Leesvordering:

’n Vloed van nuwe reekse kom in April na ShowMax Internasionaal

Apr 11, 2018

Soos met alles in die lewe, bring ShowMax vir jou goeie en slegte nuus. Die goeie nuus is dat soveel nuwe inhoud in April na ShowMax se oorsese intekenaars kom dat jy nooit verveeld sal wees nie. Die slegte nuus? Jy mag dit dalk nie maak na al die braais en partytjies wat jy vir die maand beplan het nie, want jy gaan te besig wees om jou aan jou gunstelingprogramme te vergryp!

In April bring ShowMax vir jou vier splinternuwe reekse, 11 nuwe seisoene van ou gunstelinge en ’n spesiale vrystellingsepisode van Boer Soek ’n Vrou. Nuwe episodes van leefstylprogramme soos Glam Guru, Kunsvlyt, Kampkos en Leef Jou Reis sal elke week op ShowMax beskikbaar wees. Jy kan ook op hoogte van die ernstiger sy van dinge bly met Nasie in Gesprek en Verander Dinge en jy kan meer oor die fassinerende geskiedenis van die Afrikaner leer met die dokumentêre reeks Die Afrikaners as jou handleiding.

Hier is die topreekse om in April na uit te sien:

Hierdie reekse kom na ShowMax se internasionale intekenaars binne 24 uur van die kykNET-uitsending!

Boer Soek ’n Vrou spesiale episode

Die splinternuwe aanbieder van Boer Soek ’n Vrou, Afrikaanse sanger Leah, stel kykers voor aan die tien nuwe boere wat aan die volgende aflewering van die gewilde reeks gaan deelneem en verduidelik hoe dinge in seisoen 11 gaan werk. Kykers word uitgenooi om aan die nuwe groep boere te skryf.

Op ShowMax vanaf 2 April.

Koekedoortjie, seisoen 1

Dit is tyd vir ’n nuwe groep klein sjefs om nuwe vaardighede in die kombuis aan te leer en hierdie keer probeer hulle bak met aanbieders Nic van Wyk en Mari-Louis Guy weer aan die stuur. Sal hierdie seisoen se bakkampioen so indrukwekkend in die kombuis wees soos seisoen een se Kokkedoortjie-wenner, Edwin Theron?

Op ShowMax vanaf 5 April.

Die Ware Naarheid met Schalk Bezuidenhout

In hierdie spottende nuusprogram bring komediant Schalk Bezuidenhout vir jou die nuus met ’n bietjie ekstra skop en ’n paar giggels. Verwag skertsende verslaggewing oor die nuutste nuusgebeure en alternatiewe onderhoude met bekende mense om lig op die nuutste onderwerpe te werp.

Op ShowMax vanaf 10 April.

Mense Mense

Mense Mense is kykNET se splinternuwe sitkom, met niemand anders nie as Bobby van Jaarsveld en Sandra Prinsloo wat die rolle van twee sentrale karakters vertolk. Dit is ’n storie oor ’n groep vriende wat saam woon, werk en sosialiseer onder die dak van ’n enkele gebou.

Op ShowMax vanaf 10 April.

Sara se Geheim, seisoen 2

In ’n nuwe seisoen van Sara se Geheim probeer Maggie steeds om haar gesin bymekaar te hou terwyl sy met haar politieke loopbaan voortgaan. Haar geheim maak dit byna onmoontlik en spanning in die gesin verhoog.

Op ShowMax vanaf 11 April.

Vir toegang tot hierdie fantastiese programme en die hele katalogus met duisende flieks en reeksepisodes van die huis af, maak seker jy teken in op ShowMax.

Nog nie ’n ShowMax-intekenaar nie?

Kry nou ShowMax

Let wel: Hierdie reekse is slegs beskikbaar aan internasionale ShowMax-intekenaars in Andorra, Australië, Oostenryk, België, Kanada, Denemarke, Finland, Frankryk, Duitsland, Griekeland, Ysland, Indonesië, Ierland, Italië, Liechtenstein, Luxembourg, Malta, Monaco, Nederland, Nieu Seeland, Noorweë, Portugal, San Marino, Spanje, Swede, Switserland, die Verenigde Koninkryk en die Verenigde State. Nie alle titels is in alle gebiede beskikbaar nie. ShowMax bied jou die beste Suid-Afrikaanse reekse en flieks – van die klassieke tot die nuutste vrystellings; van volledige reekse tot kindergunstelinge.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Soos jy nooit die reuk van ’n stofpad ná die reën sal vergeet nie, so het elke Suid-Afrikaner ervaringe gehad wat ’n mens nie anders kan as om te mis nie. Sê wat jy wil, Suid-Afrika is uniek. Daar is nie veel plekke in die wêreld waar jy oor soveel mooi vlaktes kan...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest