Leesvordering:

Natuurhoekie – Die gefrustreerde olifantkalfie

Mar 4, 2021

Olifantkoeie is bekend vir hulle sorgsaamheid teenoor hulle eie kalfies, asook die kalfies van ander koeie in hulle trop. Hulle is gemiddeld vir 645 dae dragtig ‒ met ander woorde byna 22 maande lank!

Two-V Productions se André en Kate het op hierdie toneeltjie in die Krugerwildtuin afgekom. ’n Paar jong olifante het om ’n watergat in die droë rivierbedding van die Silolweni-spruit naby Tshokwane saamgebondel. Die gat is vroeër deur ’n volwassene gegrawe om by die water uit te kom. Nadat sommige van die jongspan wegbeweeg het, het net ’n jong koei en haar baie klein kalfie oorgebly. Die olifantjie se planne om ook by die water in die gat te kom, het sy ma nogal besig gehou.

Teken gerus in op Two-V Productions se YouTube-kanaal en volg hulle Facebookblad. Boeke in hulle Op Vlerke-reeks kan van Kraal Uitgewers bestel word. Dit is slegs in Afrikaans beskikbaar en kan ook by winkels in ruskampe van die Krugerwildtuin gevind word.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

’n Netwerk wat vir jou werk

’n Netwerk wat vir jou werk

Deur Sue-Ann de Wet Die belangrikheid van ’n ondersteunende netwerk kan nie onderskat word nie. Die bou van ’n netwerk in ’n nuwe land gaan oor meer as net sake doen of werk soek; dit gaan ook oor die skep van ’n ondersteuningsbasis wat jou kan help om die gevoel van...

Watter tradisies laat jy en jou gesin voortleef in die buiteland?

Watter tradisies laat jy en jou gesin voortleef in die buiteland?

Kyk die ouer garde van ander lande jou snaaks aan as jy nog na hulle as “Oom” en “Tannie” verwys? Langarmsokkie julle nog in die sitkamer op Afrikaanse sokkietreffers? Ons kultuur is meer as net melktert en braaivleis. Wat is daardie klein gewoontes wat jy net...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest