Leesvordering:

Natuurhoekie – Bobbejane vol aapstreke

Jun 3, 2022

Bobbejane (Papio ursinus) baljaar naby Satara Ruskamp in die Nasionale Krugerwildtuin terwyl ’n rooibok (Aepyceros melampus) die pad oorsteek.

Bobbejane is baie sosiale diere wat in groot groepe van selfs honderde diere saamleef. Hulle eet plante, maar ook insekte en soms selfs visse, voëls en klein soogdiere. Hulle los wange stel hulle in staat om kos in hulle kieste te stoor om dit later te eet wanneer hulle op ’n veilige plek is. Bobbejane speel ’n rol in die belugting van grond en die verspreiding van sade. Hulle is ’n bron van voedsel vir baie diere en speel dus ’n integrale rol in die plaaslike voedselketting.

Wyfies is 6 maande lank dragtig. Kleintjies word konstant opgepas en eers van 4 maande af toegelaat om ’n entjie weg van hulle ma te speel en met die res van die groep kontak te hê.

Die beeldmateriaal is andermaal deur Katie en André van Two-V Productions voorsien. Hartlik dank aan hulle hiervoor! Teken asseblief in op hulle YouTube-kanaal en volg hulle Facebookblad. Boeke in hulle Op Vlerke-reeks kan van Kraal Uitgewers bestel word en is eersdaags ook weer in die winkels in ruskampe van die Nasionale Krugerwildtuin beskikbaar. Dit sluit die vierde boek in die reeks wat onlangs verskyn het, in.

Meer oor die outeur

Alana Bailey

Alana Bailey is Hoof van Kultuursake by AfriForum.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

In ’n wêreld vol onbekendes is daar een bekende: Afrikaans is Groot. Dis ’n saamkomplek omjou taal, jou kultuur en jou menswees te vier. En die jaar is geen uitsondering wanneer diegrootste familie-reünie nóg vanaf 8 to 17 November 2024 in die SunBet Arena in...

AfriForum vier 18 jaar van selfdoen

AfriForum vier 18 jaar van selfdoen

AfriForum, ’n organisasie wat vandag meer as 315 000 lede in elke uithoek van die land verteenwoordig, vier vandag sy agtiende bestaansjaar. Dié burgerregteorganisasie is op 26 Maart 2006 vir die eerste keer aan die publiek bekendgestel in ’n berig oor sy...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest