in liefde en deernis met my sal deel en getrou sal bly aan hierdie beloftes van Hom, hou my warm, al trotseer ek die wildste storm.

Soms is stal toe gaan, nie ʼn opsie nie.
Soms is net ʼn Lamsvelletjie genoeg om die storm te deurstaan.

Jou inspirasie vir die week: Praise You in this storm

 

Besoek gerus Maxie se blog Genade is ’n dag lank 

Meer oor die outeur

Maxie Heppell

Maxie Heppell woon saam met haar man Èmil in Newbury in die Verenigde Koninkryk. Besoek gerus Maxie se blog Genade is ’n dag lank: https://genadeisndaglank.wixsite.com/genadeisndaglank/blog

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

Uit en tuis: ’n e-pos uit Nederland

Uit en tuis: ’n e-pos uit Nederland

Uit en tuis is ’n rubriek waarin ons gesels met mense wat in die buiteland woon, of wat daar gewoon en gewerk het, maar weer terug is in Suid-Afrika. Ons hoor graag van enigeen wat hul belewenisse met ons wil deel. Vandeesweek gesels ons met Natasha Viljoen wat al ses...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest