Leesvordering:

Nasionale versekeringsnommer vir die Verenigde Koninkryk

Mei 10, 2018

* Die nasionale versekeringsnommer staan in Engels bekend as national insurance number. Klik hier om die Engelse weergawe van dié artikel te lees.

Om na ’n ander land te verhuis kan uiters oorweldigend wees en mense kry dikwels met kwessies te doen waarmee hulle nie vertroud is nie. Een van die dinge waarmee Suid-Afrikaners wat na die Verenigde Koninkryk (VK) verhuis glad nie vertroud is nie is die nasionale versekeringsnommer.

Ons het gevolglik ’n kort gids saamgestel wat meer inligting bied oor onder meer wat dit behels, wie dit nodig het en hoe om daarvoor aansoek te doen.

Die nasionale versekeringsnommer

Elke persoon in die VK het ’n unieke nasionale versekeringsnommer. ’n Persoon behou dieselfde nasionale versekeringsnommer sy/haar hele lewe lank. ’n Nommer word ook slegs een keer gebruik.

Die departement van werk en pensioene in die VK allokeer die nasionale versekeringsnommers. Die nasionale versekeringsnommer bestaan uit sowel nommers as letters.

Die nasionale versekeringsnommer word op ’n persoon se betaalstrokie, P60 (belastingvorm), belastingskrywes en -voordele, asook die nasionale versekeringsgedeelte van die persoonlike belastingrekening vertoon.

’n Nasionale versekeringsnommer word aan elke persoon in die VK ouer as 16 jaar toegewys.

Die nasionale versekeringsnommer en migrante na die VK

Elke persoon wat in die VK wil werk moet ’n nasionale versekeringsnommer kry. Dit sluit alle migrante na die VK in. Indien ’n persoon nie ’n toegewysde nommer het nie, moet hy/sy om een aansoek doen.

Dit is slegs moontlik om vir die nasionale versekeringsnommer aansoek te doen nadat jy in die VK aangekom het. Jy sal ook die reg moet hê om in die VK te werk of te studeer voordat jy om ’n nasionale versekeringsnommer aansoek kan doen.

Deesdae het sommige migrante reeds hul nasionale versekeringsnommer op hul biometriese verblyfpermit gedruk.

Om in die VK te werk sonder ’n nasionale versekeringsnommer

Dit is moontlik om in die VK te begin werk voordat jy jou nasionale versekeringsnommer ontvang. Jy sal egter bewys aan jou werkgewer moet lewer dat jy wel die reg het om in die VK te werk. Daar sal van jou verwag word om vir ’n nasionale versekeringsnommer aansoek te doen en die nommer aan jou VK-werkgewer te verskaf sodra jy dit ontvang.

Hoe om vir die nasionale versekeringsnommer aansoek te doen

Indien jy nie ’n nasionale versekeringsnommer het nie, moet jy soos volg aansoek daarvoor doen:

Sodra jy in die VK aankom, skakel die nasionale versekeringsnommer se aansoeklyn in die VK by 0800 141 2075 of via teksfoon by 0800 141 2438.

Breytenbachs Immigration Consultants Ltd. is kundiges rakende alle VK immigrasie verwante kwessies en staan mense wêreldwyd by om hulle droom te verwesenlik om in die VK te woon en te werk. Jy is welkom om ons webtuiste by www.bic-immigration.com te besoek of ’n e-pos aan ons te stuur by info@bic-immigration.com.

Meer oor die outeur

Breytenbachs Immigration Consultants

Breytenbachs Immigration Consultants, of BIC soos ons algemeen bekend staan, spesialiseer in Britse en Suid-Afrikaanse immigrasie. Vanuit ons hoofkantoor in Londen en drie susterkantore in Suid-Afrika – Pretoria, Kaapstad en Durban – help ons kliënte in beide lande.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Soos jy nooit die reuk van ’n stofpad ná die reën sal vergeet nie, so het elke Suid-Afrikaner ervaringe gehad wat ’n mens nie anders kan as om te mis nie. Sê wat jy wil, Suid-Afrika is uniek. Daar is nie veel plekke in die wêreld waar jy oor soveel mooi vlaktes kan...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest