Leesvordering:

Natuurhoekie – Afrika-pikkewyne

Aug 12, 2021

Hierdie keer gee ons Katie en André se Two-V Productions ’n blaaskansie en deel ’n paar foto’s wat Alana verlede week van die Afrika- of brilpikkewyne (Spheniscus demersus) by Simonstad geneem het met julle.

Die pikkewynkolonie by Boulders- en Foxy-strande is wêreldberoemd. Van net twee broeipare in 1982 het dié groep tot ongeveer 2 200 aangegroei. Sommige bou neste onder die struike langs die strand of op die strand, terwyl ander die kunsmatige nesstrukture wat vir hulle beskerming geskep word, benut.

Wanneer ’n kansvatter meeu eiers kom probeer steel, verdedig die pikkewyne saam hulle kolonie, soos die foto’s aandui. Hierdie ou moes met onverrigte sake padgee. ’n Plaaslike pikkewynentoesias vertel dat die meeue soms deurmekaar raak en in plaas van eiers, balletjies van die nabygeleë gholfbaan steel!

Hoewel Februarie die begin van die vernaamste broeityd is, sien ’n mens tans ook heelwat pikkewyne op eiers, asook kuikens met hulle kenmerkende bruin donsvere. Sowat 60 dae na ’n kuiken uitgebroei het, het die donsvere verdwyn en is dit oortrek met blouerige vere wat beteken die kuiken is gereed om in die see te begin swem. Na ’n jaar of twee word die blou vere deur die kenmerkende swart en wit vere vervang. Op ongeveer vier jaar, begin pikkewyne broei.

Pikkewyne mag lomp lyk wanneer hulle op Moeder Aarde rondwaggel, maar in die golwe duik en sweef hulle soos geen mens hulle kan nadoen nie!

Die bruin kuikens wat soos teddiebere lyk en die kostelike postuurtjies van volwasse pikkewyne mag ’n mens laat dink dat hulle vertroetel kan word, maar soos kennisgewingborde oral herinner, kan hulle bitter seer byt!

In die pienk area bokant hulle oë help kliere met termoregulering – met ander woorde, bloed vloei na dié area om deur die kliere afgekoel te word sodat die pikkewyn se liggaamstemperatuur onder beheer bly.

Hulle kan tot 27 jaar oud word in die natuur en 30 jaar in aanhouding.

 

LEES OOK: Natuurhoekie – Bruinkoppapegaai 

Meer oor die outeur

Alana Bailey

Alana Bailey is Hoof van Kultuursake by AfriForum.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest