ʼn Groep Afrikaanssprekendes het Saterdag in Brisbane, Australië, byeengekom om ook vir die toekoms van Suid-Afrika te bid.

Die geleentheid, gereël deur die Afrikaanse Klub Australië, het plaasgevind by St Laurence College in Brisbane.

“Ons bid dat die Here geregtigheid, vrede en hoop vir ons geliefde Suid-Afrika sal bring,” was die tema van die samekoms.

Maroela Media het vroeër berig derduisende mense gestroom na die plaas Wilde Als net buite Bloemfontein om Angus Buchan se “It’s Time”- nasionale biddag by te woon.

 

 

Ds. Gawie van der Merwe skryf: “In Perth het ons ook ’n byeenkoms gereël  en het ongeveer 450 mense (sien foto) saamgekom om vir twee ure (dieselfde tyd as Angus Buchan se geleentheid) te bid vir verskillende aspekte van die situasie in Suid-Afrika met die klem dat God in beheer moet wees in die lewe van elke persoon.”

Hierdie artikel is ook beskikbaar in: English

Wêreldwyd admin
Wêreldwyd admin

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest