Leesvordering:

Natuurhoekie – Arende vang nie vlieë nie, maar termiete is welkom!

Apr 22, 2022

Wahlberg se arend (Hieraaetus wahlbergi) staan in Afrikaans ook bekend as die bruinarend. Hulle is vernoem na die Sweedse natuurkundige, Johan August Wahlberg. Hulle kleur is polimorf, wat beteken elke individu se kleurskakerings is uniek. Dit strek van donker sjokoladebruin tot donkergrys. Hulle kom veral in boomryke savannes in sub Sahara voor. Na raming is daar sowat 50 000 pare in Suid-Afrika. Die dieet van dié arende bestaan ​​hoofsaaklik uit reptiele, veral akkedisse en slange. Verder jag hulle klein en mediumgrootte voëls, asook klein soogdiere.

Hier smul ’n bruinarend egter saam met swaeltjies aan termiete langs die Letabarivier in die Nasionale Krugerwildtuin.

Die beeldmateriaal is andermaal deur Katie en André van Two-V Productions voorsien. Hartlik dank aan hulle hiervoor! Teken asseblief in op hulle YouTube-kanaal en volg hulle Facebookblad. Boeke in hulle Op Vlerke-reeks kan van Kraal Uitgewers bestel word en is eersdaags ook weer in die winkels in ruskampe van die Nasionale Krugerwildtuin beskikbaar. Dit sluit die  vierde boek in die reeks wat onlangs verskyn het, in.

LEES OOK: Natuurhoekie – Die ooievaar besoek Rietvlei Natuurreservaat

Meer oor die outeur

Alana Bailey

Alana Bailey is Hoof van Kultuursake by AfriForum.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

In ’n wêreld vol onbekendes is daar een bekende: Afrikaans is Groot. Dis ’n saamkomplek omjou taal, jou kultuur en jou menswees te vier. En die jaar is geen uitsondering wanneer diegrootste familie-reünie nóg vanaf 8 to 17 November 2024 in die SunBet Arena in...

AfriForum vier 18 jaar van selfdoen

AfriForum vier 18 jaar van selfdoen

AfriForum, ’n organisasie wat vandag meer as 315 000 lede in elke uithoek van die land verteenwoordig, vier vandag sy agtiende bestaansjaar. Dié burgerregteorganisasie is op 26 Maart 2006 vir die eerste keer aan die publiek bekendgestel in ’n berig oor sy...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest