Leesvordering:

Na ’n plaas in Afrika

Apr 23, 2021

Deur Irma Joubert

In 1939 bars die oorlogbom in Europa. Drie miljoen kinders word uit Londen ontruim na veiliger gebiede. Een van hulle is die sesjarige Charles Smith, op pad na ’n onbekende tante van sy pa in ’n klein dorpie in Skotland. By aunty Grace wag ’n nuwe lewe op hom.

Aan die anderkant van Europa ruk die Duitse Sesde Leër op teen Rusland. Tussen die manskappe is die vurige majoor Oswald von Stein, Hildegard se stiefseun. Voor hulle wag die Russiese winter, Stalingrad en die krygsgevangenekampe van Siberië. 90 000 word gevange geneem, net sesduisend oorleef.

Charles en Oswald beleef teenoorgestelde kante van die oorlog. Beide bevind hulself egter op pad na ’n plaas in Afrika waar hul paaie sal kruis met dié van Seretse Khama en Mentje de Vries.

Na ’n plaas in Afrika is die derde boek in die trilogie ná Immer wes en Mentje, kind van Pas-opkamp.

Irma Joubert is die gewildste en mees geliefde skrywer van Afrikaanse historiese fiksie. Anders as met haar vorige boeke, word die verhaal grootliks vanuit twee manlike perspektiewe vertel.

Prys: R350
Kategorie: Historiese fiksie

Koop Na ’n plaas in Afrika by LAPA Uitgewers hier.

Koop Na ’n plaas in Afrika (EBOEK) by LAPA Uitgewers hier.

Amazon: http://ow.ly/9rUK50EuLKP

 

 

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

’n Netwerk wat vir jou werk

’n Netwerk wat vir jou werk

Deur Sue-Ann de Wet Die belangrikheid van ’n ondersteunende netwerk kan nie onderskat word nie. Die bou van ’n netwerk in ’n nuwe land gaan oor meer as net sake doen of werk soek; dit gaan ook oor die skep van ’n ondersteuningsbasis wat jou kan help om die gevoel van...

Opwindende nuus: Akademia eersdaags in die Wes-Kaap

Opwindende nuus: Akademia eersdaags in die Wes-Kaap

Akademia betree vanjaar ʼn nuwe groeifase. Die akademiese jaar het op ʼn hoë noot begin deur onder meer die ingebruikneming van ʼn bykomende voltydse kampus in Centurion asook die bekendstelling van twee splinternuwe koshuise. Hiermee saam is die instelling, wat vanjaar...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest