Leesvordering:

Namibië – die kleurvolle woestynland

Jul 21, 2021

Namibië het sowat 2,5 miljoen inwoners en is ryk aan kultuur en natuurskoon. Dit is wel die droogste land in Afrika suid van die Sahara, maar dit is juis dít wat dié land besonders maak.

As jy Afrikaans is, is jy in goeie geselskap. Sowat 60% van die wit bevolking praat Afrikaans en alhoewel Engels die amptelike taal is, is net 1% van inwoners Engelse moedertaalsprekers. Amper 5% van die bevolking praat Portugees. Oshivambo word deur byna die helfte van die bevolking gepraat. Namibië is omtrent ’n mengsel van Europa en Afrika. Van die Bantu-sprekende Ovambu- en Herero-stamme (wat bekend is vir hulle kleurvolle Victoriaanse klere), die Damara-minderheidsgroep en die nomadiese San-mense, tot by die Duitse kultuur en argitektuur – Namibie sal sorg vir ’n werklike kleurvolle belewenis!

Hoogtepunte om te besoek

Vir ’n eg Duitse ervaring moet jy Swakopmund besoek en die plaaslike kultuur beleef en Duitse disse soos appelstrudel eet! Volgende op die lysie van besienswaardighede is natuurlik die hoogste sandduin in die wêreld by Sossusvlei. Jy kan die bekende duine soos Duin 45 en die Big Daddy-duin uitklim. Sossusvlei is in die Namib-Naukluft Nasionale Park geleë, wat die grootste bewaringsarea in Afrika is.

Nog ’n hoogtepunt is Etosha Nasionale Park, wat ideaal is as jy op jou eie tyd die natuurskoon en natuurlewe van Namibië wil aanskou. Etosha is meer as 22 000 km2 groot en huisves vier van die Groot Vyf. Die Etosha-pan is iets om te aanskou en is vier keer so groot soos Los Angeles, wat dit omtrent ’n unieke ervaring maak.

Die Skedelkus moet ook op jou lysie wees van plekke om te besoek! Dit is die noordelike deel van die Atlantiese kus van Namibië en word vereenselwig met talle mites en skipbreuk-verhale. Daar word gereken dat daar letterlik duisende skeepswrakke langs dié kus gestrand het. Die Portugese het die kus die “hek van die hel” genoem. Maak ’n punt daarvan om by Hentiesbaai ’n draai te maak – die enigste dorpie wat tegnies aan die Skedelkus geleë is, ongeveer ’n uur vanaf Swakopmund.

Om in Namibië te woon

Windhoek, Namibië se hoofstad, word gereken as die goedkoopste stad in die wêreld om in te bly, volgens Business Insider. Windhoek se bevolking is net sowat 322 500 mense. As jy daar woon sal jou maandelikse huur vir ’n 45m2-woonstel jou sowat N$11 800 kos (R1 is gelyk aan 1 Namibiese Dollar). ’n Luukse gemeubileerde woonplek van 85m2 sal jou tussen N$15 000 en N$20 000 uit die sak jaag. Wat sal ’n Big Mac-maaltyd jou kos? Sowat N$72. ’n Liter melk sal jou N$22 uitwerk en 12 eiers sal jou N$63 kos, ’n 2L Coke is N$22 en brood sowat N$11.

Openbare vervoer is beskikbaar, maar dit is beperk tot hoofpaaie. Hoewel dit goedkoop is, is die meeste van Namibië se toeristeaantreklikhede juis ver van die hoofpaaie af. ’n Bus sal jou beste opsie wees om tussen dorpe te beweeg as jy van openbare vervoer wil gebruik maak, maar om ’n motor self te huur is die beste opsie as jy besienswaardighede wil sien.

Sedert 2013 is alle staatskole in Namibië gratis en daar is twee openbare universiteite, naamlik die Namibiese Universiteit vir Wetenskap en Tegnologie en die Universiteit van Namibië. Sowat 8% van Namibië se BBP word aan onderwys bestee en daar is sowat een onderwyser vir elke 32 leerlinge.

Inkomstebelasting in Namibië is betaalbaar op enige inkomste meer as N$40 000 per jaar en word, soos in Suid-Afrika, op ’n glyskaal bereken. Die hoogste persentasie persoonlike belasting word op 37% bereken. Die BTW is 15% en maatskappybelasting beloop 32%.

Kultuur en kos

Om iemand te groet, te vra hoe dit gaan en hulle hand te skud is baie belangrik in die Namibiese kultuur en hulle is ook geneig om jou hand te skud terwyl die gesprek begin. Let ook op dat Namibiese kulture sensitief is vir openbare vertoon van emosie, veral paartjies wat liefdevol teenoor mekaar optree in die openbaar. Tradisionele disse en drankies sluit afval, Oshifima (’n tipe pap) en Oshikunfu (’n tradisionele drankie) in. Potjiekos is ook hoog op die spyskaart, so ook wildsvleis soos springbok en koedoe. En natuurlik sal jy oral ’n Windhoek-bier kan geniet, veral tydens die Windhoek Oktoberfest wat ’n groot gebeurtenis op die jaarlikse kalender is.

Foto: Patrick Duvanel (Unsplash)

 

 

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

In ’n wêreld vol onbekendes is daar een bekende: Afrikaans is Groot. Dis ’n saamkomplek omjou taal, jou kultuur en jou menswees te vier. En die jaar is geen uitsondering wanneer diegrootste familie-reünie nóg vanaf 8 to 17 November 2024 in die SunBet Arena in...

AfriForum vier 18 jaar van selfdoen

AfriForum vier 18 jaar van selfdoen

AfriForum, ’n organisasie wat vandag meer as 315 000 lede in elke uithoek van die land verteenwoordig, vier vandag sy agtiende bestaansjaar. Dié burgerregteorganisasie is op 26 Maart 2006 vir die eerste keer aan die publiek bekendgestel in ’n berig oor sy...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest